Vergeet van vervelige winternaels; saam met die helder mode is helder naels (ja, vir winter) ook groot nuus. Toemaar naak en donker skakerings is ook in. En hier is kundige raad vir naelsorg gedurende die winter ook. Deur Suzanne Kotzé
24/05/2022
Wat is die gewildste kleure vir winternaels?
“My kliënte is nie meer gepla om naelkleur volgens seisoen te kies nie. Ek sien alles van pastelle tot donker kleure. Helder kleure is ook saam met die helder mode in. Nadat Bio Sculpture hulle Live Life Loudly versameling bekendgestel het, waag my kliënte ook al hoe meer met helder skakerings,” vertel Nadia Stroh van The Nail Art Room in Stellenbosch.
Donker kleure soos rooi of diep skakerings van maroen is gewoonlik gewilde keuses, maar hierdie winter vra baie meer mense vir ‘nude’ of ligte, deursigtige kleur as ooit van te vore. Helder kleure, veral wanneer die son ook lekker skyn, is ook gewild. Alhoewel dit nie so gewild is soos gedurende die somer nie,” sê Tania Biddle van Biosculpture.
Winternaels-inspirasie
Rooi en donker kleure
Neutrale kleure
Winter hand en naelsorg-wenke
1. Naelvlies-olie is ’n moet.
“Elke aand voordat jy gaan slaap. Dit is veral belangrik gedurende die winter wanneer ons hande droër is.” Nadia Stroh.
2. Bevogtig, bevogtig, bevogtig
“Die winter is hard op ons vel en naels. En ons moet opmaak vir die verlies aan vog. Wend Bio Sculpture Hand Cream (R110, biosculpture.co.za) daagliks aan en Bio Sculpture Hand & Body Butter (R180, biosculpture.co.za) aan net voordat jy gaan slaap,” is Tania se raad.
3. Skilfer af
“Skilfer een keer per week af met Bio Sculpture Apricot Kernel Scrub (R110, biosculpture.co.za of Potpourri Salt Scrub (R180, biosculpture.co.za),” beveel Tania aan.
10% afslag by Bio Sculpture se aanlynwinkel vir Stylvol vriendinne
Bio Sculpture het spesiaal vir Stylvol vriendinne ‘n “Winter bundle” bymekaargesit waar jy produkte vir jou jou winter hand- en naelsorg self kan kies.
Kliek op die pienk blokkie en gebruik die kode stylvol10