’n Klein kombuis kan maklik beknop en deurmekaar voel, maar deur kreatief te dink oor bêreplek, veelsydige spasiebesaparingsprodukte te kies en goeie organisasie kan jy jou spasie tot die maksimum benut. Deur Suzanne Kotzé
Vir iemand wat lief is vir onthaal is my kombuis klein, en ek is altyd op soek na nog planne om plek te bespaar en spasie maksimaal te benut.
Klein kombuis? Benut jou vertikale spasie

Een van die doeltreffendste maniere om meer bêreplek te skep in ’n klein kombuis is om jou vertikale ruimte te benut. Mure word dikwels onderbenut, maar hulle bied waardevolle bêreplek. Installeer oop rakke om gereeld gebruikte skottelgoed, speserye of spensitems te bêre.
Swewende rakke kan potte, panne en kookgereedskap hou, wat dit binne maklike bereik hou terwyl dit kasruimte vrymaak. Hake, magnetiese messtroke en hangmandjies kan ook help om die meeste van ongebruikte muurareas te maak.
Nog ’n slim plan is om penborde te gebruik waaraan jy alles van potte en panne tot spesery-rakkies kan haak.







Kies spasievriendelike, multi-funksionele produkte
Nog ’n slim oplossing is om in multifunksionele produkte te belê. Meubels en kombuisbykomstighede wat meer as een doel dien, kan klotter aansienlik verminder. Produkte (soos maatbekers, mengbakke ens) wat inmekaar pas, platvou of moelike spasies benut is goeie opsies.











Wees georganiseerd
Om georganiseerd te bly, is ewe belangrik in ‘n klein kombuis. Ruim gereeld kaste en laaie op en gooi items wat jy min gebruik uit. Stoor dit iewers anders (soos in jou motorhuis), herverkoop of skenk dit.
Groepeer soortgelyke items saam en gebruik laaiverdelers, rakkies en gemerkte houers om alles netjies en maklik te vind te hou.
Werk slim met jou kas-spasie
Gebruik ekstra rakkies om jou rakke in twee te verdeel, hang glase en koppies, en gebruik moeilik om by te kom spasies (soos onder jou wasbak) optimaal.










