Nooit sou ons kon dink dat huisskoonmaakgoed ons opgewonde sou maak omdat dit so mooi is nie! Wie weet, dalk sal dit skoonmaak selfs meer aangenaam maak. Deur Suzanne Kotzé.
21/10/2023
Skoppies en borseltjies
Oppervlakskoppies en borseltjies
Ons het onlangs eers die klein weergawe van ’n skoppie en borseltjie ontdek om werksoppervlakke skoon te vee, en nou kan ons nie hiersonder nie. Van krummels opvee op jou kassies, tot die tafel skoonvee na ete. Hierdie is veral ’n moet-hê vir bakkers. Dit is wonderlik vir meel opvee.
Verskillende kleure staalskoppies
Hierdie skoppie is nie een wat jy sommer sal hoef te vervang nie en is beskikbaar in ’n klomp verskillende kleure.
Onthou om jou skoppie en borseltjie gereeld skoon te maak, veral as jy op stowwerige oppervlakke werk.
- Skud die borseltjie liggies uit.
- Week die borselgedeeltjie in ’n mengsel van ’n koppie asyn en ’n klein bietjie groen opwasseep. Maak seker die bo-deel van die borseltjie is nie in die water nie. Net so ¾ van die borsel deel moet in wees.
- Los dit vir ’n halfuur. Spoel dit daarna in lopende water af.
- Hang die borseltjie in die son sodat dit goed droogword
- Vee die handvatsel deel met ’n lappie skoon.
- Skud stof uit die skopppie en vee dit met ’n lappie skoon.
Besems en moppe
Wasbak
Pak gerus jou groen seepbottel en lelike lappies in die kas weg, want hierdie mooi borsels, lappies en houertjies verdien om uitgestal te word.
(Wenk: om seker te maak jou drein bly skoon, gooi gerus ’n ½ koppie koeksoda, gevolg deur ’n halwe koppie asyn by die drein af. Sit die prop op en los dit vir so ’n halfuur.)