Jou haarkleur woordeboek: 25 moet-weet haarkleurtegnieke en -frases

Al die haarkleurtegnieke en wat dit beteken vir jou volgende salonbesoek sodat jy nie net hoef te knik en maak of jy weet waarvan jou haarkapper praat nie. En 2024 se kleurgonswoorde is ook hier. Deur Suzanne Kotzé

1. Amberglans

Foto: Wella Professionals Illumina Blush Amber

’n Skakering tussen aarbei-blond en koper-oranje. Dit is ’n warmgoue, bronserige kleur.

2. Baba ligstrepies:

Baie fyn lig-strepies wat die voorkoms van kinders se sonstrepies naboots. 

Foto: Pinterest

3. Basisbreking (base breaking) : 

Uitgroei vriendelike haarkleur natuurlike blonde
Foto: Kevin Murphy

Jou natuurlike kleur word ’n halwe tot een skakering ligter gemaak. 

3. Balayage:

Die Franse woord beteken ‘vee’ of ‘verf’, en haarkleur word aangeverf en dit skep gewoonlik ’n natuurlike, subtiele, songesoende voorkoms van donker (op jou haarwortels) na ligter (op jou punte). Dit was baie gewild so rondom 2016, maar die nuwe tipe balayage nou word baba-balayage genoem. Dit is maar net die meer subtiele weergawe. Gesmelte balayage (melted balayage) is nog ’n weergawe hiervan.

4. Bronde

Wella Professionals Lookbook Caramel Gloss Hair Glaze

Die vermenging van bruin en blond om ’n natuurlike songesoende voorkoms te gee; dit kan of meer blond of meer bruin lyk. Dit word gewoonlik verkry deur ’n tegniek soos balayage.

Duur brunette (Expensive brunette);

Wella Professionals Lookbook Transformative Toning Cognac

’n Bruin kleur wat natuurlik, glad en glansend lyk. Subtiele lae ligstrepies of balayage kan gebruik word om dit te verkry. Ook bekend as die ‘Louis Vuitton’ brunette. Hiermee word natuurlik na ’n bruin haarkleur wat ‘ryk lyk’ met verskillende skakerings en BAIE glans. *2024 kleurtrend

Fluweelrooi (velvet red)

Rooi is steeds groot nuus, en fluweelrooi is meer as net rooi, maar ’n rooi skakering wat spesifiek by jou veltoon aangepas word, hetsy jy ’n koel of warm ondertoon het. Onthou net die instandhouding van rooi is harde werk.

Foto: Matrix Instagram

Gesigraam:

ligstrepies word rondom jou gesig-area aangewend om die aandag op jou gesig of ’n area van jou gesig wat jy wil beklemtoon, soos jou wangbene, te vestig. Soortgelyk, maar meer subtiel as die ‘money piece tegniek. 

Glaseertegniek

Glazing:  ’n demi-permanente kleur wat uitwas na ’n paar wasse en soos ’n glansende bo-lagie is. (Die foto by Roosblone is ‘n voorbeeld hiervan.)

Ingeleefde blonde

Foto: Schwarzkopf Professional Blonde me

Lived-in blonde: Blonde kleur wat lyk asof dit ’n natuurlike uitgroei het (maar dit is natuurlik verkry deur ’n balayage kleur).

Karringmelkblond (buttercream blonde)

Romeriger en warmer as platinum/koue blond, maar nie so warm soos ’n goue blonde kleur nie, nog ’n 2024 kleurtrend.

Lae ligstrepes (lowlights):

Soos ligstrepies jou hare ligter maak, word kleur effens donkerder as jou natuurlike kleur gebruik om donkerder strepies in te sit. (en dit moet natuurlik glad nie streperig lyk nie, maar soomloos.)

Kleursmelt:

Verskillende kleurkombinasies, so natuurlik aangeverf dat dit lyk asof die skakerings inmekaar in smelt.  

Kontoering:

Soos met grimering word donkerder kleure gebruik om seker dele weg te steek en ligter kleure op dele wat jy wil beklemtoon. Jou gesigvorm sal bepaal hoe jou stilis die kleur aanwend. 

Money piece tegniek:

Foto: Joico

’n Ligter of helderder strook hare rondom jou gesig-area wat aangewend word nadat jou hare gekleur of gebleik is. Dit word verpersoonlik om jou gesig en gelaat te vlei. 

Ombre, 

Nog ’n Franse woord, beteken skadu of kleurskakering en gaan van donker na lig. 

Pikswart;

as ligstrepies en donkerstrepies nie vir jou is nie, is die eenkleur monokromatiese swart tans baie in; ’n 2024 kleurtrend

Roosblonde hare:

Een van 2024 se groot kleurtrends is perske en goue skakerings wat aangeverf word.

Foto: Wella Proffesionals

Sampioenbruin;

Die eintlike kleur die jaar is ‘porcini bruin’. Dit is die sagter, warmer weergawe van sampioenbruin, wat meer koud, as en grys is. ’n 2024 kleur

Foto: Schwarzkopf Professional Re-Rooted voorkoms.

Sone-skakerings 

(Zone toning) word gebruik ná ligstrepies of bleiking en slegs sekere dele van jou hare word geskakeer om variasie en diepte te skep. 

Sombré: 

die sagter, meer subtiele weergawe van ombré

Toon

(toning): ’n produk word aangewend nadat jou hare gebleik is om enige warm, gelerige ondertone te neutraliseer. 

Verheldering 

(illuminating) sommige dele word met baba-ligstrepies ligter gemaak en dan word die glaseertegniek (glazing) gebruik om die ligstrepies meer subtiel te laat lyk en jou natuurlike kleur meer glansend. Veral gewild onder brunette. 

Foto: Wella Professionals

Weeftegniek:

een van die oudste en mees gebruikte tegnieke, waar kleur deur jou hare geweef word deur fyn deeltjies van mekaar te skei.

Wortelsmeer 

Wella Professionals Lookbook Shinefinity Root Shadow Hair Glaze

Root smudge): kleur wat net ’n skakering of twee ligter of donkerder as jou natuurlik kleur is, word op jou wortelarea aangewend.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Herfskleure vir jou naels
error: Content is protected !!