11 skuifknippie (bobby pins) ‘hacks’

Span gerus jou skuifnippies (bobby pins) in om alles te doen van hare weg te steek tot armbandjies aan te sit en jou klere bymekaar te hou. Deur Suzanne Kotzé

1. Gebruik skuifknippes reg-om

Ons het dit vir jare lank verkeerdom gebruik, met die gladde kant onder en die riffeltjies bo. Die riffeltjies moet onder wees om die hare te kan gryp en die gladde kant bo.

2. Spuit skuifnippies met haarsproei

Om die knippie taaier te maak en beter te laat sit. Spuit jou knippe met bietjie haarsproei voordat jy dit in jou hare sit.

3. Help krulle vorm

So dikwels doen jy die moeite om jou hare te krul met ’n krultang of haaryster, en dan sak die krulle net weer uit. Gebruik skuifknippies om krulle te help vorm en langer te laat hou so. Vorm jou krul met jou krultang of haaryster. Rol die krul op tot teenaan jou knopvel en steek dit liggies vas. Herhaal dit met al die krulle/stukkies hare. Waneer jy al jou hare klaar gekrul het, los die knippies vir ‘n paar minute in die krulle sodat jou hare afkoel en vorm. Hoe langer jy die knippies en krulle inlos, hoe beter sal jou krulle hou. So trek gerus eers aan en doen jou grimering. Haal dan die knippies uit en kam liggies deur met ’n kam of borsel.

Foto: Pinterest

Wenk: Spuit jou hare met haarsproei voordat jy die knippies uithaal

Wenk: Stel jou haardroër op koue lug en blaas daaroor.

4. Steek jou uitgroei-kuif weg

Om jou kuif uit te groei is ’n tydsame proses (erger nog as jy niks van jou nuwe kuif hou nie!). Steek jou kuif na agter, terwyl jy die langer dele oor jou vasgesteekte kuif laat hang.

Foto: Pinterest

5. Steek haarrekkies weg

Trek ’n stukkie hare uit jou poniestert, of hou dit eenkant voordat jy dit vasbind. Draai die stukkie hare om die rekkie en steek dit vas met ’n bobby knippie.

6. Skep meer volume op jou paadjie

Maak ’n sypaadjie aan die teenoorgestelde kant van jou normale paadjie, en steek ’n skuifknippie reg langs jou paadjie in die middel. Gooi jou hare oor vanaf jou gewone paadjiekant en jy het dadelik meer volume.

Kyk hier: https://www.tiktok.com/@sarasaadia/video/7319208975147306273

7. Steek jou knippies weg

Foto: Pinterest

As jy stukkies hare na agter wegsteek of klein vlegsels maak, maak jou skuifknippe oop en druk beide kante, weerskante van die stukkie hare, en druk dit af en na vore, sodat dit onder die stukkie hare ingaan.

Kyk hier hoe:

8 Maak jou eie armband vas

Dit is soms so moeilik om jou eie armband vas te maak. Druk ’n skuifknippie deur die ogie van jou armband en hou dit in jou handpalm teryl jy die armband om jou pols draai. Haak dan die knippie in terwyl jy die skuifknippie te gebruik om die armband in plek te hou.  

9. Help met oogomlyner vir ’n katoog-voorkoms.

As jy sukkel om mooi lyntjies te trek vir jou katoog-voorkoms, teken vloeibare oogomlyer op die buitehoeke van die knippie en nou dit by die buitehoek van jou oog. Druk die knippie teen jou vel sodat die oogomlyner op jou vel gaan. Kleur die driehoekie wat vorm in.

Kyk hier:

10. Gebruik dit vir naelkuns

Doop die ronde/agterkant van jou skuifknippie in naelverf om kolletjies te maak of selfs hartjies.

Foto: Pinterest

11. Wys minder borsgleufie (cleavage)

Hierdie is ideaal vir ’n noodgeval. As jou rok of bostuk bietjie te veel lyf wys, vou materiaal aan weerskante van die bostuk se neklyn bymekaar en gebruik ’n skuifknippie om dit bymekaar te hou. Dit sal natuurlik slegs werk as jou bostuk losserig sit. Dit sal nie werk as die materiaal reeds styf oor jou borsmaat span nie.

Kyk hier:

@styleofsam

The need to know👇🏻 💓 Save this for the next time you’re getting dressed! WILL YOU TRY THIS⁉️ Fix a low v-neckline easily! 1️⃣ Grab a bobby pin 2️⃣ Make a loop on each side 3️⃣ Secure them in place with a trusty bobby pin ✨Et voilà! ✨ 😘 Wearing FromGMAwithLOVE set & earrings 💓 Comment “ELEVATE” for a cheat sheet on 5 easy style upgrades! Look Feel Do Good 😘💋 Rxoxo, Sam styleofsam styleover40 fashionover40 over40andfabulous creativityoverconsumption styletips styletipsforwomen stylehack

♬ original sound – styleofsam – styleofsam

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
oefening en jou vel
Oefening en jou vel; 10 redes hoekom dit goed én sleg is
error: Content is protected !!