Lees jou skoonheidsetiket soos ’n kenner

Al ooit ’n gesigroom van die rak afgehaal en dadelik weer teruggesit omdat jy nie ‘n idee het wat die bestanddeellys nou eintlik sê nie of hoe om die skoonheidsetiket te lees nie?

Glo ons, as jy eers weet hoe om jou skoonheidsprodukte se etikette reg te lees en te verstaan, sal jou skoonheidsinkopies meer soos ’n plesier en minder soos ’n uitdagende uitstappie voel!

’n Skoonheidsindustrie-kenner deel raad en wenke om soos ’n kenner jou skoonheids etiket te lees in ses maklike stappe: Saamgestel deur Justine Kroes

6 wenke om jou skoonheidsetiket te verstaan

1. Begin met die bestanddeellys (of die INCI)

Sonette Donker, estetiese-velkenner en eienaar van Skin Fundi verduidelik; “INCI” staan vir die International Nomenclature of Cosmetic Ingredients; ’n Gestandardiseerde sisteem wat internasionaal raakgesien word. Dit verwys na die manier waarvolgens bestanddele op produkte hoort gelys te word. Bestanddele word eerste gelys deur hul INCI naam en daarna volg die verbruikersnaam wat ons beter sal ken.

“Die volgorde van bestanddele is belangrik – die hoogste konsentrasie bestanddele word eerste gelys en daarna volg die laer konsetrasies, altyd in daardie volgorde”

Sonette Donker

Sonette se raad, “agter op jou skoonheidsproduk gewoonlik onder “ingredients” of “ingredient list” word bestanddele altyd gelys in die volgorde van hoogste konsentrasie tot laagste konsentrasie van die produk”.

Aqua (water) is altyd die eerste op so ’n lys omdat dit gewoonlik die grootste persentasie van die formulasie opmaak, indien dit ’n watergebaseerde produk is.

Die laaste 3 tot 5 bestanddele is gewoonlik preserveermiddels wat die produk vars hou.

Wenk: Die eerste vyf bestanddele maak gewoonlik die grootmaat van die produk op. So wanneer die “wonderwerk” aktiewe bestanddeel (soos retinol of vitamiene C) nader aan die onderste punt van daardie lys val, behoort jy te weet dat die konsentrasie daarvan so min is teenoor die res van die produk dat dit nie noodwendig ’n reuse impak op jou vel sal hê nie.

2. Ken jou “wonderwerk” aktiewe bestanddele

Jou aktiewe bestanddele is daardie bestanddele wat die harde werk gaan doen, soos hidreer, afskilfer, of jou vel streel. Let hier op na die presiese formulasie en die konsentrasie van jou aktiewe bestanddele.

Byvoorbeeld:

Vitamien C

Kyk vir woorde soos ascorbic acid, magnesium ascorbyl phosphate (MAP), of tetrahexyldecyl ascorbate. Effektiewe konsentrasies tussen 5–20%.

Retinol

Effektiewe konsentrasies vanaf 0.1–1%. Onthou om stadiger te begin met retinol om irritasie te vermy.

Niasinamied, werk goed tussen 2 tot 5 %

Hialuroonsuur, kyk dat hierdie bestanddeel hoog op jou skoonheidsetiket bestanddeellys val. Hialuroonsuur werk in klein konsentrasies, maar moet steeds ondersteun word deur bevogtigers en versagters.

3. Pasop vir vel-irriterende bestanddele

Geurmiddels, essensiële olies en sekere alkoholformulasies kan jou vel irriteer, veral vir die wat met sensitiewe velle sukkel.

Wees versigtig vir die volgende bestanddele indien jy geneig is om ’n velreaksie te ontwikkel daarvan om sekere produkte te gebruik:

Parfum/geure gewoonlik gelys as fragrance – kan velirritasie veroorsaak.

Essensiële olies soos sitrus en peppermentolies, veral as jy ’n sensitiewe vel het.

Alkohol of denatured alcohol – kan jou vel uitdroog as dit hoog op in die bestanddeel- lysie lê.

4. Moenie toelaat dat bemarkingsfoefies jou swaai nie

Moet nie ingedoen word deur alles te glo wat op jou produk staan nie. Daar is talle velsorgprodukte wat gebruik maak van slim strategieë en gonswoorde om jou te oortuig om ’n produk te koop.

Hier is ‘n paar voorbeelde:

“Dermatoloog-goedgekeur” – hierdie is nie ‘n wetlike definisie nie en kan enigeiets beteken van “eenkeer deur ‘n dermatoloog getoets” of “slegs deur een dermatoloog getoets.

“Clean Beauty” is ’n bermakingsterm en verwys nie na ’n wetenskaplike standaard nie.

Wenk: Lees altyd verder as net die voorkant van jou botteltjie – die regte verhaal word op die agterkant gelys.

5. Leer die etiketsimbole

Daar is ’n hele klompie informasie weggesteek in al daardie klein simbole op jou skoonheidsproduk wat jy dalk ignoreer of nie eers raaksien nie.

PAO (period after opening) simbool lyk gewoonlik soos “12M” en beteken gewoonlik die produk sal nie veilig wees vir gebruik 12 maande nadat dit opgemaak is nie

Hasie wat spring – Cruelty-free sertifisering en dat die produk nie op diere getoets word nie.

Herwinningsimbool – Hoe om die verpakking te herwin of weg te gooi.

6. Raklewe (en lotkodes batch codes)

Selfs al word daar nie ’n vervaldatum op jou skoonheidsproduk aangedui nie, sal die lotkode (batch code) wys wanneer die produk vervaardig is. Hierdie is veral belangrik vir meer natuurlike skoonheidprodukte wat minder perserveermiddels bevat – hulle het gewoonlik ’n korter raklewe.

Vinnige 10 sekonde skoonheidsetiket skandering

Lees die eerste 5 bestanddele op die bestanddeellys

  • Vind jou “held” aktiewe bestanddeel – maak seker die konsentrasie hoeveelhede is genoeg.
  • Hou ’n ogie oop vir enige bestanddele wat jou vel kan irriteer.
  • Let op die PAO (period after opening) simbool of raklewe om seker te maak die produk het nie verval nie.
  • Ignoreer bemarkingsfoefies en vertrou die bestanddeellys.

Sodra jy weet waarna jy behoort te kyk, voel die lees van jou skoonheidsetiket minder soos huiswerk en meer bemagtigend. Onthou jou “label” of etiket is jou direkte lyn na dit wat werklik in die produk ingesluit word.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Dr Derma
Wat is teledermatologie en 5 algemene veltoestande wat gediagnoseer word
error: Content is protected !!