5 Voordele van tuis-afskilfering

Tuis-afskilfering is ’n belangrike stap wat baie vroue nie by hul velsorgroetine insluit nie. Om hierdie belangrike tuissorg stap uit te laat, kan lei tot verstopte porieë, en keer dat jou duur velprodukte hul nodige werk op die dieper lae van jou vel doen. Dit kan ook ’n droë, dowwe en vaal gesigvel veroorsaak. Hierdie artikel noem vyf belangrike voordele van tuis-afskilfering en ’n paar produk-opsies om te oorweeg. Deur Justine Kroes

11/04/2025

Tuis-afskilfering vs In-salon afskilfering

Tuis- afskilfering verwys na produkte wat jy by jou velterapeut, medispa of skoonheidswinkel kan koop om jou vel tuis af te skilfer. Sonette Donker, estetiese-velkenner en eienaar van Skin Fundi verduidelik tuis-afskilfering as die stap in jou velsorg-roetine wat daagliks of twee tot drie keer per week aangewend kan word, afhangend van die produk.

In-salon, mediese of professionele afskilferaars is veel sterker as die wat jy tuis sal gebruik. verduidelik Sonette. Hierdie is as gevolg van die gebruik van hoër persentasie sure teen ’n laer pH. Tuis-afskilfering is ontwikkel om sagkens die vel af te skilfer.

Nog ’n verskil tussen tuis- en in-salon afskilfering is die tydsverloop tussen jou afskilferingsessies. Met jou tuis-afskilfering sal jy een tot drie keer per week afskilfer. In-salon afskilfering is eenkeer elke vier weke of een keer per maand.

5 voordele van tuis-afskilfering:

Om gereeld jou vel tuis af te skilfer en van dooie velle ontslae te raak, dra by tot die volgende velvoordele:

1. Dit help om jou vel te suiwer

Dit maak jou vel skoon en help om verstopte porieë te suiwer, wat ook porieë fyner en minder sigbaar laat. Hierdie stap verhoed ook natuurlik die vorming van nuwe swartkoppies en puisies.

2. Stimuleer kollageen

Namate ons ouer raak, neem ons produksie van kollageen af, die oorsaak van ’n minder plomp en jong vel voorkoms. Die verwydering van dooie velle moedig die vernuwing van velselle aan en stimuleer die produksie van nuwe kollageen.

3. Produkte werk meer effektief

Deur dooie velle te verwyder, laat jou velprodukte toe om op ’n dieper vlak die vel binne te dring. Jou serums en gesigrome gaan veel beter resultate bied, omdat die aktiewe bestanddele jou vel dieper binnedring en op verskillende lae van die vel werk.

4. Gesonde, glansende vel

Nie net sorg die verwydering van dooie velselle vir ’n verfynde veltekstuur nie, dit laat ook merkies en pigmentasie minder sigbaar voorkom. Boonop is jou vel minder dof en oneweredig, jou vel lyk glansend, vars en gesond.

5. Verbeter vel se sperfunksie

Sonette sê “oor die langer duur sal die gereelde afskilfering van jou vel lei tot verbeterde vogvlakke en ’n gehidreerde vel”. Wanneer jou vel gedehidreerd is, is daar gewoonlik fyn dooie velletjies wat op die boonste lagie van jou vel opeenhoop. As hierdie velletjies nie afgeskilfer word nie, sal jou velprodukte nie behoorlik die dieper lae van jou vel kan binnedring nie, en dit mag ’n impak hê op jou vel se vogvlakke en sperfunksie. ’n Ensiem-afskilferaar minstens twee keer per week sorg vir ’n meer gehidreerde vel.

Verskillende tipes tuis-afskilfering

Dr Ian Webster, eienaar en stigter van Dermastore.co.za, verduidelik daar is ’n wye verskeidenheid gesig-afskilferaars wat verskil van produk tot produk, asook die metode van aanwending. Afskilferaars kan byvoorbeeld in die volgende produkte gebruik word: gesigreinigers. tonikums, dag of nagrome, serums, maskers en selfs katoenlappies wat afskilfer.

Dr Webster noem ook dat harde skrop afskilferaars met mikro-korreltjies of balletjies jou vel se sperfunksie kan beïnvloed en velsensitiwiteit veroorsaak. Kies liefs ensiem- en suur-afskilferaars, verduidelik Dr Webster, dit is effektief en werk blitsvinnig om dooie vel en vuilheid te verwyder sonder om die vel se sperfunksie te beskadig.

