Dit is partyjieseisoen en ons soek grimering wat aanbly

Kyk dit is heerlik om jou tyd te kan neem met jou grimering, veral voor ’n spesiale aand uit. Die realiteit is egter dat die meeste van ons skaars by die huis kom en alles en almal uitsorteer voordat ons weer moet uitgaan. ’n Vinnige grimeeropknap is dikwels al waarvoor ons tyd het. Daarom kies ons grimering wat aanbly. Deur Suzanne Kotzé.

Ons wenke vir grimering wat aanbly

Sodat jy net weer kan opknap voordat jy uitgaan.

Beplan

grimering

Weet voor die tyd wat jy gaan aantrek en hoe jy jou hare en grimering wil doen.

Begin reg met jou daggrimering

Spandeer ’n bietjie meer tyd in die oggend (veral as jy weet dit moet tot laataand toe hou). Doen moeite om jou grimering reg te doen.

Kies formules wat lank aanbly

Van jou onderlaag tot jou lipstiffie.

Ons is so dankbaar dat ons die jaar die geleentheid gekry het om Revlon se ColorStay produkte beter te leer ken. Hierdie outjies bly werklik lank aan.

Onthou ook jy hoef nie noodwendig met vol dekking onderlaag te begin nie, veral as jy gewoonlik ligte, natuurlike grimering verkies. Jy kan altyd nog ’n bietjie onderlaag (op areas soos jou neus) bysit as jy voel jy ’n meer vleklose, afgewerkte voorkoms vir die aand verkies.

Vermy dit net om poeier om die dele te sit, want om later roomformules bo-oor poeier te sit gee nie ’n mooi afwerking nie.

Hou jou basis natuurlik

Kies natuurlike skakerings vir jou oë en wange. Sodat jy dit meer dramaties kan maak of nog ’n kleur kan bysit vir die aand, sonder dat jy jou hoef te bekommer oor kleure wat nie bymekaar pas nie. Hou ook jou lipstiffie en wangkleur in ag. Pienkerige skakerings blosser werk byvoorbeeld beter saam met rooi lippe.

Voeg ’n tikkie glans by

As jy ’n meer glansryke geleentheid het, tik ’n bietjie goud/bronskleurige oogskadu op jou ooglid bo-oor jou natuurlike basiskleur net voordat jy uitgaan.

Aanbly sproei

Spuit grimeer-aanbly-sproei aan as jy klaar is met jou daggrimering en weer voordat jy jou grimering opknap (veral as jy nog bietjie onderlaag wil aanwend. Let wel dit is glad nie nodig met Revlon ColorStay Foundation nie. Dit bly werklik aan sonder opknapping.)

Kikker jou daggrimering op

Vloeibare oogomlyner

Vloeibare oogomlyner gee dadelik ’n bietjie drama aan jou voorkoms en laat jou dadelik meer gedoen lyk. Neem tog ’n paar minute om dit eerder reg te doen, anders moet jy dalk al jou grimering verwyder.

Wenk: hou watte en grimeerverwyderaar of ’n klein skoon kwassie en grimeerverwyderaar byderhand om foute reg te maak.

Rooi lipstiffie

Hierdie bly ’n staatmaker vir dadelike glans. En die wenner is natuurlik ’n lipstiffie wat aanbly sodat jy nie heelaand jou lipstiffie hoef op te knap nie.

Ons het hierdie Revlon grimering gebruik:

Ons het 12 uur die middag grimering aangewend vir ’n dag van foto’s neem en afsprake.

Vyf uur het ons ’n nuwe lipkleur en vloeibare oogomlyner aangewend en die aand 10 uur was dit nog perfek. (Wenk: maak seker jy het ’n goeie grimeerverwyderaar!)

Revlon Colorstay Long Wear Makeup Foundation (R350, Superbalist)
Dit voel nie swaar of droog op jou vel nie, en gee uitstekende dekking.
Revlon Glimmer Brightening Concealer (R290, Superbalist) vir donker kringe en om binnehoeke en mondhoeke te verlig.
Revlon ColorStay Day to Night Eyeshadow Quad (R300, Superbalist). Hierdie mooi skakerings het ’n poeier room gevloel, en is ideaal vir ’n meer natuurlike voorkoms vir die dag en meer dramaties vir saans met die gebruik van meer donkerder skakerings.
Revlon ColorStay Face + Body Lotion (R240, Superbalist). Ons het dit vir verbronsing en kontoering  gebruik en ook sommer bietjie by ons lyfroom ingemeng vir ekstra glans.
Revlon Illuminance Serum Gel Blush (R250, Superbalist) vir glansende wangkleur.
Revlon ColorStay Mascara (R260, Superbalist) gee lekker volume, sonder dat dit afskilfer of smeer. Beskikbaar in waterdigte en nie-waterdigte formules.
Revlon ColorStay Limitless Matte Liquid Lipstick in Top Talent (R250, Superbalist) was ons keuse vir ons dag-voorkoms en foto’s. Die mat kleur het goed aangebly (en ons moes dit met grimeerverwyderaar afhaal voordat ons ’n nuwe rooi kleur aangeverf het).

Aand voorkoms

Revlon ColorStay Lash Serum + Liner (R260, Superbalist) gebruik. Dit trek nie net skerp lyne wat aanbly nie, maar bevat ook ’n serum wat vir jou wimpers sorg.
Revlon ColorStay Satin Ink in Fire & Ice (R250, Superbalist) bly aan (geen lipstiffie-merke aan die rand van jou glas nie!). Dit bevat swart bessie-olie wat help dat jou lippe nie uitdroog nie.) Dit bloei ook nie en jy hoef nie die heeltyd jou rooi kleur op te knap nie. Die dun deeltjie van die aanwender is ideaal om jou lippe te ‘omlyn en definieër’ en dan vul jy die res in met die plat deel.
Colorstay x Stylvol Banner - 1200x800 - v03


 

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Die grimeeer-oplossing vir vel wat blink
error: Content is protected !!