paashaaspartyjie
paashaaspartyjie

Die mooiste paashaaspartytjie vir kinders

Skep so die mooiste paashaaspartytjie met ’n pienk en geel blomtuingeïnspireerde tafel. ‘Upcycle’ gerus dit wat jy reeds tuis het en span die kinders in om jou te help om die dekor te maak. Deur Carin Smith, verwerk deur Suzanne Kotzé.

Stilering/crafty makes: Carin Smith volg haar op Instagram hier @carinmakes

Fotograaf: Jan Ras volg vir Jan op Instagram hier @janphoto

Wenke vir jou paashaaspartytjie

1. Gebruik wat jy tuis het

Onthou, ’n kreatiewe partytjietafel hoef glad duur te wees nie. Kyk wat jy reeds by die huis het en wat jy kan hergebruik en opkikker met ’n bietjie gom en verf.

Tafeldoek

Verf ’n wit en geel gingham patroon op papier en gebruik dit as tafeldoek.

Weggooikoppies

Ons het weggooikoppies ’n lagie verf gegee en met papierblommetjies versier. Ons het selfs een omskep in ’n hasie met papierore en ’n pom-pom stertjie. (Alles goed wat jy dalk reeds in jou ‘partytjie of craft boks tuis het)

Papierstrooitjies

paashaas strooitjies

Jy het waarskynlik reeds papierstrooitjies van vele kinderpartytjies. Kikker dit op deur dit met papierblommetjies of hasies te versier.

Eierboksies

Ou eierboksies is omskep in ’n wegneemkardoesie en met (non toxic) verf geverf en gevul met allerhande spesiale lekkernye. ’n Paar blomme en ’n stukkie mooi lint rond dit mooi af.

Ou partytjie pom-poms

Ou partyjie pom-poms is nuwe lewe gegee en geverf en omskep om soos madeliefies (daisies) te lyk.

Papierborde

Ons het papierborde binne geel geverf en blom blare uit die buiterand gesny. Hierdie het ons sommer bo-op ander papier borde geplaas as versiering.

Wenke: As die wind bietjie waai kan jy klein geel keramiekbordjies bo-op plaas.

2. Hou die tafel interaktief

Dit is ’n lekker manier om die Paashaas-handjies besig te hou. Wat is dan nou lekkerder as om jou hande te mag vuil kry.

3. Kies ’n tema

Al is dit definitief ’n Paasfeestafel hierdie is dit lekker om ’n kleurskema te hê. Ons het madeliefies (daisies) en hasies as ons tema gebruik. Pastelgeel en wit was die oorwegende kleurskema wat alles bymekaar getrek het.

Wenk: Hou jou kleurskema eenvoudig aangesien die tafel reeds vol en besig is.

3. Skep hoogte

Deur kos op koekstaander te sit skep jy nie net hoogte nie, maar dit gee ook ekstra spasie vir bordjies onder die staander.

4. ’n Klein geskenkie by elke plek

Maak seker daar is ’n plek gedek vir elke kind en sit ’n klein geskenkie by, soos ’n paaseier sakkie, kopbande of ’n mooi houertjie met paaseiers . ’n Tafel vol goedjies om na te kyk en te speel hou die kleinspan besig.

Die kos vir jou paashaaspartyjie

Maak seker daar is ’n balans van sout en soet om elke tand gelukkig te hou.

Ons het toebroodjies in madeliefies verander met ’n bietjie smeerkaas binne-in.
’n Winkelkoek is omskep in ’n mini-tuin met papierblomme en hasiekoekies en ryspapierblomme.

Maklike Rice Crispy lekkernye

  • Maak maklike Rice Crispy lekkernye deur eers twee eetlepels botter in ’n kastrol te smelt en dan ’n pakkie malvalekkers en twee koppies pienk Rice Crispies saam te meng. Druk dit plat op ’n gesmeerde bakplaat uit. Gebruik koekievorms om jou hasies uit te druk.
Dien melkskommel of melk in sjokolade hasies op.
Roomys is dalk lekker morserig maar dit lyk so oulik met haas-oortjies.

Idees vir paaseiers versier.

  • Ons het ’n paar wit paaseiers met voedselkleursel geverf en met ’n suikerblommetjie versier. Die blommetjies is te koop by die meeste partyjie of bakwinkels.
  • Plastiekeiers (by Dealz gekoop) is met papierblommetjies versier en gevul met klein paaseiertjies.
Laat elke kind hulle eie sjokolade eier verf.
Gebruik voedselkleursel en gebruik ’n omgekeerde plastiek eierhouer om die kleursel in te hou en jou eier veilig te hou.

Paashaas-speletjies

Paaseierskattejag

Bind helium-balonne om madeliefies te vorm. Maak dit vas aan ’n klip en steek van die Paaseiers daar weg. Dit is veral handig vir klein kindertjies wat dalk maklik raadop gesoek word.  

Waar is hasie se stert?

Verf hasie sonder ’n stert en gebruik ’n wol pom-pom met gom aan as die stert wat geplak moet word.

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Bedkassies; kies só die regte een
error: Content is protected !!