Chemiese afskilferaars:

Melksuur (lactic acid)

Glikolsuur

Laktobioniese suur

Amandelsuur (Mandelic Acid)

Ensiem-afskilferaars:

Vrugtesure soos Papaja

Cathepzyme D

Lipase

Subtilisien (Subtilisin)

Tuis-afskilfering produkte:

Gesigreiniger wat afskilfer

Dermaceutic Foamer 15 (R930)

Sonette sê “Ek is gaande oor die Dermaceutic Foamer, dit laat my toe om my gesigwas en afskilfering sommer so in een vinnige stap af te handel, ek gebruik dit elke oggend. Die Foamer 15 bevat 15% glikolsuur wat dooie velle op jou veloppervlak verwyder. Dit laat my met ’n gesonde, glansende gelaat

Serum

Avène Cleanance AHA Exfoliating Serum (R570 Dermastore)

Bied ’n ligte afskilfering om merkies en donker merke minder sigbaar te maak, porieë te verklein, veral vir die wat met velsensitiwiteit sukkel. Bestanddele melksuur en barnsteensuur (succinic Acid) skilfer die vel af en verfyn die vel se tekstuur. Avène Thermal Spring Water streel, kalmeer en hidreer die vel.

Room wat afskilfer

NeoStrata® Glycolic Renewal Smoothing Cream (R620 Dermastore)

’n Nagroom wat dooie velle verwyder terwyl jy slaap. Die AHA gilkolsuur verwyder dooie velletjies en tekens van velveroudering vir ’n gladder veltekstuur en gelaat. Sitroensuur sorg vir anti-oksidant-voordele wat teen vrye radikale beskerm en galambotter laat die vel gehidreerd en herstel die vel se sperfunskie.

Tonikum

Paula’s Choice Skin Perfecting BHA Exfoliating Toner (R895)

Hierdie is ’n gewilde topverkoper. En ons verstaan hoekom, die kombinasie van salisielsuur en BHA (beta hidroksiesure) raak blitsvinnig ontslae van verstopte porieë. Hierdie aanlos-afskilferaar het die optimale pH vlak tussen 3.2 – 3.8 wat vel goed afskilfer sonder om enige vel-irritasie te veroorsaak.

Lotion

O’ri Active Exfoliator Refining Lotion (R435)

Die afskilferaar is ’n effektiewe aanlos-serum wat ’n fyner veltekstuur beloof en selvernuwing aanhits. Alfa-hidroksiesure, salisielsuur en ’n kombinasie van vrugtesure hits die vel se natuurlike afskilferingsproses aan en stimuleer die produksie van velselle. Die resultaat? ’n Glansende, helderder gelaat, met minder sigbare fyn plooie en ’n verfynde veltekstuur.

Masker (wat jy afwas)

Lamelle Cathepzyme II (R750 Dermastore)

Die Lamelle Cathepzyme 1 is ’n sagter tuis-afskilferingsisteem wat selfs gepas is vir baie sensitiewe velle. Die bestanddeel Cathepzyme D is ’n gepantenteerde formule wat die vel se eie natuurlike ensiemafskilferaar naboots, naamlik Cathepsin D wat in ons velle al hoe minder word namate ons ouer raak.

Die afskilferaar werk hard op die boonste lagie van die vel, wat nie die vel se sperfunksie sal belemmer nie maar steeds vel glansend en gesond laat. As jy nuut is, begin met vlak 1 totdat jou vel gewoond raak daaraan.

Optiphi Refine Foliant (R994)

Optiphi Refine Foliant bly ’n ou gunsteling; ’n aktiewe chemiese afskilferaar wat gladde, glansende, jonger en soepel vel beloof. Hierdie produk bevat drie verskillende tipe sure – Askorbiensuur, Melksuur- en Salisielsuur wat blitsvinnig dooie velle te verwyder.

Afskilfering op geteikende areas:

Dr Webster verduidelik dat produkte ook gebruik kan word om spesifieke gedeeltes op jou vel te teiken, en net daar aan te wend om die risiko van oor-afskilfering te verminder.

Dermaceutic Mask 15 (R1 290 Dermastore)

Verfyn die vel deur dooie velle en oortollige olie te verwyder en vel te suiwer. Word aanbeveel vir olierige velle wat met aknee sukkel. Die gesigmasker bevat 15% glikolsuur ’n alfahidroksiesuur met ’n klein molekule wat maklik die vel kan binnedring. Die bestanddeel Bentoniet is ’n hoogs absorberende klei wat enige vuilheid en olies verder absorbeer. Die 2% saliesielsuur verwyder droë dooie velle.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
90's hare
90’s haarstyle is nou groot nuus
error: Content is protected !!