Hoe gemaak met tuinplante in die hitte? Hier’s 5 handige wenke

Die somerhitte is byna onweerstaanbaar en ons voel net so verlep soos ons tuinplante teen die middel van die dag. Of jy jouself in die droë Wes-Kaap bevind of in Gauteng met sy onverwagse donderstorms – hier is ’n paar handige sorgwenke om in gedagte te hou vir jou tuinplante in hierdie warm weer.  Saamgestel deur Justine Kroes

21/02/2025

5 Wenke vir tuinplante in die hitte

Plant- en tuinkundiges van Stodels kwekery deel 5 doenbare wenke om na jou tuin om te sien op hittige somersdae:

1. Wanneer jy jou tuin nat maak, maak saak

Om seker te maak jou tuinplante bly voldoende gehidreerd is die beste tye om nat te maak soggens tussen 4:00 en 6:00. Hierdie is om te keer dat die somerhitte jou water in waterdamp verander. Om vroegoggend jou tuinplante nat te maak laat water dieper die grond binnedring. Dit beteken plantwortels kan die water absorbeer voordat die dag se hitte op jou plante neerdaal.

Party mense dink dit is beter om saans plante nat te maak, die probleem hiermee is, nat blare oornag skep ’n broeiplek vir ongewenste swamsiektes. Koeler temperature saans beteken die water sal op die plant se oppervlak bly sit in plaas daarvan om geabsorbeer te word soos dit hoort.

2. Verstaan die “diep en selde” tuin nat maak prinsiep

Die geheim tot sterk en veerkragtige tiunplante is om plante diep en selde te water te gee. Vergeet eerder van gereelde ligte tuinnatmaak sessies.

Mik om 2 tot 3 sentimeter onder die grond tuin nat te maak, twee keer per week behoort genoeg te wees. Hierdie tegniek van tuin natmaak moedig jou plantwortels aan om dieper onder die grond in te groei. Dit bevorder en ontwikkel plante wat sterker is en meer weerstand bied teen droogte.

Dink so daaraan – asof jy vir ’n marathon oefen; Kort, gereelde tuin natmaak sessies lei tot vlak gewortelde plante – ook bekend as swakker plante. Diep, langer natmaak sessies skep “plant atlete” wat hitte en uiterste temperature kan weerstaan wanneer daar minder water beskikbaar is.

3. ‘n Deklaag beskerm jou plante

“Mulch” of ’n deklaag op die grond rondom jou plante is jou tuin se beste verdediging teen waterverlies, droogte en daarby ook die hitte.

’n Dik genoeg lagie van organiese “mulch” – dink houtbasskyfies of gedroogte grassnysels kan waterverlies tot en met 70% verminder. Dit werk soos ’n beskermende kombers oor jou grond wat vog inhou en temperature laag hou.

Wend 5 tot 7 cm “mulch” of deklaag rondom jou plante aan en wees versigtig om die deklaag nie te naby aan die plant se stamme te pak nie sodat dit nie vrot raak nie.

Loer gerus hier na “mulch”/deklaag opsies beskikbaar by Stodels hier.

4. Kies inheemse plante

Inheemse plante (gewoonlik area spesifiek) is water besparingskampioene. Plante soos proteas, alwyne en restios het ontwikkel en aangepas om ons uitdagende klimaat te hanteer en sal goed doen selfs met baie min water.

Wanneer jy weer op soek is na tuinplante, kies gerus water-wyse inheemse spesies. Hierdie plante sal nie net ons warm somers oorleef nie maar sal fantasties groei met min moeite en aandag. Raad vir huisplante in die hitte.

5. Omhels tegnologie en slim waterstelsels

Indien tuin natmaak vir jou soos harde werk voel is die oplossing om dalk in ’n waterbesproeiingstelsel te belê. ’n Slim waterstelsel en reënsensors kan jou tuin se waterbehoeftes lees en reguleer soos nodig.

Vir die in areas met seisoenale reënval (Gauteng in somermaande en Kaapenaars met winterreënval) sal dit dalk ’n goeie idee wees om in ’n reënwater opvangstelsel te belê. ’n Watertenk sal ’n volhoubare wateroplossing bied vir weke tot maande wanneer reënval min is.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Sumien Brink New York styl blyplek
Sumien Brink se New York-styl blyplek
error: Content is protected !!