Lipstiffiekleure vir nou

Twee grimeerkunstenaars deel met ons watter lipstiffiekleure en -tegnieke hulle graag in hierdie Herfsmaande gebruik. Deur Suzanne Kotzé. Foto: Nina Park

Blurred/cloud lipstiffie

Foto’s: Nina Park Instagram, @violette_fr Instagram

Grimeerkunstenaar Renee de Wit sê sy is mal oor die ‘blurred/cloud’ lipstiffie tegniek.

As jy wonder wat dit is? Dit is ’n sagter, meer verspreide manier om lipstiffie te dra. Basies die die teenoorgestelde van skerp, perfek gelynde lippe.

Hoe lyk dit?

In plaas van ’n duidelike rand is

  • Die kleur sag en waserig
  • Die rand is vermeng en het ’n effens gesmeerde voorkoms
  • Die middel van die lippe het meer pigment
  • Dit gee daardie net gesoende effek.

Die voorkoms is deel van die sagte, romantiese moeitelose mooi grimeervoorkoms wat tans in is. Dink aan ‘jou gesig, maar sagter’.

Doen so

1. Voorbereiding

  • Skilfer jou lippe liggies af (met ’n sagte waslap, tandeborsel of lipafskilferaar).
  • Wend ’n dun lagie lipbalsem aan
  • Klad liggies die balsem af, anders gaan die lipstiffiekleur nie sit nie.

2. Wend die kleur slegs aan die middel aan

  • Druk die kleur (met jou vingers of ’n kwassie) aan die middel van jou lippe

3. Meng uitwaarts

  • Gebruik jou vinger of ’n kwassie
  • Tik die kleur liggies uitwaarts
  • Hou die rand sag en oneweredig.

Terracotta/toffie lipkleure

Foto: Zoe Kravits Instagram (@zoeisabellakravitz), Amal Clooney

Saam met die herfsblare wat verkleur, is warmer aardse skakerings nie net in vir mode nie, maar ook as dit by grimering kom.

Renee de Wit

Teracotta en koffie-skakerings is tans Renee se gunstelingkleure vir Herfs.

Monokromaties

“Dieselfde kleur op jou oë en lippe,” is ook iets wat Renee nou graag gebruik.

Dieper skakerings

Vir Marco-Louis Ackers, senior NARS grimeerkunstenaar, is dieper, verleidelike skakerings met skoon buitelyne ’n groot gunsteling-voorkoms.

Selena Gomez by die Golden Globes. Foto: @hungvanngo Instagram
Fotos: CarvenWinter 2026

Velsorg vir jou lippe

Lippe is altyd droër in die wintermaande, daarom is Marco baie opgewonde oor NARS se Explicit lip versameling. “Dit het nie net ’n intense kleur met ’n satynafwerking nie, maar dit het ook ’n spesiale mengsel van rosehip (roosbottel) saadolie en hialuruoonsuur vir intense hidrasie.

Marco se gunsteling skakerings:

Natuurlike lipkleur vir enigte veltoon NARS Unashamed.

NARS Explicit Lipstick in Unashamed (R735, Arc Store)

Die couture skakering met ’n rooi ondertoon vir alle vellkeure. NARS Unrestrained

NARS Explicit Lipstick in Unrestrained (R735, Arc Store)

Renee se gunstelinge

Huda Lip Contour Matte Pencil in Terracotta (R445, Arc Store)
Kylie Matte Lip Kit in 600Twenty (R770, Arc Store)
Byredo Makeup Liquid Lipstick Vinyl in Reasonable Doubt (R1070, Skins Cosmetics)

En onthou Renee se beste raad:

“Ek dink nie daar is reëls met grimering nie, veral nie met lipkleur nie. Watookal jou die beste laat voel, is die beste skakering vir jou.”

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Die meer-is-meer ‘mob wife’-voorkoms
error: Content is protected !!