Jou denimstylgids; plus die beste denimkeuses vir elke lyfvorm

Denim is seker een van die gewildste klerekas-stapelitems, dit bly tydloos, hou vir ewig en is super veelsydig met al die stylopsies beskikbaar. Maar met soveel snitte en style kan dit soos ’n voltydse werk voel om al die verskillende name en style te verstaan en nog moeiliker om een te vind wat jou lyfvorm goed pas.

Hier is jou ekslusiewe denimstylgids, met elke snit en styl verduidelik; plus die denim wat die beste vir jou lyfvorm gaan werk.  Ons hoop hierdie artikel help jou om die regte denim te vind. Deur Justine Kroes

06/06/2025

13 Denimstyle, jou denimstylgids; plus die beste denimkeuses vir elke lyfvorm

1. Noupassende denims Skinny Jeans

’n Noupassende styl van heup tot enkel, meestal gemaak uit ’n rekbare denim materiaal. Styfpassend om jou bene vir ’n slanke silhoeët.

Werk die beste vir: Uurglas, petite en atletiese lyfvorms. Wys kurwes en het die krag om korter dames se bene te verleng en hul langer te laat lyk.

Stileerwenk: Onthou om jou proporsies te balanseer, dra ’n meer lospassende trui, blazer of jas bo-oor jou noupassende skinny denim.

Forever New Ashley Mid-Rise Skinny Jeans (R899)

2/ Regaf denims/ Straight-Leg Jeans

Hierdie denimstyl is regaf/reguit gesny van heupe tot soom. Dit is minder styfpassend as jou skinny denim maar het meer struktuur as ’n baggy/lospassende denim.

Werk die beste vir: Reghoekige, peer en uurglas lyfvorms. Gee ’n tikkie struktuur sonder dat dit heupe, boude of bobene beklemtoon. Val in ’n reguit lyn af ondertoe sonder om hierdie areas te beklemtoon.

Stileerwenk: Steek jou hemp of bloes by hierdie broek in om jou middel te beklemtoon.

Foschini Denim Straight Leg Jeans (R529)

3. Bootcut Jeans

Noupassend vanaf middel, heupe en oor bobene en klok effens uit vanaf die knie-area. Ontwerp om gemaklik oor boots/stewels te pas.

Werk die beste vir: Uurglas, peer of driehoek lyfvorms, omdat dit wyer heupe uitbalanseer met ’n uitklok silhoeët aan die onderkant.

Stileerwenk: Dra hierdie denim by ’n hoër hakskoen of ’n stewel met ’n hak om bene langer te laat vertoon en die uitklok silhoeët verder te beklemtoon.

H&M Bootcut Jeans (R429 Superbalist)

4. Uitklok denims/ Flared Jeans

Denims met ’n dramatiese uitklok silhoeët vanaf knieë af ondertoe, die styl sit gewoonlik hoog om jou middellyf (high-waisted). Die styl is tans ’n kombinasie van retro en in-die-kol mode.

Werk die beste vir: Lang dames of dames met kurwes. Hierdie denimstyl het die krag om ’n langer, slanker silhoeët te skep.

Stileerwenk: Kombineer dit met ’n styfpassende bloes/top om meer kontras te skep met volume aan die onderkant van die denim en om jou kleiner middel te beklemtoon.

Woolworths High Rise Flare Leg Denim Jean (R599)

5. Mom Jeans

Denimstyl wat hoog om jou middellyf sit (high-waisted) met ’n effense tapered been (nouer aan die onderkant rondom enkels). Die denim sit meer lospassend om jou heupe, boude en bobene en skep ’n vintage tipe gevoel.

Werk die beste vir: Uurglas, appel en reghoekige lyfvorms. Definieër die middel, skep die illusie van kurwes rondom jou heupe terwyl die denim gemaklik genoeg pas en jy maklik daarin kan beweeg.

Stileerwenk: Vir ’n ekstra nouer gevoel – rol jou denimpype een slag om en dra die denim by tekkies of gemaklike enkelstewels vir ’n trendy voorkoms.

Zara High Waist Mom Jeans (R769)

6. Boyfriend / Girlfriend denims

’n Lospassende denimstyl wat laag (semi-laag) om jou middel pas (ook bekend as low/mid-rise denims). ’n Amper slonsige, ingeleefde gevoel, dink aan ’n gepoleerde weergawe van hoe jy in mans se denimbroeke sal lyk.  Girlfriend denims is gewoonlik effens meer noupassend as boyfriend denims.

Werk die beste vir: Atletiese of reghoekige lyfvorms. Skep volume en die illusie van kurwes op ’n regaf slanke lyfvorm en het ’n cool, moeitelose gevoel.

Stileerwenk: Kombineer met ’n noupassende T-hemp, en ’n blazer baadjie met struktuur en ’n paar lae hakskoene vir ’n gemaklike, maar steeds sjiek en stylvolle denim voorkoms.

G Star Grey Faded Boyfriend Jeans (R3299 Bash)

7. Wyepyp denims/ Wide-Leg Jeans

Noupassend om die middel en pas wyd en los oor die hele been (nie noupassend om die heupe en bobene nie). Dramatiese maar elegante denimstyl.

Werk die beste vir: Peer, driehoek en uurglas figure. Val sag oor die heupe en bobene vir balans en verleng en verslank hierdie lyfvorms.

Stileerwenk: Kies ’n korter T-hemp/bloes en steek dit in sodat die oë nie oorweldig raak deur al die volume van materiaal nie. Die idee is om jou middel te beklemtoon.

