LED ligterapie: die tuissorg skoonheidtoestel wat jy nie geweet het jy nodig het nie

Weet jy wat LED ligterapie is? En waarvoor dit in die skoonheidswêreld gebruik word? Ons deel meer oor die innoverende tegnologie wat oorspronklik deur NASA ontwikkel is en hoe jy salonkwaliteit LED ligterapie tuis kan gebruik. Hier’s hoekom LED ligterapie ’n moet-probeer is: Saamgestel deur Justine Kroes

Wat is LED ligterapie?

LED staan vir ‘Light Emitting Diode’. Ligterapie is ’n baanbreker nie indringende behandeling wat gebruik maak van die verskillende golflengtes (wavelengths) van die sigbare ligspektrum om verskeie velbekommernisse en -probleme aan te spreek en te behandel.

Anders as UV-lig, wat velselle kan beskadig, is LED-lig veilig en voordelig; dit stimuleer natuurlike sellulêre prosesse om die vel te herstel, te verjong en velgesondheid te verbeter.

Oorspronklik deur NASA ontwikkel om wondgenesing aan te moedig, is LED-terapie deeglik bestudeer en word dit nou wyd gebruik as ’n dermatologiese behandeling vir probleme soos veroudering, aknee, hiperpigmentasie en inflammasie.

SKINJOY LUMO LED Face Mask (R4499)

Elke ligkleur teiken verskillende lae van die vel en aktiveer biologiese reaksies wat kollageenproduksie, bloedsirkulasie en sellulêre vernuwing ondersteun.

Waarvoor word die verskillende kleure gebruik?

Die SKINJOY LUMO MASKER gebruik 7 verskillende bio-lig opsies, elk met ’n spesifieke golflengte en doel:

Rooi (640–670nm):

Stimuleer kollageenproduksie, bevorder selhernuwing en help om die voorkoms van fyn lyntjies en plooie te verminder en veltekstuur te verbeter.

Groen (490–540nm)

Streel en kalmeer; Kalmeer die vel deur inflammasie en vel-sensitiwiteit te verminder, en ondersteun genesing van die vel.

Blou (440–470nm)

Beveg aknee; Antibakteriese eienskappe, verminder inflammasie. verminder en beveg bakterieë wat aknee veroorsaak.

Geel (565–570nm)

Verhelder en verminder rooiheid; Die geel lig verhelder die gelaat, verminder rooiheid en word gebruik om sigbare pigmentasie te verminder en ’n helderder en meer eweredige gelaatskleur te bevorder.

Pers (380–440nm)

Kombineer blou en rooi; Kombineer die voordele van rooi (kollageen stimulering) en blou (antibakteriese eienskappe).

Siaan (460–495nm)

Kombineer groen en blou; Kombineer die kalmerende effek van die groen lig met die aknee-bevegtigende effek van die blou lig.

Wit (400–700nm)

Selhernuwing; Bevorder selvernuwing en algehele verjonging van die vel, geskik vir die meeste velsoorte.

Maar werk dit regtig?

’n 8-week interne gevallestudie met ’n professionele velskandeerder het bevind dat die SKINJOY LUMO Masker merkbare verbeteringe in velgesondheid gelewer het:

11% toename in velmetabolisme

9% vermindering in UV-skade

8% vermindering in pigmentasie

Met nog ’n merkwaardige resultaat: Vel ouderdom het 1 jaar jonger gelyk

Altesaam het die masker meetbare voordele in velverjonging, beskerming en ’n egaliger veltoon gewys, lees meer oor die studie hier.

Omdat LED-terapie nie-indringend, pynloos en sonder hersteltyd is, is dit ’n gerieflike en doeltreffende manier om helderder, fermer en gesonder vel by die huis te kry.

’n Goeie velsorgroetine is noodsaaklik

Onthou ’n goeie velsorgroetine bly noodsaaklik! LED ligterapie sal die meeste doeltreffend wees wanneer dit by ’n goeie velsorgroetine ingesluit word. Dit kan die effektiwiteit van velprodukte soos serums bevorder, wat natuurlik tuis gebruik kan word of in ’n praktyk by intensiewe estetiese behandelings.

Wie behoort ligterapie te vermy:

Hoewel ligterapie oor die algemeen veilig is vir die meeste mense om te gebruik, behoort die volgende persone eerder die gebruik van so ’n behandeling te vermy:

Die wat sukkel met fotosensitiwiteit en diegene op lig-sensitiewe-medikasie.

Vermy die gebruik van ligterapie as jy ’n aktiewe velinfeksie het.

Persone wat gediagnoseer is met epilepsie, veral die wat sukkel met aanvalle wat deur lig of flitsende lig veroorsaak word.

Persone met aktiewe kanker.

