Dink aan die mooi aardse skakerings van herfsblare; dis is juis hierdie kleure wat ook nou in is vir jou naels. Van terracotta tot groen, selfs tikkies goud. Deur Suzanne Kotzé
15/03/2022
Verf jou naels hierdie kleure vir herfs en winter
Terracotta
‘Terracotta is beslis een van die herfs en winter se inkleure,” sê naelkunstenaar Minelli van der Merwe van Minelli Nail Art in Kuilsrivier.
Groen
Volgens Minelli is groen ook steeds baie gewild. Amori Birch, naeltegnikus en eienaar van That’s Amori in Houtbaai stem saam en sê: “veral ’n tipe weermag-groen is baie gewild.”
Naakte (nudes) skakerings
“Die ‘nudes’ is ook weer gewild,” sê Minelli. Dit bly ’n goeie staatmaker kleur.
Goud
“Goud gaan veral mooi saam met die terracotta, groen en naakte kleure,”sê Minelli.
Verskillende herskleure vir jou naels
Pst? Kan nie net op een kleur besluit nie? Probeer ‘n paar skakerings saam!
Die nuwe naelvorms
“Naelvorms is taamlik dieselfde, maar die kort ronde nael en die ‘squoval’ is beslis ook weer terug,” sê Minelli.
Maak jou eie naelskrop
Onthou ons is geneig om meer dooie naelvliesies en -velletjies te hê gedurende die kouer maande. En dan is mens ook geneig om meer te karring en trek aan velletjies. Voorkom dit deur rondom jou naels te skrop.
Amori se ‘maak dit self’ naelskrop
Meng
- 2 eetlepels kokosneut-olie
- 3 eetlepels bruinsuiker
- En ’n paar druppels lemoen of sitroengras (lemongrass) essensiële olie.
Bêre dit in ’n glashouertjie en gebruik soos nodig.
Handige naelverwyderingslappies
Sonder hierdie oulike lappies kan ons nie meer as ons naels doen nie! Biosculpture Nail Wipes (R90 vir ’n houertjie met 90 lappies, biosculpture.co.za)
Van ons gunsteling naelkleure
Ons word gereeld met Bio Sculpture manikure bederf en hierdie is van ons gunsteling kleure vir tuisverf.