Hierdie 11 modebykomstighede trend nou

Al gewonder of die hangertjies en oorbelle wat jy dra steeds in die mode is? Loer hier na 11 modebykomstighede wat nou trend. Van gestapelde hangertjies en oorbelle met kurwes na gordels, borsspelde en ’n tikkie rooi – hier is sommer ’n hele klomp modebykomstighede op ons moet-koop lysie: Deur Justine Kroes

19/04/2024

1. Strikke en nog strikke

Teen hierdie tyd behoort jy al te weet, strikke is vanjaar ’n reuse tendens. Strikke op skoene, handsakke, in jou hare en selfs op juwele.

Hierdie strik-obsessie vorm deel van die groter “ultra-feminine” modetendens waar die fokus is op die kies van ultra-vroulike kledingstukke en bykomstighede.

Mango Bow Hairclip (R319)
Me and B Bow Brooch (R129)
Mango Bow Hairclip (R319)

Van oorbelle na hangertjies en haarbykomstighede – die stylvolle strik is hier om te bly.

2. Minimalisme met kurwes

“Sculptured minimalism” is dié juweel-tendens waar skoon simplistiese juweliersware lyk na iets soortgelyk aan ’n modebykomstigheid beeldhoustuk. Die meeste se vorme het dramatiese ronde kurwes nes ’n kontemporêre beeldhouwerk.

Zara Metal Choker Necklace (R599)

Die gewildstes hier is die “teardrop” of druppelvorminge oorbel. Ringe, halssnoere met kurwes en bonkige armbande om jou pols is nog voorbeelde van die tendens.

Zara Teardrop Hoop Earrings (R399)
Mango Oval Volume Earring (R429)
Woolworths Tear Drop Earrings (R159)

3. Gestapel

“Layered necklaces” is ’n gunsteling modetruuk wat enige uitrusting dadelik kan ophef. Dra verskillende metale saam vir ’n dramatiese “mixed metals” effek.

Stapel jou eie halssnoere in verskillende lengtes rondom jou nek – of koop ’n halsnoer waar die hangertjie gedeeltes reeds saam gestapel is.

Poetry 3 Pack Pendant With Discs Necklace (R249)
Mango Long Triple Necklace (R429)

4. Moderne pêrels

Dink aan pêrels, maar modern (en steeds vroulik). By ’n onlangse Witchery winkelopening het die Country Road Groep se nasionale handelsbestuurder Zoelva Brewer genoem dat een van die gewildste juweel-trends op hul radar vanjaar pêrels is. Maar nie net ’n doodgewone string pêrels nie, pêrels gemeng met ander metale en interessante vorme, moderne ontwerpe en silhoeëtte daarby.

Witchery Molten Pearl Neklace (R2 599)
Mango Mixed Earring Set (R429)
Witchery Molten Pearl Drop Earring (R1 199)

5. ’n Tikkie rooi

As jy die Stylvol mode-artikels dophou, behoort jy te weet dat die “pop of red” stileertruuk nou gewild is. Lees meer hier:

Kies ’n slag ’n rooi bykomstigheid om jou voorheen (dalk vervelige) uitrusting verhef en modieus te laat lyk. Vanaf  sonbrille, handsakke, skoene tot selfs stopstraat rooi sykouse!

Me & Be Red Tights (R299)
Me & Be The Hawaii Sunglasses (R399)

6. Bonkige armbande

Verruil jou dun fyn armband vanjaar vir ’n bonkige armband, ook bekend as ’n “cuff” wat ’n duidelike stelling maak. Hierdie bykomstigheid trend is die afgelope paar siesoene ’n mode moet-hê, wye bree armbande, net een of ’n hele paar gestapel om die onderste gedeelte van jou arm. Die gewildste is die “cuff” in metaalskakerings van goud of silwer in interessante vorme.

Witchery Molten Cuff (R1799)
Mango Metal Cuff (R799)
Witchery Wide Twist Cuff (R2599)

7. Gordels is groot

Darem praat ons nie nou van daardie vreeslike wye gordels wat ons tydens die 2000’s om ons heupe gedra het nie. Die gordel vir 2024 is bonkig en breed (amper meer korset styl). Dra die gordels bo oor jou baadjies, blazers of jasse vir winter.

Witchery Turn Back Belt (R1799)
Witchery Laser Cut Corset Belt (R2299)

Die ander gewilde gordel styl is dunner maar steeds vroulik en sjiek. Die dunner gordels word sommer so twee, twee saam gestileer.

Foto: Vogue Runway Michael Kors Ready To Wear 2024
Foto: Vogue Runway Michael Kors Ready To Wear 2024

8. Borsspeld

Die “brooch” is terug en ons is opgewonde oor dié een! Op modeloopplanke, insluitend Tory Burch, Jil Sander en Schiaparelli se vertonings, is die nederige borsspeld besig om ’n terugkeer te maak.

Foto: Vogue Runway Jil Sander Ready to Wear
Foto: Vogue Runway Tory Burch ready to wear

Van klein na reuse oorgroot borsspelde is dit tyd dat daar weer iets interessants op jou borskas pronk.

Country Road Margot Brooch (R999)
Zara Metal Torso Brooch (R549)
Zara Hands Brooch (R549)

9. 3-dimensionele blomme

Blomme bly ’n trend – dra dit om jou nek vasgebind of selfs in jou hare of as reuse blomoorbelle wat ’n stelling maak. 3-dimensionele blomme gaan (nes strikke) nog ’n ruk hier wees om te bly.

Mango Maxi Flower Crystal Choker (R599)
Mango Maxi Flower Choker (R429)
Zara Enamelled Floral Earrings (R499)

10. Uitstaan oorbelle

Die jaar van “statement” oorbelle, dink aan oorgroot, blink, en bonkig. Assimmetriese oorbelle (die een is nie soos die ander nie) is weer gewild. Oorbelle met gekleurde edelstene is nog ’n “stelling” oorbelstyl wat aandag sal trek.

Zara Multi Plate Earrings (R399)
Poetry Mismatched Asymmetrical Pendulum Drop Earrings (R199)
Poetry Chandelier Stone Drop Statement Earrings (R199)

11. Muntstukke

Hierdie een is nie noodwending nuut nie en ’n tendens wat elke paar jaar terugkeer. Muntstuk-juwele (silwer en goud gemeng) word deesdae op “charm” armbande gedra of as deel van ’n gestapelde halssnoerstel.

Zara Pack of 2 Coin bracelets (R499)
Zara Chain Link Coin Necklace (R499)
Bare Threads Fashion Roman Arc Coin Necklace (R229)

Wenk: indien jy nie al deur die jare jou eie muntstuk juweelitem aangekoop het nie, loer gerus in jou Ma of Ouma se juweelkissie, jy mag dalk ’n skat vind!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Milanse modeweek; die vreemdste en 10 drabare trends volgens Katinka en Lena-Lisa
error: Content is protected !!