Indien jy onseker is, raadpleeg altyd ’n gesondheidskenner om te bepaal of LED-ligterapie veilig is vir jou gesondheidsprofiel en om enige moontlike interaksies met medikasie te bespreek.

7 redes waarom ons van die SKINJOY LED LUMO MASK hou

1. Pas gemaklik

Die masker is ergonomies ontwerp en pas gemaklik op enige gesigvorm danksy die ligte en buigbare silikoon waaruit die masker gemaak is. Die klitsband (velcro) bandjies wat agter jou kop vasmaak, is verstelbaar om seker te maak die masker pas goed en dat die liggies eweredig oor jou gesig versprei word.

2. Kragtig

Kragtige LED gesigmasker met meer as 60 lig-uitstralende diode op die masker om seker te maak die ligbehandeling word eweredig en goed versprei.

3. Aanpasbaar tot jou voorkeur

Die intensiteit van ligstrale en die tydverloop van die LED ligbehandeling is aanpasbaar vir elkeen se persoonlike voorkeur. Ander LED gesigmaskers wat ons al getoets het, het nie die funksie nie, bloot net ’n aan, af en kleurverander funksie.

4. Jy kan voortgaan met jou takielysie

Jy kan gemaklik met jou masker rondbeweeg en voortgaan met allerhande takies. Voor jou rekenaar sit, kosmaak, ’n bondel wasgoed ingooi en natuurlik jou huisgesin skrik maak! Psst dra jou gunsteling japon met sakke om die beheertoestel oral oor saam met jou rond te dra, maar ook natuurlik vir die “spa” effek.

5. Die glimlag 🙂

Die glimlag op die masker se gesiggie laat ons elke keer lekker giggel, en laat die LED masker meer vreugdevol en vriendelik lyk.

SKINJOY LUMO LED Face Mask (R4499)

6. Langdurige batterylewe

Langdurige batterylewe. Die SKINJOY LUMO LED gesigmasker bied tot twee ure se batterylewe. Indien jy die masker twee keer per week gebruik vir 15 minute sessies hoef jy feitlik net een keer per maand jou masker te herlaai.

7. Glansende vel resultate tuis

Ons hou veral van die feit dat ons in die gemak van ons eie tuiste goeie gehalte LED ligbehandeling-terapie kan verkry. ’n Behandeling wat nie-indringend is nie, maklik is om te gebruik en geen hersteltyd benodig nie. ’n Masker wat boonop glansende velresultate lewer.  

Gebruik die SKINJOY LUMO Masker so:

  1. Laai die Skinjoy LUMO MASK se battery volledig voor die eerste gebruik (ons s’n was vol gelaai toe ons dit uit die boks haal).
  2. Dubbelreinig jou vel voor gebruik om enige grimering of gesigprodukte te verwyder.
  3. Gebruik die bandjies om die gesigmasker agter jou kop vas te maak. Die bandjies is verstelbaar sodat jou masker gemaklik kan sit.
  4. Druk die kragknoppie op jou beheertoestel om die gesigmasker aan te skakel, en druk die kleurwielknoppie om die LED-kleure te kies.
  5. Druk die + knoppie om behandelingstyd te vermeerder of – om die tyd te verminder.
  6. Druk die son-ikoon met die lang strale om die energievlakke te verhoog of die son-ikoon met kort strale om dit te verlaag.
  7. Die aanbevole behandelingstyd is 15-20 minute 2 tot 3 keer per week vir optimale resultate.
  8. Vee eenvoudig met ’n klam, skoon lappie na gebruik af om jou gesigmasker skoon te hou.
  9. Volg met jou gewone velsorgroetine.
SKINJOY LUMO LED Face Mask (R4499)

Meer oor SKINJOY

SKINJOY het in 2022 begin toe stigter Lika Joubert, ’n gekwalifiseerde somatoloog, met meer as 22 jaar se ervaring in die vel- en skoonheidsbedryf, besluit het om resultaatgedrewe selfsorg-oplossings te skep wat jou tuis velsorg-roetines gelyk aan salonvlak kan maak.

Lika het opgemerk hoe algemene probleme soos aknee, pigmentasie, dehidrasie en veroudering meer as net oppervlakkige sorg verg, met die wete hoe moeilik dit soms is vir vroue om tyd te maak vir professionele behandelings. Hier volg die inspirasie vir Lika om multifunksionele velsorg-tegnologie te ontwikkel vir tuisgebruik wat effektief werk sonder hersteltyd.

Na drie jaar se navorsing en baie getoets en gekeur is SKINJOY amptelik in Maart 2025 bekendgestel met die LUMO reeks, wat hoëprestasie-toestelle bied wat jou vel laat straal en jou selfvertroue laat groei. Loer gerus na die ander slim tuissorg toestelle hier en hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Rachel van Friends
Hare-obsessie: Rachel van Friends
error: Content is protected !!