Ken julle ook die gevoel – denims aanpas, die aantrek, uittrek, gesweet en gesworg totdat jy naderhand tou opgooi en maar die winkel verlaat sonder een? Ons ken dit beslis! Kundige voorkomskonsultante en kenners Lizanne Anderson en Simone Lombard deel hul beste wenke om in gedagte te hou wanneer jy denim inkopies doen PLUS hoe om die regte denim vir jou lyfvorm te kies. Saamgestel deur Justine Kroes
30/09/2022
7 Wenke om in gedagte te hou wanneer jy denim-inkopies doen
1. Fokus net op denims koop:
Omdat denim aankope dalk ’n tydsame uitstappie mag wees– gebruik die uitstappie winkel toe NET om die regte denim te soek. As jy die proses afjaag kan jy net nog meer gefrustreerd te raak. Lizanne
2. Waarvoor gaan jy die denim dra?
Gaan die jeans deel vorm van jou werksdrag, daaglikse geleenthede of uitgaan? Ligter jeans is meer casual en donker denims is meer formeel. Simone
3. Probeer ’n hoë middellyf denim:
Probeer gerus ’n mid/high-rise denim – jy sal verbaas wees hoe gemaklik hulle kan wees, hoeveel jare die styl van jou ouderdom wegneem en hoe hulle jou langer kan laat vertoon. Lizanne
4. Jy moet kan beweeg:
Bend and snap in die aanpaskamer. Buk en squat. BEWEEG! Gaan sit. Jy moet gemaklik wees! Onthou as jy ’n ‘sagte’ denim koop; dit rek gewoonlik uit na ’n ruk van te veel dra en was. Koop dalk eerder dan ’n kleiner nommer.

5. Sakke op jou boude:
Maak seker jy kan 3-4 vingers tussen die boud sakke inpas. As die sakke meer as 5 vingers van mekaar af weg is, sal dit jou boud-area wyer laat vertoon. Lizanne
Die hoogte en grootte van die sakke op die boud-area maak saak.
Hoër sakke gee vir jou boude wat ronder lyk;
Laer sakke gee boude wat platter vertoon
Groter sakke gee boude wat kleiner vertoon;
Kleiner sakke gee boude wat groter vertoon.
6. Lengte is belangrik:
Die lengte van ’n denim wat lekker werk met die meeste skoene is die wat reg op jou enkelbeen eindig of net-net bokant jou enkelbeen sit. Lizanne
Simone se raad:
Noupassende denims moet net bo jou enkels stop.
Bootleg- en flare-denims: moet amper tot op die grond hang – slegs jou tone moet wys!
’n Culotte moet jou enige plek tussen die middel van jou kuit en net so bo die enkel vang. Vermy ’n broek wat jou op die grootse deel van jou kuit sit.
Reguitpyp-broek moet net by jou enkel stop
Kêrelsnit-denim: omdat die pype opgerol word, kan hy jou bo die enkel vang.
7. Moet nie moed verloor nie;
Hoe meer denim-aankope jy doen (aanlyn of in-die winkel), hoe meer leer jy watter winkel se denims werk die beste vir jou lyfvorm en daar IS ’n winkel daarubuite wat die regte denims vir jou lyfvorm het! Lizanne.
Kies so die regte denim vir jou lyfvorm:
Simone sê: kies die denim wat die beste by jou liggaam gaan pas. Onthou ons deel net riglyne, as jy gemaklik en goed voel in ’n denim, werk dit vir jou!
Omgekeerde driehoek of V lyfvorm

