Kreatiewe idees vir jou Paasfees-‘brunch’

Kreatiewe en uiters-talentvolle dekorstilis, kunshoof, en voormalige tv-aanbieder Carin Smith het vir ons die perfekte Paasfees-inspirasietafel vir ’n Paasfees-brunch gedek. Dink aan ’n stylvolle aardse kleurpalet met lae op lae teksture, ‘maklik-mooi’ kosidees en kreatiewe doen-dit-self handwerkitems van die craft koningin Carin self. Loer hier hoe om met jou ‘brunch’ Paasfeestafel ’n ontspanne atmosfeer te skep waar familie en vriende luilekker saam kan kuier.

Stilering/crafty makes: Carin Smith volg haar op Instagram hier @carinmakes

Fotograaf: Jan Ras volg vir Jan op Instagram hier @janphoto

Verwerk deur Justine Kroes

08/04/2022

Borde van Mervyn Gers, servette van Mr Price Home

Carin se Paastafel-wenke:

Carin deel haar slim en kreatiewe idees (daarby sakpas ook!) vir ’n pragtige Paasfees

Meng en pas:

Moenie bang wees vir meng en pas en om met lae te speel nie. Gebruik verskillende teksture en ’n natuurlike ‘subdued’ kleurpalet om ’n rustige tafelatmosfeer te skep waar kos en saamkuier die middelpunt is.

Ons het wit linne, kruie, gebleikte keramiekware en ’n tikkie mosterd en vaalgroen as tema gebruik.

Natuurlike takkies is gebruik om die middel van die tafel mooi te maak, maar dit dien ook ’n doel. Mooi en prakties – droë takkies tiemie hou ook die insekte weg, veral met so ’n buite-ete.

Dek elke plek so:

Dek elke plek asof dit ’n nessie op sy eie is. Doen dit met droë speserytakkies rondom jou borde.

Stapel jou eetgerei moeiteloos op mekaar en laat ’n geskenk van ’n koekie op elkeen se plek.

Om elkeen se plek nog meer spesiaal te maak, kan jy ’n foto van die gas op die bord plaas.

Maak seker dat  daar ’n wynglas en waterglas by elke plek gedek is.

Moeitevrye lekkerny:

Gebruik ’n winkelgekoopte wortelkoek en verander dit so: maak gebruik van ’n hasievormige koekie-drukker en probeer so netjies as moontlik die versiersuiker met ’n mes te verwyder om ’n hasie te onthul.  

Gebruik ’n koekiedrukker om hasievormige happies uit croissants te druk en sit voor met botter en kruie.

Maak jou eie eetbare paasfeeskrans (wreath) deur hot cross buns in ’n sirkel te pak en versiersuiker bo-oor te strooi.

Maak eenvoudige suikerkoekies en gebruik ’n koekie embosser of enige patrone bo op die koekie om dit mooi te maak. Psst: ons het hierdie oulike Paasfees-tema embossers hier opgespoor.

Carin se oulike doen-dit-self Paasfees idees:

Speserybordjie

Maak ’n interaktiewe klein speserybordjie vir twee uit lugdroë klei. Rol die klei uit en drapeer dit bo- oor ’n eierboksie tot dit droog is. Dit neem omtrent so omtrent 12 uur om heeltemal droog te word.

Paaskrans

In plaas daarvan om ’n duur paaskrans te koop of te maak – hang ’n bossie gedroogde kruie of lourierblare soos hierdie een naby die tafel. Dis ’n pragtige kleur en ruik ook wonderlik.

Eierkelkies

Maak so jou eie eierkelkie: sny ’n eierboks oop en plak die eierholtes verkeerde kante aan mekaar vas met warm gom. Verf dit dan wit en rond af met ’n mooi klein stukkie kant.

Slim plan met gebreekte eierdoppe: Maak ’n verskeidenheid eiers wat by jou tema pas en gebruik ’n eierboksie om dit uit te stal.

Eierkerse

Gebruik gebreekte eierdoppe wat skoongemaak is as ’n kershouer. Smelt ’n kers in ’n dubbelkastrol en giet die was netjies in die eierdop met ’n klein stukkie lont in. Jy kan selfs ’n bietjie sitronella-olie bysit om ongewenste goggas weg te hou.

Sementeiers:

Gebuik ’n eierdop om ’n sementeier te maak. Giet die sementmengsel in ’n byna heel eierdop en wag tot dit droog is voordat jy die eierdop afskil.

Natuurlike kleur met eiers

Kook jou eiers in ’n borrie (turmeric) watermengsel. Wanneer die eiers gekook is, kraak die dop en kook vir nog ’n rukkie. Wanneer jy die dop afhaal sal jy ’n marmer borrie eier hê. En dit is natuurlik nie net mooi nie, maar ook heeltemal eetbaar.

Jy kan ook rooi ui gebruik vir ’n pienk effek of selfs beet vir ’n pers eier probeer.

Verf dit!

As jou kunstigheid roep; verf ’n eier met ’n dun lagie wit verf, moenie bang wees vir speels wees nie en verf ook ’n hasie op een.

Lees ook:

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
georganiseerde tuiskantoor
’n Georganiseerde tuiskantoor vir georganiseerde denke
error: Content is protected !!