donnalee-roberts-italie.jpeg
donnalee-roberts-italie.jpeg

La dolce vita; Donnalee Roberts se Italië modes

Ons het ons verkyk aan Donalee Roberts se pragtige uitrustings tydens haar onlangse vakansie in Italië. Sy glo uitrustings vertel ‘n storie en is deel van die herinneringe wat jy maak op vakansie. Deur Suzanne Kotzé

Donnalee Roberts oor hulle Italië-vakansie

“Wat ’n onbeskryflike en groot lekkerte om saam met Amelie (Ivan se dogter) Italië te kon verken. Ek en Ivan was 7 jaar gelede in Italië vir ons wittebrood en om dit nou saam met Amelie, wat nou 17 is, te kon ervaar, was ongelooflik. Sy is veel ouer as haar boeties en sussies aan haar ma en ons kant, en is altyd so aanpasbaar en maklik en ons wou graag iets saam met net haar doen. Om Europa deur haar oë te kon sien, haar volwassenheid, maar ook haar kinderlike opgewondenheid vir elke detail en mooi gebou het gemaak dat ek en Ivan ook sommer met nuwe oë na Italië gekyk het. ”

Donnalee se liefde vir reis en uitrustings wat deel word van stories

“Ek is onbeskryflik passievol oor reis. Ivan vertel dikwels vir mense dat ek al my data spandeer om die wêreld plat te reis. Ek is alewig besig om ander lande en hulle kulture en style en modes na te vors. Ek is in my wese ’n storieverteller, so wanneer ons reis weet ek die ervaring gaan stories word wat ek verewig gaan vertel. En wanneer dit dan kom by styl is dit ingeweeg in die storie wat ek eendag gaan vertel.

Die plekke waarheen ons gaan en wat ons spesifiek daardie dag gaan doen, is dan die inspirasie vir hoe ek aantrek en wat ek aantrek.”

Spatsels kleur by Burano

Ons was tydens ons wittebrood in Burano ( (’n eilandjie op die Venesië-meer) en dit bly een van my gunsteling plekke in die wêreld en ons wou dit so graag vir Amelie wys. Ek het geweet die huisies en strate is so mooi kleurvol en ek wou iets aantrek wat dit weerspieël.

Ou wêreldse glans met polkakolle in Venesië

“Ek is versot op Venesië, dit voel vir my soos om op ’n filmstel te loop. Dit voel onwerklik dat ’n hele stad op die water gebou kan wees. En die absolute dekadensie: daar is nie ’n gebou wat nie pragtig is nie. Elke liewe gebou het kartels en detail en in die mooi straatjies wil jy sommer verdwaal.

Die ou wêreldse sjarme hier het my pokakol uitrustings inspireer. Ek het gedink hoe wil ek voel as ek in Venesië rondstap en wat ek aantrek gaan ook gepaard met hoe ek voel.

Ek is mal daaroor om vir myself mooi aan te trek; ek hou van kleure en materiale en om goed bymekaar te meng en te pas.

Donnalee is mal oor hierdie warm rooi kleur. “Om kleur en patroon te meng is wonderlik om ’n tikkie maksimalisme te skep,” sê sy.

n Kruislyf sakkie is ideaal om alles wat jy nodig het te hou om gemaklik te kan verken en rond te loop. “Ek het hierdie kruislyf sakkie juis in Venesië gekoop in swart en ligblou en wens ek het nog kleure gekoop, want dit dra so lekker,” vertel Donnalee.

Die veelsydige serp

“Ek is so bly dat serpe so ’n groot trend geword het, want ek vrek oor serpe. Ek het ’n hele sak vol serpe en dra serpe al so lank as wat ek kan onthou. Met my krulhare is ’n serp ’n wonderlik ding, want krulhare is nie noodwendig maklik nie. Daar is altyd ’n serp in my sak, veral as mens geswem het of as daar baie humiditeit is, is dit die maklikste met my krullebol.

Behalwe vir my hare is ek mal oor wat ’n serp aan ’n uitrusting kan doen. My Nederlandse ouma het by ons gebly toe ek klein was en sy het altyd so mooi gelyk, of sy nou net by die huis gebly het die dag en of sy mense gesien het.  Sy het altyd ’n serpie om haar nek gedra. So daar is beslis iets nostalgies aan ’n serp en as jy reis is dit nog ’n nostalgiese element wat deel word van jou herinneringe. En dan word die serpie net nog meer kosbaar. ’n Serp is lieflik; om jou romp, om jou hare, om ’n handsak. Of dit nou ’n trend is of nie, is dit altyd iets wat deel sal wees van my klerekas.

