Maak jy een van hierdie 5 tandeborselfoute en wat is ’n watervlosser?

Al ooit gewonder of jy dalk jou tande te kort of te lank borsel, en of die borseltjie van jou tandeborsel te hard is? En wat op aarde is ’n watervlosser en hoe gebruik ’n mens dit? Tandarts Dr Nadia Conradie deel algemene tandeborselfoute, die voordele van ’n watervlosser en hoe ons mond se gesondheid ’n impak het op die res van ons liggaam asook ons geestesgesondheid. Maak jy dalk een van die 5 tandeborselfoute: Saamgestel deur Justine Kroes

24/05/2024

Het jy geweet…

Slegte mondhigiëne oftewel mondgesondheid kan lei tot ander gesondheidsprobleme soos:

Kardiovaskulêre siektes

Periodontale siektes word direk gekoppel aan inflammasie van die are. Bakterieë van die mond kan deur die bloedstroom opgetel word wat veroorsaak dat are en slagare verhard – wat in ruil ’n pasient se risiko vir kardiovaskulêre siektes (soos ’n hartaanval) vermeerder.

Alzheimer se siekte

Swak mondgesondheid veroorsaak inflammasie van jou tandvleis. Hierdie inflammasie beteken ook dat daar bakterieë in jou tandvleis is wat na jou brein toe kan reis en dit het weer ’n negatiewe impak op jou breinselle wat geheueverlies kan veroorsaak. Dus het jou mond se gesondheid ’n direkte impak op jou brein, en siektes soos dementia en Alzheimer se siekte

Hierdie twee siektes is om maar ’n paar van vele te noem.

Tandarts Nadia Conradie verduidelik dit so:

Ons mondgesondheid kan ’n baie goeie indikasie van ons liggame se algehele gesondheid gee. Ons mond is die toegangspunt in ons lyf vir gesonde keuses soos goeie kos, maar natuurlik ongesonde keuses ook. Daar behoort ’n balans te wees tussen goeie en slegte bakterieë in ons monde, en dit is net so belangrik om hierdie balans te behou regdeur ons liggame.

Dr Nadia Conradie

Daarom sê Dr Nadia Conradie “Gereelde tandartsafsprake is uiters belangrik – besoek jou tandarts of mondhigiënis minstens elke 6 maande om enige moontlike probleme vroeg op te spoor en om seker te maak daardie gesonde balans word gehandhaaf. Dan is dit ook natuurlik belangrik om goeie tuissorgprodukte te gebruik met goeie mondgesondheidgewoontes. Lees meer oor hoe om tandeborselfoute te vermy.

5 Tandeborselfoute (of mondgesondheid-foute)

Dr Nadia Conradie deel 5 met ons algemene tandeborselfoute en tuissorgfoute wat jy dalk in jou mondgesondheid roetine verkeerd doen:

Jy borsel te hard

Die eerste van die 5 tandeborselfoute is dat jy veels te hard borsel. Dit is belangrik dat jy saggies druk plaas op jou tande en tandvleis terwyl jy jou tande borsel. Wanneer jy hard druk, versoorsaak dit dat jou tandeborsel se haartjies uitsprei, dit beteken die haartjies kan nie oral uitkom waar dit hoort nie en dit kan nie die tand ordentlik skoon borsel nie. Kies ’n tandeborsel met ’n kop gedeelte wat buigsaam is en effense vibrasies afgee, dit sal verhoed dat jy te hard met jou tandeborsel afdruk op jou tande.

Jy gebruik te kragtige tandeborsel-aksies

Neem eerder jou tyd en borsel sagkens in klein sirkelbewegings op elke tand se oppervlak. Tande borsel hoort ’n rustige, tydsame proses te wees, nie ’n resies nie, is Dr Nadia se raad. Die voorgestelde tyd vir tande borsel is 2 minute, en dit is meer as genoeg tyd om al die tande en areas in die mond skoon te kry.

Wenk: Kies ’n tandeborsel met ’n kleiner kopgedeelte wat al die moeilike plekke kan bykom. Slim tandeborsels het deesdae ook tydtellers wat gestel kan word, sodat jy nie die horlosie hoef dop te hou nie.

Jy gebruik ’n tandeborsel met medium of harde haartjies

Een van die mees algemene tandeborselfoute is jy kies altyd ’n tandeborsel met medium of harde haartjies. Harde haartjies gekombineer met harde borselaksies kan emalje en tandvleis beskadig en seermaak.

Wenk: Silikoonhaartjies of ’n kombinasie van silikoon- en nylonhaartjies is selfs nog sagter om te gebruik en verminder kanse van tandsensitiwiteit.

Jy gebruik die verkeerde vlos-tegniek

Gebruik die C-metode wanneer jy vlos – dit beteken jy beweeg saggies met jou vlos tussen jou tand en tandvleis in ’n “C” beweging na beide kante van jou driehoekige vorm tandvleis.

