Is jy ’n emosionele eter? Hier is 5 tekens.

Jou werk laat jou stres, of jy voel af en as jy weer sien is daar iets in jou mond. Jy is dalk ’n emosionele eter (en jy is nie alleen nie!). Hier is ’n dieetkundige se raad. Saamgestel deur Suzanne Kotzé.

5 tekens dat jy dalk ’n emosionele eter is

Elske Rich, geregistreerde dieetkundige en woordvoerder vir ADSA gee die volgende raad.

1. Kos is ’n beloning of hanteringinstrument  

Wanneer kos meer soos ’n beloning of ’n hanteringsinstrument (coping mechanism) voel, moet ons tyd neem om die rol van kos in ons lewe te oorweeg. Ons moet kos eerder as brandstof sien om ’n produktiewe en gesonde leefstyl te lei.

2. Jy hou aan eet nadat jy versadig is

As jy aanhou eet nadat jy versadig is, maar steeds nie werklik tevrede voel nie, is dit belangrik om na jou liggaam en die versadigingstekens wat dit jou gee te luister. As jy nooit versadig voel nie, kan daar ’n groter probleem wees en is dit wys om eerder ’n dieetkundige te sien.

3. Jy voel skuldig of spyt nadat jy geëet het

Wanneer jy skuldig of spyt voel nadat jy geëet het, al het dit op die oomblik vertroosting gebied of was dit ’n perfek gebalanseerde maaltyd of korrek geporsioneerde lekkernye. Gee aandag aan jou emosionele verbintenisse met sekere kosse en drankies.

4. Jy eet wanneer jy gestres, veveeld of eensaam voel

As jy eet wanneer jy gestres, verveeld, eensaam voel of depresseif is, en nie net omdat jy fisies honger is nie. Dit is belangrik om te monitor, aangesien dit vinnig kan handuit ruk.

5. Jy het spesifieke drange na trooskos

Jy ervaar baie spesifieke drange , gewoonlik vir trooskos soos sjokolade, skyfies of gebak, wat skielik toeslaan.  Drange kan bevredig word, maar matig en nie elke dag nie, aangesien hierdie kosse nadelige gevolge vir jou gesondheid het.

 Wat kan jy eerder doen?

Wanneer die drang om kos te eet meer oor emosies as honger gaan, is dit noodsaaklik om te stop en ’n ander rigting in te slaan. ’n Paar opsies om te oorweeg:

Drink ’n glas water

Soms kan dors vir honger aangesien word, so kyk na jou algehele waterinname vir die dag en drink eers ’n glas water.

Beweeg

Beweging, soos om te stap of tuin te maak, help om jou kop skoon te maak en spanning te verlig. Dit is veral nuttig as die aktiwiteit buite gedoen kan word.

Reik uit na vriende

Soms kan fisiese of emosionele konneksie die vertroosting gee waarna jy in kos gesoek het. Reik uit na vriende of naby familie wanneer die drange te veel raak en leer hulle om jou ook te help.

Doen asemhalingsoefeninge of luister na musiek

Om te weet hoe om jou stres te bestuur en te beheer, kan baie nuttig wees, aangesien dit die liggaam kan kalmeer en jou kan help om sterk emosies te verwerk. Doen byvoorbeeld asemhalingsoefeninge of luister na musiek.

Kry ’n stokperdjie

Laastens, neem deel aan ’n stokperdjie of aktiwiteit waarvan jy hou wanneer jy verveeld voel en verander sommige stokperdjies. Voorbeelde sluit in joernaalhou, lees, musiek, skilder of selfs skoonmaak.

Vir meer spesifieke raad, raadpleeg ’n geregistreerde dieetkundige hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
sensoriese defensiwiteit
Sensoriese defensiwiteit (“sensory defensiveness”) en kieskeurige eters
error: Content is protected !!