Drie grimeerkunstenaars deel watter lippiestiffiekleure hulle glo elke vrou moet besit. Van neutraal tot helder skakerings. En hulle verklap ook wat hul gunstelinge is. Deur Suzanne Kotzé
Lipstiffiekleure, maar eers jou lippe se toestand

Hierdie is ontsettend belangrik glo grimeerkunstenaar Algria Ferreira.

“Voordat jy eers dink aan die perfekte lipstiffiekleur wat jy wil aansmeer , moet jy eers enige droë velletjies verwyder. La Mer het ’n fantasiese lipafskilferaar. The Body Shop en Catrice het ook goeie lipafskilferaars. As jy klaar jou lippie afgeskilfer het, sit ’n lappiesmasker op jou lippe. Laneige het waarskynlik een van die beste lipmaskers op die mark.”




Natuurlike kleur wat hidreer
Grimeerkunstenaar Algria Ferreira glo ’n natuurlike kleur wat hidrerend is en ’n effense kleur verskaf is ’n moethê. “Iets wat goed voel, natuurlik lyk en tog ’n verskil maak aan die lipkleur.
Clinique Black Honey is weer terug op die mark nadat dit vir jare nie beskikbaar was nie. Niemand is meer gelukkig hieroor as ek nie. Dit is beslis vir my die lipstiffie wat perfek is op elke velkleur en absoluut natuurlik lyk Ek gebruik dit tydens fotosessies vir skoonheidsstories as ’n natuurlik lipkleur en dan selfs ook op bruide wat nie van die gevoel van lipstiffie hou nie, maar tog net ’n effense kleur wil hê. Die lyk soos die kleur van ’n babatjie se lipppies.

Clinique Almost Lipstick in Black Honey (R450, clinique.co.za of superbalist.com)
Neutrale natuurlike lipstiffie
“Volgens bekende grimeerkunstenaar Bobbi Brown is die perfekte natuurlike lipstiffie kleur die een wat een tot twee skakerings donkerder as jou natuurlike lipkleur is. Ek glo die regte kleur is die kleur wat jou vol selfvertroue laat voel, hetsy dit pienkerig, perskerig of selfs beige is.” Grimeerkunstenaar Reneé de Wit.

Ek is lief vir Chanel Boy as ’n elkedag natuurlike lipstiffie.

Algria sê: “’n Sagte pienk “nudey” lipstiffie is my ander moethê kleur: Die kleur pienk sal afhang van jou velkleur en die hoeveelheid natuurlike pigment in jou lippe.
Daar is drie tipes pienk waarsonder my “kit” nooit is nie:


Cheryl Parker sê: “Die binnekant van jou lip, waar dit nat is, is gewoonlik ’n goeie aanduiding van die lipstiffiekleur wat jou perfekte natuurlike skakering is. Dit is gewoonlik effens donkerder as jou natuulike lipkleur.”
Cheryl se perfekte natuurlike kleur is ook Charlotte Tilburry in Pillow
Rooi
Klassieke rooi bly ’n elegante staamakerkleur lipstiffie.
“Ek glo dat die regte rooi die een is wat jou selfvertroue gee. As jy twyfel is MAC Ruby Woo altyd ’n wenner, want dit pas by meeste veltone.” Reneé
MAC Ruby Woo is ook al vir jare Algria se gunsteling. “Die mat kleur bly vir ure aan. Jy kan dit ligweg met jou vinger aantik word sodat dit soos ’n gevlekte lip lyk of jy kan dit net gewoonweg aanwend as ’n soliede kleur.”

Rooi laat net enige voorkoms dadelik afgerond lyk.”
Algria Ferreira
MAC Ruby Woo is ook een van Cheryl se gunsteling rooi lipkleure. “Dit werk veral goed as ’n cappucino of donkerder vel het”.



“As jy huiwerig is vir rooi, kies ’n rooi wat effens deursigtig wat eerder jou lip effens vlek as ’n soliede rooi kleur.

“As jy skrikkerig is vir donkerrooi, wend ’n bietjie lipbalsem aan jou lippe en wend die rooi lipstiffie net aan die middel van jou lippe en gebruik dan jou vingers om dit liggies uitwaarts te smeer,” is Cheryl se raad.
Helder kleur
Elke vrou het een uistaan helderkeur nodig. Die een wat jou prettig en speels laat voel. Of dit nou ’n pienkrooi, helder pienk of koraal is.
“Ek is mal oor ’n spatsel kleur, veral om ’n aandvoorkoms ’n hupstoot te gee. As dit by helder skakerings kom, verkies ek mat lipkleure aangesien dit langer hou. My gunsteling helder skakerings is van Sisley.” Reneé.

“’n Koraal of salmpienk is ’n goeie keuse as jy ’n effens songesoende kleur het,” sê Cheryl.
En onthou: “laat jou lippe die kollig steel en hou die res van jou grimering minimaal.”