Wyepyp denims is een van 2026 groot modetrends, een waaroor ons nie kla nie. Dit is gemaklik, voel moeiteloos cool en kan selfs die eenvoudigste uitrusting onmiddellik meer modieus laat lyk.
Maar daar is een klein probleem: Hoe dra jy al daardie materiaal sonder om te voel asof jou denims jou dra in plaas van andersom?
In hierdie artikeldeel gesels ons top wyepyp denim stileerwenke, asook wenke van mode en stylkenners. Van watter bostuk tot die regte skoenkeuse plus hoe om dit reg te stileer. Deur Justine Kroes
10 Wyepyp denim stileerwenke
1. Hoë-middel wyepyp denims is ‘n moet
Stylkonsultant en modekenner Annelize Kotze van @alookandfeel op Instagram meen “’n wyepyp denim lyk veral vleiend as dit hoog in die middel pas (kyk uit vir ’n denim wat sê high waisted). Dit verleng dadelik die bene en op enige liggaamsbou eof lyfvorm is dit ’n wen.

Suzanne stem hiermee saam: “Jou denim moet op di dunste deel van jou maag sit. Ek sou eerder ’n denim kies wat effens te los sit wat jy kan optrek sodat dit by jou regte middel sit. Mens kry ook denims wat kan verstel om jou middel, soos Levi’s se Cinch Baggy jeans en Me&B se Turn Up Stretch Jean”.
2. Hou jou bostuk meer noupasssend
Die geheim lê alles in balans en proporsie. Omdat wyepyp jeans reeds volume aan die onderste helfte van jou lyf skep, is die sleutel om elders in jou uitrusting ’n bietjie struktuur te skep.
Stylkonsultant en modekenner Jeanine Theron @transformed_by_jeanine op Instagram se wenk: As jy ’n stywe of noupassende hempie by jou wyepyp denims dra, sal ek voorstel dat jy fokus na jou boonste gedeelte toe bring, dalk met ’n mooi serpie of ’n cardigan oor jou skouers, ’n blazer of selfs ’n bomber baadjie wat nou baie in die mode is, om die wye pype aan die onderkant uit te balanseer”.

3. Gordel om jou middel vir ekstra definisie
Beklemtoon jou middel om daardie gewenste uurglasfiguur te skep. ’n Gordel om jou middel mag dalk na ’n klein detail lyk, maar dit kan die proporsies van ’n wyepyp denim uitrusting heeltemal verander.
Dit definieer nie net jou middel nie, maar rond ’n uitrusting netjies af. ’n Tydlose leergordel bly altyd sjiek, maar selfs groter en bonkige gorldels met dramatiese gespes is tans gewild.
Suzanne stem saam, haar wenk:
“Dra ’n gordel wat uitstaan in ’n ander kleur as jou denim, hierdie truuk werk lekker om meer aandag na jou middel te trek”.

4. Die “tuck” is jou beste vriend
Jeanine Theron sê “’n Wide leg denim lyk vir my veral mooi as jy ’n sagte, vloeiende bloes daarby dra. Dit balanseer die wye pype van die denim baie mooi uit, dit is wel ’n moet om die bloesie in te steek, dit definieer en skep dadelik die illusie van ’n middel. Hierdie werk veral goed op die regaf/reghoekige lyfvorms”.
Daar is natuurlik verskillend tipes insteekopsies, die front tuck, die full tuck, die half tuck asook die side tuck. Vind een wat vir jou kledingstuk en lyfvorm werk.
Hierdie insteek stileertruuk skep ’n visuele breek tussen jou bostuk en jou wyepyp denims en help om jou liggaamsvorm te definieer.
5. Kies interessante sokkies
“Ek is mal daaroor om mooi sokkies te dra by my wyepyp denims. Ek verkies sykoustipe sokkies met ’n patroon op. Dit is soos ’n verrassing as jy jou bene kruis en die sokkies wys” Suzanne.
6. Probeer ‘n manlike silhoeët
Suzanne sê: Ek hou daarvan om ’n meer manlike silhoeët te skep saam met wyepyp denims, deur tradisionele meer ‘manlike’ items soos ’n baadjie of kraaghemp te dra hierby. Omdat ek reeds groter is, is ek versigtig om hierdie items nie te bulky te kies nie, eerder ’n jas of baadjie wat nouer pas as byvoorbeeld ’n oorgrote boyfriend blazer. Ek hou ook daarvan om van die items te kies wat manlik is met ’n ‘vroulike twist’. Soos ’n kraaghemp, maar met borduurdetail. Of ’n sy of kant kamisool onder ’n baadjie of bomber.”
7. Wees bewus van die lengte van jou baadjie/ jas
Wyepyp jeans en ’n oorgroot baadjie kan soms ’n bietjie te veel volume op een slag skep. As jy van ’n ontspanne, oorgroot voorkoms hou, kan jy beslis albei dra, maar hou wel die lengte van jou baadjie in gedagte
Kies ‘n cropped baadjie