Lizanne verduidelik; Jou skouers en borsmates sal groter wees as jou heupmate.
Die omgekeerde driehoek-lyfvorm moet denims kies wat volume sal bysit by hulle heuparea.
Wyerpyp denims, “flare” denims, denims met detail op die heuparea (in die vorm van sakke voor en agter, stylvlekke, studs/pêreltjies) werk goed vir hulle lyfvorm.
Jy moet probeer om jou borsarea uit te balanseer deur daai ekstra volume by die onderste deel van jou liggaam by te voeg.
Wees verstigtig om dit nie te oordoen nie en te veel volume by te voeg nie. Gewoonlik in die vorm van tapered denims, paperbag denims, ens. Hierdie style sal net jou liggaam wegsteek.
Driehoek of A lyfvorm

Jou heupmate is groter as jou borsmate,
As jy ’n driehoekige lyfvorm het, kies ’n reguit of wyepyp denim wat goed sit op die heupe, maar dan reguit van die heupe na die voete toe vloei. Hierdie sal ’n verlengende effek skep, die aandag van die heupe af wegneem en daarby jou groter heupe uitbalanseer.
Bly liefs weg van te veel detail op die heupe, in die vorm van groot sakke, sakke voor op die denims, studs en gevlekte strepe op die heuparea. Dit sal net meer aandag trek na die wydste deel van jou driehoekige lyfvorm. Bly ook weg van denims wat op die heupe sit, is Lizanne se raad.
Reghoek

Jou heup-, bors- en middelmates is almal min of meer dieselfde.
Lizanne sê: Kies ’n denim wat nie te veel volume bysit onder by jou heuparea nie, maar tog steeds vleiend is vir jou lyfvorm.
Reguitpassende, “high/mid-rise” denims sal die heel beste lyk aan jou, want hierdie tipe denim sal help om ’n middellyf te skep.
Bly weg van “flared“, “tapered” of “baggy” denims, wat weer te veel volume by die heuparea sal sit en niks vir jou lyfvorm doen nie.
Ligter denims is ’n goeie opsie, want dit sal daardie area groter laat vertoon.
Uurglas of X figuur

Jou bors en heupe mates is gelyk, en jou middel is goed gedefinieer.
As jy ’n uurglas lyfvorm het, is jy algeheel proporsioneel. Dit beteken jy kan wegkom met die meeste style denims: paper bag, tapered, skinny, straight leg.
Jou grootste doel is om jou uurglasfiguur te beklemtoon en nie weg te steek nie. “Higher rise” denims lyk spesifiek goed aan uurglas lyfvorms, want dit sal die middel nog meer definieer.
Gaan vir mediumgrootte sakke agter (nie te groot of te klein nie).
Appel figuur

Jou bors en heupe mate is min of meer dieselfde, maar jou middel is effens wyer as jou bors en heupe mate.
Jy lyk die beste met wye-pyp denims met ’n vloeiende effek – hierdie styl sal dit sal jou wyer middel uit balanseer. Detail op die sakke of bene van die denim sal ook daai ekstra volume by die heup area bysit wat nodig is om jou middel dan kleiner te laat vertoon.
Denims met ’n plat-voorkant en nie te “clingy” wees nie. Die appel lyf vorm weg bly van high-rise denims. Hierdie sal onnodig aandag trek na die groter middel, eerder as om dit te verberg. Probeer eerder mid-rise denims wat regoor jou naeltjie sal sit of net-net onder.
Lizanne Anderson

Volg vir Lizanne op Instagram hier @hellobeautiful_imageandstyle. Om Lizanne te kontak vir ’n styl en kleur konsultasie, klik hier..
My absoluut gunsteling winkels om denims te koop is Zara (veral vir high-waisted, mis-rise en vintage fits) en H&M. Trenery se denims is wonderlik en gemaklik.
Lizanne Anderson
Simone Lombard

Simoné Lombard is ’n stylkenner en voorkomskonsultant – bespreek jou stylanalise met Simoné by simlombardimage@gmail.com en volg haar op Instagram hier.
My gunstelinge winkels om denims by te koop is Cotton On – hulle het n wye verskeidenheid sizes en soorte. As ek myself mag bederf hou ek van Country Road se denims.
Simone Lombard