’n Serp ‘elevate’ dadelik ’n uitrusting, dit maak dit dadelik speels en sit detail by. En as jy geswem het is dit lieflik om ’n serp kopdoekstyl om jou kop te bind, veral as jou hare wild ‘frizz.’”

Lees gerus hier: Moet-hê somerbykomstigheid: Die somerserp

Vonkelend in bottergeel by die Trevi-fontein

Donnalee se serp kontrasteer en komplementeer die bottergeel perfek. ’Geweefde plat Mary Jane-styl skoene gee die voorkoms ’n sorgvrye, dog stylvolle voorkoms.

’n Cameo hangertjie wat Ivan vir Donnalee gekoop het tydens hulle wittebrood gee ’n tikkie ou-wêreldse glans en kontrasteer mooi met ander meer moderne goue hangetjies.

Swart en rooi vir rondloop in Rome

’n Gemaklike wyepyp rooi broek en swart bostuk lyk modieus met ’n wit serp om Donnalee se middel gebind. Swart Birkenstockstyl plakkies gee die voorkoms ’n informele gevoel terwyl ’n swart kruislyf sakkie hande vry laat vir il caffè.

Bypassende stelle

“Bypassende stelle pak maklik en jy kan ’n paar uitrustings skep daarmee. Saam maak dit ’n statement en dan is dit ook lekker om dit te meng en pas met ander klere.

Bypassende stelle is iets wat ek altyd in my tas pak as ons reis.”

’n Mooi vol baaikostuum

As jy ’n mooi vol baaikostuum het met iets soos ’n skouerdetail is dit iets waarin jy kan swem, maar jy kan ook ’n serp om jou heupe draai of ’n mooi wyepyp langbroek daarmee saam dra en dan word dit skielik ’n uitrusting. Poetry het pragtige swembroeke. Ek is ook ’n seuntjie mamma wat wil hardloop en speel sonder dat iets uitval. Dit lyk so stylvol.

Skep soortgelyke voorkomste

Kry die voorkoms met hierdie soortgelyke items

Cassidy Linen Printed Dress (R1 699, Poetry)
Daydream Ella dress (R3720, Beachcult)
Kelly Printed Dress (R1699, Poetry)
Pouch Bag (R349, Miladys)
H&M Straw Mary Janes  beige (R499, Superbalist)
Ladies Amore Scarf Pink (R199, Saints and Summer)
Identity White Polka Dot Poplin Skirt (R399, Bash)
Oakridge Polka Dot A-Line Skirt (R249,99 Mr Price)
Polka Dot Print Fabric Scarf (R270, Lovisa)
H&M Short-Sleeved Jersey Cardigan – red (R329, Superbalist)
Foschini The Polo Jumper (R329, Bash)
Cotton On Katia Ballet – black diamante (R299, Superbalist)
Luella Co-Ord Polka Dot Tiered Skirt (R1 299, Bash)
Crew Neck T-Shirt (R399, Woolworths)
Modern Moon Sling Bag (R960, Journey Leather)
Karin Dropped Waist Lace Dress (R1 699, Poetry)
Exact Women’s Yellow Balloon Combo Dress (R299,99, Bash)
The Selah – Mini Crossbody (R1 590, Swish and Swank)

Kry die voorkoms met hierdie soortgelyke items

Mango Trousers maris – red (R1 299, Superbalist)
Luella Co-Ord Linen Wide Leg Pants (R799, Bash)
Foschini Co-Ord Popcorn Knit Drape Top (R259, Bash)
Kelso Linear Border Satin Feel Scarf – White/Black (R149,99, Edgars)
Oval Pailsey Framed Necklace (R5500-R10000, KVJ Collection)
Mayari Sandals (R3 999, Birkenstock)
Genesis Shifley Blouse (R1499) en Shifley Shorts (R1299, Poetry)
Safari Coastal Print Pants (R449) en Coastal Print Shit (R449, Miladys)
Striped Palazzo Trousers (R599) en Strappy top (R459, Zara)
Marlow barrel leg pants (R499) en Alice Peplum blouse (R499, Ayana)
Aida Swimsuit (R1299, Poetry)
H&M Padded-cup tie-strap swimsuit – black/cream (R529, Superbalist)
Print Beach Sarong R249, Woolworths
Abstract Square Satin Scarf R239, Woolworths
Floral Mono Sarong – Multi Sarong (R199, Edgars)
H&M Sarong – cream/black spotted (R279, Superbalist)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Hierdie 11 modebykomstighede trend nou
error: Content is protected !!