Is jou handsak piepklein of oorgroot, dra jy dit onder die arm of oor jou lyf gekruis? Het jy al ooit gewonder of jy die regte handsak vir jou lyfvorm kies? Lees hierdie wenke en kies die regte handsak om jou lyfvorm te vlei. Deur Justine Kroes
Omgekeerde driehoek
As jou skouers groter as jou heupe is, dan is jy ’n inverted triangle of ’n omgekeerde driehoek.
Jy wil liefs nie aandag na die groter bodeel van jou lyf trek nie – kies eerder kruislyfsakke wat rondom jou middel hang of palmtasse wat jy langs jou heupe dra. Vermy groot, onder-die-arm handsakke en verskuif daardie gewig na jou middel of heupe toe.
Peervormige of Driehoek-lyfvorm
As jou middel en skouers kleiner is as jou heupe, is jy ’n peervorm
Jy wil liefs nie aandag trek na jou heupe nie, kies handsakke wat die aandag vestig op jou skouers en borsgedeelte, jou handsakbandjies moenie laer as jou jou middelyn wees nie. Kies eerder skouersakke, bucket bags en belt bags wat jy sommer so skuins oor jou bors kan dra. Bly weg van byvoorbeeld oorgroot, bonkige sakke met ’n slouch ontwerp. Die sak hang reg daar waar jy die meeste gewig dra, wat net meer volume rondom daardie area skep.
Reghoekige lyfvorm
As jou skouers, middel en heupe dieselfde wydte is, dan is jy ’n reghoek.
Die doelwit met jou handsak sal wees om sagte kurwes op jou reghoekige figuur te skep. Vermy handsakke met reghoekige boxy ontwerpe en kies eerder ronde sakke of slouchy style. Dink aan sagte leer en hobo handsakstyle.
Appel-lyfvorm
As jou middel groter as jou heupe en skouers is, dan is jy ’n appel-/sirkel-/diamantvorm.
Vermy ronde sakke, kies handsakke met reghoekige definitiewe lyne en bly weg van ongestruktureerde sakke. Bly ook weg van moonbags, dit plaas spesifieke fokus op die maag of middelarea wat jy eerder wil vermy. Groter, harde leer tote-styl sakke is reg vir jou.
X- of uurglasfiguur
As jou skouers en heupe proporsioneel is en jy het ’n klein middel, is jy ’n uurglas of X-lyfvorm.
Jy is een van die gelukkiges wat die meeste van die handsakstyle daar buite kan probeer, die truuk is net om nie een te kies wat jou gebalanseerde liggaamsvorm sal beïnvloed of heeltemal toemaak nie. Onthou, crossbody bags kom om die lyf, so indien jy ’n uurglas liggaamsbou het (breër heupe), dan wil jy dit skuins voor of skuins agter laat rus sodat dit nie ekstra breedte / gewig byvoeg aan die kant nie