Marciel Hopkins trou oor minder as ses weke op 9 April. Sy deel haar vel-doelwitte en -geheime, vir die glansende vel wat sy op haar troudag wil hê! Deur Suzanne Kotzé.
04/03/2022
Marciel Hopkins se veldoelwit vir haar troudag
Ek wil ’n GLANSENDE, natuurlike bruid wees op my troudag (9 April 2022) met minimale onderlaag. Ek wil hê my mooi en gesonde vel moet ’n feature op sy eie wees. My sproete moet selfs nog sigbaar wees, so ek wil nie my vel wegsteek nie.
Die produkte wat sy gebruik ter voorbereiding
Ek gebruik al vir ’n paar jaar pHformula se velprodukte. Ons verander nie nou enige iets spesifiek nie, want die produkte werk reeds so goed vir my vel. As mens skielik jou velsorg roetine verander, mag mens jou vel omkrap soos dit gewoond raak aan die nuwe produkte se bestandele. Mens wil enige breakouts voor die groot dag vermy!
Die behandelings wat Marciel Hopkins laat doen voor haar troudag
My velspesialis van die laaste ses jaar doen spesiale behandelinge voor my troudag om die bridal GLOW UP te verseker.
Günther Oliver, ook bekend as The Skin Medic, doen twee intensiewe behandelinge vir my én my ma voor die groot dag.
Die stappe bestaan uit
- Mikronaaldbehandeling wat kollageenproduksie stimuleer,
- ‘n Uber pro peel wat help om pigmentasie/enige breakouts te voorkom en
- CooLifting wat fyn lyntjies wegneem met CO2 tegnologie.
Die aftyd is bloot ’n goeie nagrus en die resultate is na ’n paar dae reeds sigbaar. Die resultate strek oor ’n verloop van 6 maande, so dit is regtig ’n belegging wat jy in jou vel en voorkoms maak.
Loer gerus na hierdie Instagram reel van hoe Marciel en haar ma hulle behandelings laat doen
Leefstylveranderinge wat sy maak voor haar groot dag
Ek drink baie water, het melk uitgesny, oefen baie harder en ek probeer sover as moontlik suiker/alkohol uitsny. Ek is mal oor roomys en MCC, so dit word steeds met spesiale geleenthede geniet. Ek fokus net op die stadium meer op vars en gesonde kosse met baie voedingswaarde. Ek wil nie rietskraal wees op my troudag nie – ek wil gloeiend, gesond en gelukkig lyk én wees.
Vrees Marciel (soos meeste bruide) ’n karbonkel op haar troudag?
“Haha, JA, ek glo elke bruid doen! Maar ek is in ongelooflike goeie hande by Günther, so ek weet en spreek dat dit nie gaan gebeur nie. Die ongeluk het my reeds getref ’n paar dae voor ons mej. Suid-Afrika finale gala-aand. So ek glo ek sal met my troudag oorgeslaan word. Günther het daardie tyd, amper sewe jaar gelede in Johannesburg, ook gehelp om dié karbonkel te kalmeer. Dit is hoe lank ek en hy al ’n pad saam stap.
Velspesialis Günther Oliver se drie beste glansende velwenke vir bruide
1. Begin vroeg met voorbereiding
Vir sekere behandelings (soos microneedling) sien jy die volle resultate eers na drie maande.
2. Moenie nuwe, onbekende behandelings doen nie
Moenie ’n onbekende behandeling net voor jou troue laat doen nie. Alhoewel ’n chemiese afskilfering fantastiese resultate het, kan dit jou vir n paar dae laat vervel.
3. Sorg vir jou vel
Laastens; genoeg water, sonskerm en ’n goeie velsorgroetine selfs voor jy verloof raak is die beste ding wat jy vir jou vel kan doen. Nader aan die groot dag kan jy sekere produkte gebruik wat jou vel nog meer sal laat straal, byvoorbeeld maskers wat vitamien C bevat, serums met hialuroonsuur of ’n Coolift behandeling.
Günther praktiseer vanuit Groenpunt, Kaapstad en Hyde Park, Johannesburg. Besoek guntheroliver.co.za