Muurhake is nie net mooi, maar kan ook ware spasieredders wees. Ontklotter jou vloerspasie met van hierdie mooi muurhake. Deur Suzanne Kotzé
Muurhaak-wenke
Hou dit netjies
Jou muurhake moet steeds esteties wees, moenie net goed ophang omdat jy nie weet waar om dit te sit nie.
Neem jou kleurskema en dekor in ag
Hou by dieselfde kleurskema of voeg ’n tikkie pret by met kleur. Maak net seker dat die kleur nie bots met ander kleure in die vertrek nie.
Ongelyke getalle werk goed
Ongelyke getalle werk oor die algemeen beter. Tensy dit natuurlik ’n praktiese doel het, soos twee hake vir twee handdoeke in die badkamer.
Stoorsakke teen muurhake
Oorweeg dit gerus om mooi sakke te hou waarin jy goed kan stoor en ophang. Kies weereens sakke wat by jou dekor pas. En onthou om dit netjies te hou.
Mooiste muurhake
Flamingo Wall Hook (R550, By John) Die roosgoud muurhaak voeg ’n tikkie glans en vroulikheid by enige vertrek. Slegs vir binnegebruik.
Lobster Wall Hook (R680, By John) Hierdie tong in die kies muurhaak is ook beskikbaar in swart of blou. Ideaal as jy ’n prettige of quirky styl het.
Bubblegum Wall Hook – White (R159, Popstrukt). Hierdie hake is in verskeie kleure beskikbaar en dit het twee ‘tonge’ sodat dit dubbelhangplek bied. Dit is van staal gemaak en lekker sterk. Jy kan selfs plante hieraan hang.
Umbra Picket Rail Wall Hook (R1 199, Yuppiechef) Ideaal vir ’n minimalistiese of Skandanawiese styl huis.
Trio Wall Hook Shelf Black (R599, Iconomy) is van soliede eikehout gemaak. Ideaal vir jasse, hoede, handoeke of sakke.
Oh Nice Wall Hooks (vanaf R230-R250, verskillende groottes beskikbaar, The Local Edit) is van soliede hout gemaak. Ideaal vir vadoeke of handdoeke.
Sixth Floor Emma Wooden Hooks Set of 3 (R499,Superbalist) Die verskillende grootte en organiese houtvorms maak ’n minimalistiese stelling. Kontrasteer dit teen ’n donker muur of gebruik dit ’n vertrek waar daar ander minimalistiese houtelemente is.
Elula Furniture Alex Coat Rack (R1 135, The Local Edit) vir jasse en sakke vir jou voorportaal.
Cape Town Skyline Wall Hook Black en Johannesburg Skyline Wall Hook Black (R399, Knus) Ideaal vir Kaapstad of Johannesburg-liefhebbers of as gekenke vir toeristevriende.
Soek
Stylvol sosiale media
Begin tik om resultate te sien of druk ESC om toe te maak