Wenk: ’n Watervlosser is ’n goeie opsie om te oorweeg en kom plekkies in jou mond by waar die tradisionele vlosmetode nie kan bykom nie.

Jy spandeer nie genoeg tyd aan ordentlik tandeborsel en vlos nie

Dr Nadie Conradie sê: “Vlos heel eerste tussen al jou tande, of gebruik ’n watervlosser, veral vir die gedeeltes wat jy nie kan bykom nie, soos byvoorbeeld by tande wat gekroon is of waar daar inplantings gedoen is. Nadat jy gevlos het, borsel (saggies onthou!) vir twee minute lank met ’n tandepasta van jou keuse.”

Watervlosser voordele

Dr Nadia Cronje verduidelik: “‘n watervlosser is ’n toestel wat water pulseer teen ’n effense druk om enige kos of deeltjies wat tussen die tande vasssit te verwyder deur dit uit te spuit met water”.

’n Watervlosser behoort nie jou tradisionele vlosroetine te vervang nie, maar is voordelig vir die volgende redes:

  1. Dit kan areas in die mond bykom waar tradisionele vlos nie kan nie, rondom krone, implantate en draadjies.
  2. Dit is maklik en eenvoudig om te gebruik en is veral voordelig vir mense met beperkte behendigheid. Die wat sukkel met beweging, soos byvoorbeeld iemand wat sukkel met artritis in hande
  3. ’n Watervlosser is sag op die tande – jy kan selfs warm water in jou vlosser gebruik om enige sensitiwiteit te verminder, veral vir daardie tande wat sensitief is vir koue temperature.
  4. ’n Watervlosser is voordelig vir iemand met draadjies en verbeter die algehele mond gesondheid omdat dit enige iets losmaak en wegspoel wat dalk op die draadjies agterbly.
  5. ’n Watervlos is pret vir kinders om te gebruik en ’n goeie manier om vir selfs klein kinders gewoond te maak aan ’n goeie gewoonte soos vlos.

Pomadent Pomafloss – Portable Water Flosser (R1499)

Hierdie watervlosser is kompak en lig genoeg om in te pak wanneer jy reis. Met jou vingerpunte beheer jy die spuit aksie van die watervlosser (1300 water polse per minuut), om vir jou totale beheer oor jou vlos ervaring te gee. Die spuit aksie verwyder enige oorige tandplaak of kos tussen jou tande. Veral daar waar jou tandeborsel of tradisionele vlos nie bykom nie.

Die watervlosser het ’n 100ml tenk wat gevul kan word met koud of lou warm water as jy sukkel met sensitiewe tande. Jy kan selfs ’n paar druppels van jou gunsteling mondspoel by die water insluit vir ’n vars gevoel. Die Pomafloss spog met ’n 30 dae battery leeftyd.

Hierdie stylvolle ontwerp is beskikbaar in swart of wit skakerings om by jou Pomadent Pomabrush te pas.

Pomabrush Sonic Toothbrush Set (R2499)

’n Slim tandeborsel wat geken word aan die stylvolle en sjiek sagte silikoon ontwerp – waarvoor dit al ontwerp pryse gewen het. Die silikoon afwerking is beskikbaar in beide dit wit en swart skakerings. Daar is selfs nou beperkte uitgawes van oranje, groen en blou beskikbaar.

Met 15,000 soniese vibrasies per minuut, maak die Pomabrush tot 10 keer beter jou tande skoon as ’n normale tandeborsel. Hierdie sal beslis tandeborselfoute verminder. Die tandeborsel spog met ’n 2minute afteltyd wat elke 30sekondes vinnig stop om jou te herinner om ’n ander gedeelte van jou mond te borsel.

Elke Pomabrush kom met beide ’n silikoonhaartjie kop plus ’n kombinasie van silikoon- en nylonhaartjie kop wat uitruilbaar is. Hierdie beteken dat jy jou tandeborsel ervaring kan verspersoonlik tot jou voorkeur.

Die heel beste is die batteryleeftyd van hierdie slim tandeborsel. Die tandeborsel houertjie hou nie net jou Pomabrush veilig en skoon nie, maar dien ook as ’n herlaaibare kissie wat jou tot en met 120 dae van batterey leeftyd beloof. Dit beteken dat jy slegs drie keer per jaar jou tandeborsel hoef te herlaai. Wat die ewige gesukkel van kabels en drade drasties verminder. Selfs uit die laaikisse uit beloof Pomabrush ’n battery leeftyd van 30 dae.

Die Pomabrush spog boonop met ’n IPX7 waterdigte gradering wat beteken dat die Pomabrush 100% waterdig is. Dus kan jy jou tandeborsel selfs in die stort gebruik (onthou die laaikissie is nie waterdig nie).


Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Tracey Lange lag
Tracey Lange: lag is my terapie
error: Content is protected !!