New york styl woonstel
New york styl woonstel

Luukse ‘New York-styl’ woonstel

Ry jy met die klein hysbak van die woonstelgebou op, verwag jy ’n gewone grootte en dalk effense klein woonstel. Sodra jy egter by die voordeur instap en ’n lang gang en reuse vertrekke sien, besef jy, hierdie is meer soos ’n huis as woonstel. Ouwêreldse sjarme met slim, sakpas truuks en moderne elemente laat jou kompleet voel of jy in die hartjie van Manhattan is en oor Central Park moet uitkyk, maar dan kyk jy oor die boomryke Suidelike voorstede en Tafelberg uit. Deur Suzanne Kotzè

22/14/2022

Phrosné Barwood bly saam met haar man Warwick in die mooi woonstel.

Die uitsig oor Tafelberg

Die dekorstyl van die woonstel

Grafiese ontwerper Phrosné het beslis ’n oog vir mooi goed. Vra jy haar egter om haar styl te beskryf sê sy: “Ek het nog nooit gedink ek het ’n styl nie, ek hou heeltemal van te veel verskillende goed. Ek koop en doen wat vir my mooi is, ek volg nooit ’n trend of ’n prentjie nie. Ek het oudhede maar ook moderne/trendy goed. Maar dit is dan seker ’n styl op sy eie?!”

Phrosné se slim planne om jou spasie luuks te laat voel

Die droë blomme op die tafel was Phrosné se trouruiker.

1. Plafonrose

Plafonrose is ’n goedkoop manier om ’n tikke ou wêreldse sjarme by jou spasie te voeg.

Al die plafonrose in die woonstel is nuut bygevoeg. Die lig is Lampara Mesh Pendant in gold van Hertex
Haus.

2. Houtkosyne rondom jou deure

Ekstra houtkosyne is om alle deure en openinge geplaas om dit eenvormig te hou en meer karakter te gee.

Ekstra houtrame is rondom deuropeninge gesit om dit te anker dra by om dit meer outyds te laat voel. Die mat en lig (Pride Pendant in Savanah) is van Hertex Haus.

3. Dieselfde kleur handvatsels

Ons het al die kaste se handvatsels vervang met dieselfde koper handvatsels. Al die kamerdeure se handvatsels is ook vervang met koper handvatsels. Dit lyk dadelik meer eenvorming en luuks.

4. Ligte wat bymekaar pas

Ek het al die ligte vir ses vertrekke op een slag gekoop voor die mure nog geverf was, en voor die meubels in was. Dit gee egter ’n eenvormige gevoel, so asof dit nog altyd daar was.

Die lig (van Eagle Lighting) in die hoof slaapkamer is dieselde as in die sitkamer.
Dieselfde ligte skep ‘n gevoel van eenvormigheid.

5. Moenie bang wees vir donker kleure nie

Ek wou die eetkamer skei van die oop, ligte leefarea deur dit ’n drastiese atmosfeer te gee met swart verf (Dulux Matt Black Acrylic PVA). Ek wou nog altyd Hertex se Francine Moody materiaal vir iets gebruik het, so die gordyne was vanselfsprekend. ‘Blockouts’ is ingesit sodat die kamer heeltemal donker kan wees.

Die ligte sitkamer word geskei van die eetkamer deur ‘n donker kleur muur en opskuif-deure
Hout stoele is swart geverf om by die mure te pas.

6. Moenie bang wees om oud en nuut te meng nie

Die lig bo die eetkamer is byvoorbeeld nuut (ook van Hertex Haus) terwyl die pienk-en-goue liggies teen die muur by ’n ou omie se ’scrap-winkel’ gekoop is. Dit het nie glasskerms gehad nie; die glasskerms het ek weer by ’n oudhedewinkel gekoop. En dit pas toe perfek in mekaar.

‘n Nuwe sytafel en spieël met antieke liggies bo dit, langs ‘n antieke klein sytafel.

7. Versamel en maak nuut met kussings, verf en matte

Ek het goed waarvan ek hou oor baie jare bymekaargemaak en sit maar net by soos ek van iets hou. Dit is baie maklik om jou dekor aan te pas met nuwe verf, kussings, of ’n nuwe mat (rug). So ek is nie regtig bang om iets te doen nie.

9. Vertrou jou intuïsie

Phrosné sê sy het nooit eintlik ’n plan as dit by haar dekor kom nie, en dit is meer van ’n intuïtiewe proses as ’n plan. “Die massiewe kuns teen die mure het ek byvoorbeeld baie lank gelede gekoop en dit was gestoor, want ek het geweet ek sal dit nog eendag gebruik. Dieselfde geld vir baie van die groot matte. Dit het ek ook gekoop en gestoor totdat ek spasie gehad het daarvoor.

10. Warm kleur gloeilampe

“Ek het ook al die gloeilampe met warm wit of amberkleurige lampe vervang. Dit skep meer atmosfeer.”

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
klien badkamer
10 Wenke vir ’n klein badkamer
error: Content is protected !!