Kerskuns; van maksimalistiese dopamiene kerse tot neutrale geometriese vorms

Kerse is nie net meer iets wat jy aansteek vir lig nie, maar dit is behoorlik ’n kunsvorm wat ’n ontwerp-element op sy eie is. Dit is ’n maklike manier om ’n tikkie pret of styl by jou dekor te voeg. Deur Suzanne Kotzé‘

Kerse is beslis nie net meer ’n praktiese item wat lig gee nie. Dit is deesdae ’n kunsvorm, met kersmakers wat hul flair en kreatiwiteit uitdruk. Of jy nou dopamiene kerse in helder kleure verkies of meer minimalistiese skakerings met luukse geure.

Stal jou kerse uit

Kerse van Glo Candles

Hierdie mooi kerse wil beslis nie in ’n kas gebêre word en uitgehaal word as jy mense oornooi vir ete nie. Hulle wil raakgesien word. Voordat jy koop, dink aan hoe dit inpas by jou dekor en waar jy dit graag sal wil uitstal.

Rangskik kerse saam

Dink aan blomme in verskillende potjies wat saam ’n fokuspunt op jou tafel of ’n rak is. So ook kan kerse ’n fokuspunt wees. Rangskik verskillende kerse saam op byvoorbeeld jou tafel of ’n boekrak.

Minimalistiese styl

Onthou minimalisme gaan nie net noodwendig oor ’n neutrale kleurpalet nie, maar dat elke item intensioneel is. Jy sit nie net ’n kers neer om hom neer te sit nie, maar omdat dit by die spasie pas, of ’n doel het.

Foto en kerse Glo Candles.

Kerse in dieselfde kleurfamilie, of dieselfde kleur kerse saam gegroepeer, kan baie mooi lyk. So ook ’n kers in dieselfde kleurpalet as jou spasie (bv. sand of beige).

Aan die ander kant kan ’n kers ook ’n maklik manier wees om ’n spatsel kleur in jou minimalistiese spasie in te bring. Juweelskakerings soos donkergroen, wynrooi en okra kan goed saam met ’n neutrale palet werk. Maar soms is jy dalk moeg vir al jou neutrale kleure en is lus vir ’n helder, vrolike kleur. Dan is ’n kers (of blomme) een van die heel maklikste maniere om kleur in te bring.

Maksimalitiese styl

As jy ’n meer maksimalistiese styl het, moenie bang wees om kerse in verskillende vorms en kleure saam uit te stal nie. Kies kleure wat bots, of in dieselfde kleurfamilie is. ‘Curate’ dit saam met blompotte of beeldjies. Interessante kershouers kan dit ook nog meer ‘ekstra’ maak. Een groter helderkleurige kers kan egter ook ’n stelling op sy eie maak.

Doen dit self: versier jou kerse

Om kershouers te versier met strikkies of tossels is is op die oomblik ’n groot trend en ’n maklike manier om jou bestaande kershouers op te dateer.

Kyk net hoe mooi is hierdie tossels wat Gera de Wet gedoen het.

Die modewêreld se strik-obsessie het selfs ook oorgespoel na kerse met honderde Tik-Tok video’s en Instagram en Pinterest foto’s met kerse wat met strikke versier is. ’n Mens wonder wel net oor die brandgevaar hiervan.

Foto: Pinterest en Lovely Bride, Pinterest

Kerswenke

Okra Candle

Michelle Rust van Okra Candle gee dit volgende raad

Brandtyd

Om jou kers langer te laat brand/hou, steek jou kerse aan vir twee minute en blaas dit dan uit. Laat die kers afkoel vir ’n volle vyf minute, en steek dan weer die kers aan. 

Dit is beter om jou kers nie langer as twee ure aaneen te laat brand nie. 

Waks-verwydering

As jy kerswaks op klere of tafeldoeke gemors, sit ’n bruin papiersak oor die aera en stryk daaroor.

Gebruik benzine om kerswaks van vloere of meubels te verwyder. 

Kerse op ons kooplysie

Gear Medium Candle in Dani Green Okra Candles
Archie Candle (voor, R159), Dinner Candle (R159) en Steps Candle (R259) Glo Candles
Tuscan Pillar Candle (vanaf R225, Half of me)
Stacked Candle (Cinnamon Pear Scented, R165, knus.co.za)
That Skinny Bitch Neo Pink Set (R1 800 vir 20 kerse, en 10 herbruikbare marmer staander blokkies, thatskinnybitch.com)
Marble Pillar Candle, (R139,99, Mr Price Home
H&M Shaped pillar candle – blue (R239, Superbalist)
Modular Autumn Candle Stack – Medium (R900, Babylonstoren) Hierdie stel bestaan uit twee kershouers en drie kerse sodat jy kan rondspeel met hoe jy dit wil uitstal/gebruik)
The Jasper Hand-poured Sculpted Candle (R499, knus.co.za)
H&M Shaped pillar candle – beige (R239,Superbalist)
Magical Totem Hand-poured Sculpted Candle (R179, Knus)

Kreatiewe kershouers

Modular Candle Holder (R140 per stuk, Alkaline) Jy kan die kleure van die verskillende staanders kies en dit rangskis soos jy wil.

Eco-resin Mottled Curvy Candle Holder (R225, knus.co.za)
Alkaline Wavy U-Shaped Candlestick Holder (R299, yuppiechef.com

Country Road Fay Pillar Candle Holder (R1199, woolworths.co.za)
Egwarè Soapstone Ribbed Candle Holder (R499, @home en bash.com)
Knot Textured Candle Holder (R139,99, Mr Price Home)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Argitekte deel die 6 grootste aanbou foute
error: Content is protected !!