Met 10% alfa-hidroksiesuur is die Gatineau Age Benefit Refining Acid Multi-Acid Peel ’n wenner om van dooie vel onstlae te raak. Tien minute een keer per week, en siedaar. Deur Suzanne Kotzé, Foto’s Tegan Smith
Aha! 10% alfa-hidroksie-suur in die Gatineau Age Benefit Refining Multi-Acid Peel
Ek was kinderlik opgewonde toe ek hoor van Gatineau se nuutse afskilferaar; die Age Benefit Refining Multi-Acid Peel. Dit bevat 10% alfa-hidroksiesuur, wat glikoliese, melksuur en amandelsuur insluit. Hierdie verskillende tipes alfa-hidroksiesuur het elkeen ‘n verskillende molekulêre gewig (hulle is dus verskillende groottes) sodat hulle elkeen op verskillende lagies van jou epidermis werk.
’n Velsorgterapeut het een keer vir my verduidelik dat alfa-hidroksiesure soos Pac-Man werk wat dooie vel opeet.
So as ek die effense tinteling op my vel voel nadat ek die masker aangesmeer het, verbeel ek my dit is ‘Pac-Man’ wat besig is om om al die dowwe, vaal, dooie vel af te eet sodat my vel meer glansend lyk en velsorgprodukte beter geabsorbeer kan word.
Behalwe die alfa-hidroksiesure bevat dit ook lemmetjiekaviaar ekstra (bekend as ’n natuurlike alfa-hidroksiesuur), hibiskusblomsuur (wat liggies afskilfer), Bisabosol (wat hidreer en jou vel streel) en artisjokblaar-ekstrak (wat help vir ’n meer eweredige veltekstuur en minder sigbareporieë).
Gebruik die Gatineau Age Benefit Refining Multi-Acid Peel so
Wend dit een keer per week aan nadat jy jou gesig gewas het. As jy hierdie afskilferaar gebruik het jy geen ander afskilfering nodig nie. Dit word ook aanbeveel dat jy geen ander afskilferaars saam met hierdie produk gebruik nie.

Ek is juis mal daaroor dat ek dit net een keer per week hoef te gebruik (in plaas van twee tot drie keer per week soos die meeste ander afskilferaars.)
Smeer ’n redelike dig lagie aan jou gesig en vermy jou oogarea en lippe. Jy sal heel waarskynlik ’n ligte tinteling voel, en dit is heeltemal normaal.
Los dit vir 10 minute aan en spoel dit goed af met louwarm water.
Die resultate
My vel lyk dadelik meer glansend as ek hierdie ‘peel’ gebruik. My vel is soms geneig om sensitief te wees, maar ek ervaar geen sensitiwiteit met hierdie produk nie, en dit voel beslis of my ander velsorgprodukte ook sommer beter werk.
Dit help ook om plootjies minder sigbaar te laat lyk en porieë is ook minder sigbaar.
Dit werk veral goed as jy dit saam met die res van Gatineau se gesogte teenverouderingsreeks, Age Benefit, gebruik. Jy kan dit egter saam met enige van jou ander rome of reekse ook gebruik.
Onthou om altyd ’n sonbeskermingsroom aan te smeer, veral as jy produkte gebruik soos hierdie “peel” wat alfa-hidroksiesure bevat.
Koop dit hier
Die Gatineau Age Benefit Refining Multi-Acid Peel is aanlyn beskikbaar teen R925 by Orleans Cosmetics asook by Woolworths, Truworths en uitgesoekte salonne.
