Ontdek Lacoste Original Pour Femme, die definisie van moeitelose Franse elegansie. Die sensuele vrugtige blommegeur vang die gees van die Lacoste vrou vas; elegant, vol selfvertroue en vry. Deur Suzanne Kotzé
Promosie
Die Lacoste geskiedenis
In 1923 het die Franse tennisspeler René Lacoste die bynaam ‘die krokodil’ gekry nadat hy sy spankaptein se krokodilleer tas wou hê as hy sou wen. Een van René se vriende, die stilis Robert George het ’n krokodilskets gemaak wat René op sy wit baadjie laat borduur het, wat hy voor elke wedstryd gedra het. In 1933 het René met behulp van sakeman André Gilliet ’n spesiale wit weefstof ontwikkel vir die tennishemp wat René ontwerp het, natuurlik met die krokolidembleem op. En dit was ook die heel eerste logo op ’n kledingstuk.
Vandag is Lacoste natuurlik vir veel meer as net hulle polohemp bekend, met ’n hele leefstylreeks, vanaf mode tot parfuum. Bekend vir moeitelose Franse elegansie. En dit word natuurlik ook in hul fyngeure weerspieël.
Die nuwe Lacoste Original Pour Femme

In 2024 is die mansparfuum Lacoste Original bekendgestel; beskryf as ’n moderne ode aan Franse elegansie en die Lacoste huis se ryk herkoms. Die nuwe vroulike eweknie Lacoste Original Pour Femme vang die moeitelose grasie, selfvertroue en sjarme van die Lacoste vrou vas.
Die pragtige bottel; eenvoudig elegant

Die grafiese, skoon glasbottel in sagte pienk met goue afwerkings en natuurlik die ikoniese krokodil-embleem lyk modern, skoon en vroulik. Die toonbeeld van stille luukse.
Die geur; vars en sensueel

Volgense parfumiers Adriana Medina en Louise Turner is Lacoste Original Pour Femme ’n fyngeur wat varsheid en sensualiteit vermeng. Dit is sjiek, spontaan en ontspanne; ’n definitiewe Franse kombinasie.
“Vir ons is Lacoste ’n handelsmerk wat die kuns bemeester het om sjiek en gemak te kombineer, altyd met ’n tikkie waagmoed,” sê Medina en Turner. “Ons wou hierdie energie vasvang deur Lacoste Original Pour Femme; ’n helder blomkomposisie verryk met vanielje vir ’n kragtige, skitterende handtekening.
As jy die geur eers ruik, ruik dit energiek en vars. Dit is danksy die topnote van sappige peer, gemmer en mandaryn.
Die hart (middelnote) van die geur is jasmyn en roos, verwarm deur ‘n sonnige akkoord wat helder diepte byvoeg.
Romerige vanielje en amber drentel laastens op jou vel.
Die resultaat is ‘n geur wat beide vertroostend en boeiend voel; soos ’n tweede vel wat gloei met selfvertroue en warmte.

Dit is werklik ’n lieflike somersgeur, en ’n nuwe Stylvol-gunsteling. Dit is nie te vars of te blommerig nie, en jy verbeel jouself sommer jy is ook elegant en Frans.
Die gees van die Lacoste vrou
Lacoste Original Pour Femme word as ’n nuwe uitdrukking van vroulikheid gesien. Elegant, vrygeestig en moeiteloos vol selfvertroue. Dit is ’n geur vir die vrou wat maklik deur die lewe gaan, en wat ewe speels en gesofistikeerd is.