’n Korter leerbaadjie, korter trenchbaadjie, denimbaadjie of bomberbaadjie lyk so stylvol by jou wyepyp denims werk omdat dit die fokus terugbring na jou middel en balans skep in jou uitrusting, vertel stylkonsultant en modekkenner Jean-Mari Hellig @jeanmarihelligimage op Instagram.
Kies ‘n langer lengte jas

“Dit bygese, indien jy graag ‘n jas by jou wye pyp denims dra, maak seker dit is lank genoeg, ‘anderste hang’n jas wat eindig by jou knie, met ekstra volume van die wye pyp wat dan onder uit steek lyk net vreemd is Jeanne-Marie se wenk.
8. Kies die regte skoene
Die regte skoene kan die proporsies van jou hele uitrusting verander, al die stylkenners stem hiermee saam.
“Die regte skoene by jou wyepyp broek is baie baie belangrik en kan die proposies van jou uitrusting verander, ’n puntskoen lyk baie mooi met ’n wyepyp broek, veral as hy langer is, en skep ’n illusie van lengte, deel Jeanine”
Annelize stem hiermee saam
“mens moet verkieslik noupassende slim-line skoene aantrek by jou wyepyp broek. Skoene wat te bonkig is soos ‘n clogstyl skoen byvoorbeeld, laat die hele uitrusting swaar lyk.”

Suzanne deel “Ek dra graag loafers, mules en slim line sneakers by wyepyp denims, sodat mens nie nog bulk onder by die wye broekspype voeg nie.”
9. Monokroom maak mooi
Om monokroom (een of soortgelyke skakerings) van kop tot tone aan te trek, hou vele voorkoms voordele in, en is ’n eenvoudige stileertruuk om jou dadelik langer, slanker en sommer net meer sjiek en stylvol te laat lyk vertel Justine.

“Probeer donker denim met ’n donkerblou of swart bostuk, of ligte denim saam met ’n ligte of dieselfde skakering denim bostuk. Wanneer jou uitrusting binne ’n soortgelyke kleurpalet bly, skep dit ’n langer, aaneenlopende visuele lyn.”
Jy kan dan kontras en tekstuur byvoeg met jou skoene, handsak of juwele.
10. Gee aandag aan denim lengte
Die verkeerde lengte kan wyepyp jeans lomp eerder as moeiteloos stylvol laat lyk. ’n Vollengte denim wat net-net die grond raak (nie op die vloer sleep nie), of ’n effense “cropped” weergawe is lengtes om te kies.
Met ’n vollengte paar behoort die soom naby die grond te val sonder om te sleep. As jy beplan om jou jeans met hakke te dra, oorweeg dit om dit spesifiek vir daardie hoogte te laat korter maak.
“Vir die elke-dag-dra wyepyp denim verkies ek ’n “cropped” weergawe, ek is ’n ware millennial en die klein bietjie enkel wys lyk vir my vleiend. Die “cropped” denim is dalk ’n goeie “beginner” opsie vir die wat huiwerig is om die wyepyp te probeer. Minder materiaal voel minder oorweldigend, vertel Justine”.
So werk die wyepyp denim vir jou lyfvorm:
Stylkenner Jeanine Theron se wyepyp denim raad vir elke lyfvorm:
Peervorm/A Vorm 🍐:
’n Wyepyp denim is die perfekte denim om die heupe van ’n peervormige lyf in balans te bring sê Jeanine. Stileer dit met ’n sagte, vloeiende bloes, een met pofmoue of horisontale strepe om volume and aandag te vestig op nouer skouers. Hierdie truuk balanseer jou proporsies.
Reghoekvorm:
Die wyepyp broek is ideaal om die illusie van kurwes te skep wanneer jy jou middellyf beklemtoon. Stileer dit ook met ’n sagte vloeiende bloes.
Uurglas/ X ⏳:
Werk wonderlik, mits jy jou middellyf beklemtoon met ’n ingesteekte “tuck” of korter top.
V-liggaamsvorm:
’n Wyepyp denim help om jou breër skouers en groot borste uit te balanseer deur meer volume aan die onderlyf te skep. Hou die bokant eenvoudig en kies sagte materiale of ’n V-hals om die skouers minder prominent te laat lyk is Jeanine se raad.













