Van gehekelde kopdoeke tot Franse haarknippe, Carolyn Bessette Kennedy kopbande en meer, hiedie haarbykomstighede is nou nuus. Deur Suzanne Kotzé
Haarbykomstighede; wees intensioneel met jou keuse
Haarbykomstighede kan jou hare in ’n kits omtower en dit is ’n maklike manier om ’n tikkie mode by jou uitrusting te voeg, maar wees intentsioneel met jou haarbykomstighede. Dit moet by die res van jou uitrusting pas. Dra jy ’n minimalistiese negentigs styl uitrusting, sal iets soos plastiek kopbande of ’n eenvoudige haarknip goed werk, terwyl haarserpe (afhangend van hoe jy dit dra) beter by ’n boheemse styl werk.
Dit moenie net lyk asof jou haarbykomstighede ’n flou uitrusting probeer red nie. Maar dit moet ook nie lyk asof jy te hard probeer het nie, dit moet steeds moeiteloos lyk.
Plastiekopbande

Danksy die modewêreld se obsessie met Carolyn Bessette Kennedy (wat weer in die kollig is danksy die 90’s trend en die nuwe reeks Love Story: John F. Kennedy Jr. and Carolyn Bessette) en die minimalistiese mode van die negentigs, is plastiekkopbande in veral skilpadmotief ’n reuse trend. Soveel só dat dit oral uitverkoop. Ontwerpersname soos Prada en Celine het selfs weergawes hiervan (teen duisende rande natuurlik!) As jy een sien (dalk het jy nog een van die 90’s! iewers), koop dit gerus en laat ons weet waar jy dit opgespoor het!
Enige skilpaddop haarbykomstighede
Danksy die Carolyn Bessette obsessie, is enige skilpaddop haarbykomstihede groot nuus, en aangesien die kopbande so moeilik is om te kry, is alles van haarknippe to barrettes in die patroon groot nuus.



Serpe om jou kop

By die Emilia Wickstead en ook Rave Review vertonings is die serpe soos ’n bandannas gedra. By die Hugo Boss vertoning is swart serpe op ’n minamilistiese manier gebruik.
Kant serpe

Behalwe die syserp is die kant serp danksy trends soos Wuthering Heights en Poetcore groot nuus die jaar. ’n Kant serp op jou kop kan óf na hierdie trend neig, of meer na die Boho (boheemse) trend. Maar hoe dra jy die kopdoekie sonder om soos jou ouma se doilie of Italiaanse weduwee te lyk. Moenie net ’n serpie op jou kop gooi en dink dit lyk nou cool nie. Dit moet ’n goed oorweegde besluit wees wat by die res van jou uitrusting pas. Dit kan of as kontras gedra word saam met meer manlike skoon lyne, of saam met nog kant.
Franse haarknip

Allerhande opstyle, van klassieke Franse rolle, tot bollas is tydens The row se SS26 vertoning met ’n verskeidenheid knippe versier, en die mode-wêreld was mal hieroor.
Dekoratiewe haarknippies



Van ronde haarknippies tot groot metaalblomknippe en natuurlike skulpe tot plat plastiek barette knippe.















