Van slegs ’n tikkie rooi tot meer waaghalisige of klassieke kleurkombinasies kan jy jou voorkoms opdateer om rooi van klassiek tot koel te neem die jaar. En nee jy het nie ’n nuwe klerekas hiervoor nodig nie. Deur Suzanne Kotzé
Gebruik die rooi wat jy reeds het

Hierdie is ’n punt wat ons nie genoeg kan beklemtoon nie. Rooi is nie ’n nuwe ‘trend’ nie. Kyk bietjie wat jy reeds het, en meng en pas dit op ’n nuwe manier. Jy het dikwels nie nuwe klere nodig nie, maar deur bloot slim te meng en pas, kan jy ’n magdom nuwe uitrustings skep.
Dink nuut oor kleurkombinasies
Rooi en rooi

Onthou die goue geheim agter monokromatiese uitrustings, meng verskillende teksture om jou uitrusting diepte te gee.
Rooi en bottergeel

Bottergeel bly een van die in-kleure die jaar. Meng gerus van die bottergeel wat jy dalk laasjaar aangeskaf het met rooi.
Rooi en olyfgroen

Olygroen, pistasiegroen, khaki en selfs ment, maar bly liefs weg van donkergroen om te keer dat jy soos ’n Krismisboom lyk.
Rooi en bruin

Met bruin wat die afgelope twee jaar al ’n groot modekleur is, het ons beslis ’n hele paar bruin items om mee te meng en pas. Bruin laat baie van ons dalk aan winter dink, maar deur rooi hiermee te meng, kan jy dit ’n meer somerse gevoel gee.
Rooi en pers

Lila en pers en self pers en rooi is ’n nuwe kleurkombinasie waaroor ons gaande is. Dit is onverwags, maar ook nie te vreemd nie, want blou en rooi gaan immers mooi saam.
Rooi en ligblou

’n Klassieke staatmaker ligblou hemp, saam met ’n rooi wyepypbroek of romp bly van ons gunsteling maniere om rooi en blou saam te stileer.
Rooi en pienk

Verskeie pienk skakerings werk lekker saam met rooi. Verkies jy egter om minder van ’n stelling te maak, is ligpienk of stofpienk saam met rooi ’n goeie keuse.
Rooi en grys

Gee wintergrys ’n energiehupstoot met ’n tikkie rooi.
Mooi net met ’n tikkie rooi
As rooi vir jou te oordadig is, oorweeg net ’n subtiele spatsel kleur.
Oorgroot handsakke in rooi

Rooi jellieskoene

Plakkies
Wie sou dink dat die ‘visplakkies’ weer groot mode sal wees! In rooi is dit so reg in die kol.

Keps

Sykouse of sokkies
‘n Maklike en goekoop manier om ‘n tikkie rooi by jou uitrusting te sit is met sykouse of sokkies.

Wenke om rooi te dra
As jy rooiheid in jou gesig het, is ’n broek of romp ’n maklike keuse.
Rooi is nie net vir maksimaliste en kleurliefhebbers nie, net ’n eenvoudige tikkie rooi soos keps of skoene, kan steeds meer minimalisties of klassiek lyk.
Dra rooi met selfvertroue, anders dra dit jou.
Rooi kopies

Firebird Loose Track Pants (R1699, Adidas)




Foschini Draped Long Sleeve Off The Shoulder Dress (R599, Bash)


Foschini Flared Hem Button Detail Dress (R799, Bash)
















