Jou handtekening het mag (ons dink immers twee keer voordat ons net iets teken). Net so ook jou geurhandtekening. Jou geur drentel en volg jou; en kan blywende indrukke laat. Deur Suzanne Kotzé
Promosie
Montblanc Signature Elixir; ’n olfaktoriese storie van krag en sensualiteit

Van die heel eerste spuit af trek Montblanc Signature Elixir aandag. Die geur open met ’n welige uitbarsting van rooi orgidee, ’n seldsame en eksotiese blom wat beide geheimsinnig en helder voel. Dis die soort noot wat jou intrek en laat wonder oor die storie.
Dan kom die hart: vanielje-absoluut, diep en omhullend, ryk aan warmte en tekstuur.
En dit is nie die suikeragtige soort vanielje nie; maar een wat smeul.
Die parfuummaker, Guillaume Flavigny, beskryf dit die beste: “In Elixir word die vanielje herbesoek in ’n kragtige en sensuele weergawe, danksy die werk van die harse wat hierdie warmte bring.
Basisnote van amberhout voeg diepte en gesofistikeerdheid by. Die fyngeur ruik terselfdertyd tydloos en modern.
Die geur straal selfvertroue uit, maar voel tog ook diep persoonlik. Soos sy op ink.
Die pragtige rooi bottel

Die ontwerp van Signature Elixir vertel sy eie storie van kunstigheid en gewaagde vroulikheid. Die rooi glas voel soos gebottelde vuur; sterk, warm en helder. Die elegante kurwes vang die lig en skep ’n spel van weerkaatsings wat die geur se sensuele kontraste weerspieël.
Die swart doppie versier met die goue Montblanc-embleem, gee dit ’n gevoel van stille luuksheid.
Die Signature geur-evolusie

Montblanc Signature Elixir sluit aan by ’n groeiende familie van geure, wat elk ’n ander faset van die Montblanc-vrou verteenwoordig.
Die oorspronklike Montblanc Signature Eau de Parfum is bekend vir sy skoon, muskusagtige vanielje reuk; ’n geur wat saggies praat, maar ’n blywende indruk laat.
Toe volg Montblanc Signature Absolue, ’n stralende en vonkelende interpretasie, alles goue lig en blom-amber helderheid.
Nou neem Elixir daardie storie tot sy mees intense uitdrukking; ’n meer gewaagde, sensuele hoofstuk wat die krag van vroulike identiteit vier. Dit is vir die vrou wat haar waarde ken en haar storie met ’n doel skryf.
’n Huldeblyk aan vroulikheid, sonder verskonings



In baie opsigte is Montblanc Signature Elixir meer as net ’n geur; dis ’n liefdesbrief aan selfuitdrukking. Net soos Montblanc se penne die vloei van denke op papier vasvang, vang Elixir emosie deur geur vas. Dis warm maar kragtig, verfyn maar passievol; ’n perfekte balans tussen intellek en aantrekkingskrag.

Om MontBlanc Signature Elixir te dra, is om jou merk te laat. Nie hierdie keer in ink nie, maar in die geheue. Want soos elke ware handtekening, word Montblanc Signature Elixir nie net gesien of geruik nie, maar gevoel.







