vakansiehare
vakansiehare

10 Beste vakansie-haarsorgwenke

Ons gaan self hierdie vakansie-haarsorgwenke moet gebruik. Tyd in die son en swem, is beslis waarmee ons ‘n lekker Desembervakansie assosieer, maar dit is nie altyd die beste vir ons hare nie. Deur Suzanne Kotzè

02.12.2022

Haarkappers steek maar te gereeld voor en na somervakansie vir ons preke af, want ons spandeer soveel tyd en geld aan ons hare, net om met droë hare terug te kom van vakansie af.

Beste vakansie-haarsorgwenke

1. Maak jou hare met kraanwater nat voordat jy swem.

Hierdie is een van die beste wenke wat ek lank gelede nog by Shelene Shaer van Tanaz Hair gekry het. Jou hare is soos ’n spons en as dit klaar vol kraanwater is, sal dit minder swembadwater kan absorbeer.

2. Kies salonprodukte

“Maak altyd seker jy gebruik die regte salonprodukte wanneer jy jou hare versorg.

Professionele haarprodukte bevat die regte bestanddele om jou hare genoeg vog en proteïene te gee,” is Francois van der Walt, Tosca Salon, Tygervallei se raad.

3. Sit vog terug met ’n masker

Sout- en of chloorwater droog ons hare vreeslik uit. “Gebruik ten minste een of twee keer per week ’n bevogtigende masker vir jou hare,” sê Francois.

Francois se gunsteling masker is Joico K-Pak Hydrator R610, labelle.co.za), wat die hare lekker sag maak.
Ons sê probeer ook: Inoar +Amor-Sódio Treamtent Mask (R610, inoar.co.za)
Schwarzkopf Bonacure Moisture Kick Treatment (R420, uitgesoekte salonne of retailbox.co.za)

4. Spoel jou hare af na swem

Francois sê: “Sodra jy klaar geswem het, spoel jou hare af met skoon water of sjampoe as jy kan. Dit sal sal verhoed dat die hare uitdroog of groen raak.”

Ons het onlangs hierdie Label.m Sun Edition After Sun Cleanser (R160 vir 60ml, haircare.co.za) ontvang en dit bly sommer in die strandsak. Ek probeer soms om sommer by die strandstort gou hare ook te was. Baie keer gaan ’n mens nog iewers anders heen na ’n stranduitstappie en dan sit jy heeldag met hare wat droog word. Die sjampoe beskerm ook jou hare teen UV-strale en help dat jou kleur mooi bly.

5. Beskerm jou kleur met ’n spesiale sjampoe en opknapper

Gebruik ’n sjampoe wat vir gekleurde hare bedoel is. Jy kan ook ’n “lock-in leave-in spray conditioner” gebruik voordat jy begin hare droog maak,” beveel Francois aan. Francois se gunsteling is Schwarzkopf Professionals Color Freeze Spray Conditioner (vanaf R365, by uitgesoekte salonne).

6. Tref voorsorg

“Om te keer dat jou hare uitdroog as jy swem, wend haar-olie soos Schwartzkopf Professional Barbary Fig oil (R460, uitgesoekte salonne en labelle.co.za) aan voor jy swem,” sê Francois. Dit help ook keer dat jou hare koek.

Ons wenk: As jy nie haar-olie het nie, kan jy ook ’n ‘leave-in conditioner’ gebruik.

7. Maak ’n hoë bolla

Justine hou nie daarvan dat haar hare en haarverlengings nat word nie, en maak gewoonlik ’n hoë bolla.

8. Druk jou hare liggies droog

As jy nie jou hare kan afspoel nadat jy geswem het nie, druk dit liggies droog sodat jy soveel moontlik van die swembad of seewater uit jou hare kry. ’n T-hemp werk wonderlik hiervoor (pleit onskuldig as jou man wil weet hoekom sy T-hemp so nat is)

9. Inbly opknapper

Spuit ’n hidrerende inbly opknapper (leave-in conditioner) in nadat jy geswem het.

Probeer

Indola Hydrate Conditioner (R220, labelle.co.za)
Redken Acidic Perfecting Concentrate Leave In Conditioner (R610, labelle.co.za) Wonderlike vir blondines of beskadigde hare!

10. Neem ’n breek van hitte-stilering

Pak weg jou haarysters en krultange en gee jou hare ’n hitte-breek. Jou hare is waarskynlik reeds meer droog en hitte-stilering sal net nog meer skade aanrig.  Werk met jou hare se natuurlike tekstuur vir ’n ontspanne vakansie-voorkoms.

Ons is gaande oor Authentic Beauty Concept Nymph Water Salt Spray (R440, uitgesoekte salonne of haircosmetics.co.za) vir die strandhare voorkoms. Dit gee die voorkoms, sonder die sout van die see wat jou hare beskadig of daardie harde gevoel.

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
retinol
Alles wat jy wil weet oor Retinol
error: Content is protected !!