Ons weet nie van julle nie maar ons linnekaste bars uit sy nate en ons moet al ewig nuwe stoorplek vir ons handdoeke vind. Ons deel met julle 5 slim stoorplanne vir jou handdoeke wat boonop dien as mooi uitstalidees vir jou badkamer. Plus 9 van die mooiste badhanddoeke op ons dekor radar. Deur Justine Kroes
21/03/2025
Stoorplanne en uitstalidees vir jou handdoeke
1. Veelsydige hakies
Vir maklik ophang en stoor is hake teen jou badkamermuur die heel maklikste. Vir ekstra hake wat min moeite is en geen doen-dit-self-vernuf neem nie, is daardie hakies wat eenvoudig oor die deur vashaak.

Heloise Sykes Louw van The Home Collective se “Ek het onlangs ’n oulike idee gesien, jy neem ’n klein rakkie, draai dit onderstebo en sit ’n paar hakies daaraan vas. Jou vorige rakkie dien nou as ’n hangplek vir jou handdoeke, ’n klein “ledge” of pakplek vir produkte, plante of kerse plus die element dien as ’n praktiese dekorelement in jou badkamer.”
Hier is ’n paar Pinterest inspirasie voorbeelde:
2. Onder die wasbak stoorplek
Indien jou spasie dit toelaat, is laaie of badkamerkassies die ideale stoorplek vir jou badhanddoeke. Indien daar nie reeds een is nie, probeer so ’n tipe installasie oprig en rol jou handdoeke om netjies hierin te pak:
Loer hier vir inspirasie:
3. Hang handdoeke aan ’n rak of leer
’n Losstaande handdoekrak of selfs ‘n leer wat teen die muur rus, is ’n wonderlike oplossing vir ekstra ophangplekke, nie net vir handdoeke nie maar ook vir klere. Kyk na die opsies:
4. Mandjies
’n Blitsvinnige manier om ekstra stoorplek te skep, is eenvoudig met behulp van mooi mandjies. Nie net lyk handdoeke netjies opgerol hierin nie, jou mandjie dien ook as ’n dekorelement in jou badkamer en gee tekstuur, karakter en ’n warmer gevoel aan die spasie.
Mandjie-inspirasie

5. Rakke en relings
Rakke, (floating shelves) en handdoekrelings dien as die perfekte stoorplek vir jou handdoeke.
Kyk net al hierdie slim en innoverende doen-dit-self idees wat ons op Pinterest raakgesien het:
In plaas daarvan om handdoekrelings horisontaal te installeer – kry eerder twee en installeer hul reg langs mekaar vertikaal in. Dit skep ’n moderne oplossing vir handdoek stoorplek en netjiese opgerolde handdoeke lyk ongelooflik hierin.
Modern, prakties en o, so slim!
As doen-dit-self nie vir jou is nie, is hier soortgelykes om te koop:
Mooiste badkamer handdoeke wat ons nou wil koop:
Hoewel ons gaande is oor ’n donsige sagte spierwit handdoek, is dit eenvoudig nie altyd prakties vir elke dag se gebruik nie. Wafeltekstuur handdoeke is nie net pragtig nie maar is ’n praktiese manier om interessante teksture by jou badkamer in te bring. As “waffle” nie vir jou is nie, kies ‘n mooi patroon, of kleur.