Hidrasie-redders

Vel wat droër en gedehidreerd begin voel is byna net so deel van Herfs soos blare wat verkleur. Dankie tog vir hierdie hidrasie-redders; Diego dalla Palma Professional HA Hero-reeks. Deur Suzanne Kotzé

Promosie

Hoekom voel ons vel skielik meer gedehidreerd?      

Die laer temperature en laer humiditeit (veral vir Gautengers) dra by dat ons velle meer gedehidreerd voel. Mens se vel voel dikwels op sy droogste gedurende die middel van winter, en om dit te help voorkom kan jy nou reeds begin om ekstra hidrasie by jou velsorgroetine te voeg.

Diego dalla Palma Professional HA Hero-reeks

Die Diego dalla Palma Professional HA Hero-reeks bavat die sogenaamde pro-hialuroon peptiede. Hialuroonsuur is ’n dik skuim rubberjel wat deur ons fibroblaste gemaak word en tussen ons velselle (die ekstra-sellulêre matriks) voorkom. Kollageen (die boustruktuur van ons vel) en elastien (wat ons velle rekbaar maak) is in hierdie ‘jel’ ingebed. Hialuroonsuur help die vel om optimale hidrasie te behou. Dit help ook met elastisiteit en om fyn lyntjies en plooie te verminder.

Soos ons ouer word, word ons hialuroonsuur ook ongelukkig vinnig minder. Juis daarom is dit so ’n gewilde bestanddeel in velsorgprodukte. Maar dit is wel moeilik vir die hialuroonsuur om dieper lae van die vel te penetreer. Juis hierom het Diego dalla Palma ’n piepklein peptiede, naamlik pro-hialuroon peptiede, gebruik. Die peptiede dring deur die dermis (die boonste lagie van jou vel) en stimuleer jou fibroblaste, die selle wat hialuroonsuur maak. Nou word nuwe hialuroonsuur van binne na buite gemaak (in plaas daarvan om hialuroonsuur van buite na binne te probeer bring). Die vel se eie hialuroonsuur vermeerder en help met hidrasievlakke en om die vel op te plomp en te verferm (dus ook minder plooitjies).

Saam met die pro-hialuroon peptiede, word verskillende gewigte (van groot na klein) hialuroonsuur gebruik in die HA Hero produkte. Voorgangers van hialuroonsuur soos ‘glycans’ en N-Acetylglukosamiene word ook gebruik om te help met teenverouding, hidrasie en om die vel op te plomp.

Diego dalla Palma Professional HA Hero Deep Hydration Fundamental Serum (R1 195)

Jou vel drink behoorlik hierdie vinnig absorberende serum op. Dit bevat mini-hialuroonsuur in klein gewig molekules om die vel goed te kan penetreer en dieper te kan werk om jou vel te help om nuwe hialuroonsuur te skep. Die serum vorm ’n onsigbare (en onvoelbare) lagie op jou vel, wat heraktiveer sodra dit met water in aanraking kom. As jy net eers een produk van die reeks kan koop, moet dit hierdie een wees.

Gebruik ’n paar druppels op jou skoongewaste gesig en nek. Wend dit vanaf die middel van jou gesit aan uitwaarts. Tik dit liggies met jou vingers aan, maar moenie lang masserings doen nie, aangeien jy die hialuroonsuurlagie wat bo-oor jou vel vorm kan breek. Vermy dit ook om jou room wat jy na die tyd aansmeer, in te maseer.

Diego dalla Palma Professional HA Hero Ultra-nourishing Rich Hyalu Cream (R1 395)

Hierdie room is geskik vir baie droë vel. Dit voel strelend en is ideaal vir ’n vel wat intense hidrasie, voeding en beskerming benodig van eksterne faktore (soos koue, wind en lugversorging). Wend dit soggens en saans aan.

(Wenk: as jy ’n ryker room saans verkies en ’n ligter dagroom, gebruik gerus hierdie room saans, en die Gel-Cream soggens)

Diego dalla Palma Professional HA Hero Hyalu Light Source Gel-Cream (R1 295)

Vir normale veltipes. Ons is absoluut verlief op die verpakking. Die tekstuur voel heerlik lig en absorbeer vinnig. Dit bevat ook verhelderende mikro-pigmente wat jou vel meer stralend laat lyk. Gebruik soggens en saans (of slegs soggens as jy die ryker room saans verkies).

Diego dalla Palma Professional HA Hero Eye Contour Cream (R845)

Die oogroom het ’n lekker aanwender wat jy gebruik om die room aan te wend. Dit help om tekens van moegheid (pofferigheid en donker kringe) te behandel en ook om dit te vookom.  Dit help ook met vel en ooglede wat hang. Die tekstuur is lig en trek vinnig in en dit laat ook jou hele oogarea helderder lyk.  Behalwe die pro-hialuroon peptiede, bevat dit ook ’n spesiale vermenging van bestanddele (genoem Up-Eyelids) om sakke, pofferigheid, plooie en ooglede wat hang, aan te spreek. Kaffeïene, hyualu-kompleks en ’n multi-vitamiene kompleks (Vit. C en E, ko-ensiem Q10, penthenaol en vitamien PP) en verhelderende pigmente maak die oogroom ’n wenner wat vele probleme aanspreek.

Diego dalla Palma Professional HA Hero Repairing Lip Treatment Balm(R475)

Net wat ons nodig het vir lippe wat ekstra droog voel hierdie tyd van die jaar. Die lipsalf bevat seramiedes en hialuroonsuur om lippe wat droog of gedehidreerd voel, of selfs gebars is, te behandel. Dit smelt behoorlik in jou lippe in en voel heerlik strelend. Dit het ’n sagte pienk kleur, wat jou lippe subtiele kleur gee sodat dit ook helderder en plomper voorkom.

Diego dalla Palma Professional is beskikbaar by uitgesoekte spa’s en is aanlyn te koop by orleanscosmetics.co.za

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
8 Bypassende stelle op ons kooplysie en hoekom ons daarvan hou
error: Content is protected !!