Wooloworths RE Wide Leg Jeans (R699)

8. Cargo/ militêre-styl denims

Hierdie denimstyl het gewoonlik ’n hele klompie sakke, ritssluiters of militêr geïnspireerde afwerkings op die denim. ’n Mid tot high-rise styl met ’n gemaklike meer lospassende gevoel rondom die bene.

Werk die beste vir: Lang, slanke en atletiese lyfvorms. Die styl bied struktuur en ’n interessante stylelement vir dames met regaf figure. Die sakke en versierings sal aandag trek en die met groter heupe/bobene sal rondom daardie areas beklemtoon word.

Stileerwenk: Hou die res van jou uitrusting skoon en minimalisties, ’n noupassende hemp, tekkies of stewels. Die denims trek genoeg aandag.

The Fix Women’s Wide Leg Cargo Jeans (R429,99)

9. Tapered Denims

Effens lospassend aan die bokant en meer noupassend na die enkel af ondertoe. Dink so daaraan, ’n kombinasie van ’n regaf (straight) en ’n nouspassend (skinny) denim.

Werk die beste vir: Appel, reghoekige en atletiese lyfvorms, trek aandag af ondertoe vir ’n verslankende effek.

Stileerwenk: Steek jou hemp/bloes hierby in en kies noupassende skoene soos die met ’n V-punt om verder die “taper” aan die onderkant van die broek te beklemtoon.

H&M Tapered Jeans (R529)

10. Jeggings

’n Denimstyl wat super rekbaar is, soos leggings maar in ’n rekbare denim materiaal. Hierdie denim trek jy op en aan, geen ritssluiters of knope nie.

Werk die beste vir: die meeste lyfvorms, mits dit reg gestileer word. Veral gewild vir die wat nie van harde denims hou nie, maar eerder gemak en rekbare materiale verkies.

Stileerwenk: afhangend van jou lyfvorm kan jy hierdie denimstyl meer formeel dra saam met hoë om-die-knie stewels en ’n oorgrootte lospassende blazer baadjie met ’n gordel bo-oor – wat silhoeëtte goed balanseer. Vir ’n meer gemaklike voorkoms kan jy ’n sweetpaktop/hoodie styl dra met ’n paar tekkies daarby.

Mr Price Jeggings (R149,99)

11. Barrel / Horseshoe Denims

Hierdie denimstyl, ook bekend as die omgekeerde U denims pas hoog om jou middel. Dit het ballon-agtige dramatiese gekurfde pype wat weer meer noupassend (tapered) sit rondom jou enkels.

Werk die beste vir: Lang, reghoekige en atletiese lyfvorms – skep die illusie van kurwes waar die lyfvorms dit nie het nie.

Stileerwenk: Balanseer die intense volume by hierdie broekstyl – steek defnitief jou hemp/bloes rondom jou middel in en moet nie bonkige skoene met volume dra hierby nie – kies fyner, nouer skoene wat die balans na die uitrusting sal bring.

H&M Barrel High Leg Jeans (R699)

12. Cropped denims

Hierdie denimstyl verwys na enige denimstyl wat reg bo jou enkel stop. Hierdie denim kan ’n regaf, of wyepyp denim wees – gewoonlik net korter.

Werk die beste vir: Die met ’n Kleiner, meer petite liggaamsbou of die wat graag met hul skoene wil spog. Hierdie korter broekstyl verhoed dat denims op kleiner dames nie oorweldigend, groot en uit proporsie lyk nie.

Stileerwenk: Dra by V-punt skoene of enkelstewels om die illusie van langer bene te skep.

Sienna Flared Cropped Jeans (R799)

13. Lae-middellyf denims/ Low-Rise Jeans

’n Denimstyl wat onder jou natuurlike middelyn sit, is tans hoogmode en was veral in die 2000’s en y2k jare gewild.

Werk die beste vir: Atletiese of uurglasfigure. Ook ideaal aan vroue met korter bo-lywe.

H&M Low Rise Baggy Jeans (R529)

Denimstyle vir jou lyfvorm

Uurglas/ X figuur:

Kies hoë middellyf broeke (high rise), rekbare denim wat knus om jou kurwes pas om jou klein middel te beklemtoon.

Peer, driehoek figuur:

Kies bootcut, wye-pyp en flared denimstyle, hierdie silhoeëtte balanseer jou heupe.

Regaf/ Reghoekige/ I-Figuur:

Skep die illusie van kurwes met volume, kies mom jeans, cargo denims of denims met uitklok kurwes.

Appelfiguur:

Kies mid-rise, regaf (straight) of tapered denimstyle wat jou middel gladder laat vertoon en jou bene langer laat lyk. 

Petite/ klein en kort dames:

Probeer hoë middellyf style (high rise) met ’n cropped (korter) pyp aan die onderkant. Die kombinasie hiervan balanseer jou proporsies en het ’n verlengende effek op jou lyf.

Langer vroue:

Omhels die wyepyp broeke met volume met dramatiese flares soos die barrel leg style. Jy het die lengte om dit goed te kan dra.

Denim gaan oor meer as net hoe dit pas, om ’n denim te kies gaan oor hoe dit aan jou lyf voel en ook hoe dit jou laat voel.

Of jy nou klassieke silhoeëtte verkies, of trends navolg, jou perfekte paar wag daar buite vir jou! Gebruik die gids om iets nuuts te probeer, koop daardie denim en dra dit met selfvertroue!

.

Lees ook: Wenke vir ‘n stylvolle sweetpakvoorkoms

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Kies die regte denim vir jou lyfvorm
error: Content is protected !!