inderinger-sindroom
inderinger-sindroom

Heg jy te min waarde aan jouself of ly jy dalk aan indringersindroom?

Die afgelope ruk is indringersindroom (imposter syndrome) weer ’n gonswoord in welwees-kringe, maar selfbetwyfeling is al dekades lank met ons en dit wil voorkom asof dit floreer in ons wêreld gevul met konstante kompetisie en vergelyking. Deur Dawn Klatzko

Wekom in ons die wêreld van selfbetwyfeling. Hierdie gemoedstoestand is al generasies lank met ons. Ongelukkig lyk dit asof in plaas van krepeer juis deesdae floreer. Die groot probleem met indringersindroom is dat die in die pad staan van selfverwesenliking en groei.

Juis daarom is dit die moeite werd om presies te verstaan wat indringersindroom behels. En hier is voorstelle van hoe jy dit kan bestuur, of ideaalgesproke, om daarvan ontslae te raak as jy dink dat jy dalk aan indringersindroom ly.  

Wat is indringersindroom?

Volgense Wikipedia, is die term impostor phenomenon reeds in 1978 bekendgestel in ’n artikel The Impostor Phenomenon in High Achieving Women: Dynamics and Therapeutic Intervention” deur Pauline R. Clance and Suzanne A. Imes.

Hulle het hierdie indringer-fenomeen beskryf as: “’n interne ervaring van intellektuele valsheid. Hulle het aanvanklik hulle navorsing gefokus op vroue in hoër onderwys en professionele industrieë. Daar is self ’n metingskaal hiervoor ontwikkel, naamlik die Clance Impostor Phenomenon Scale (CIPS).

Belangstelling in hierdie onderwerp het vanaf die middel 80’s ’n hoogtepunt bereik. Dit is aangehelp deur die uitdagings wat vroue in die gesig gestaar het om deur die glasplafon te breek. Vroue het hulself gedurende die tydperk ook dikwels in posisies bevind bloot omdat maatskappye wou probeernvoldoen aan ‘bemagting’, maar sonder die nodige opleiding of voorbereiding om vroue werklik te bevorder.  

Vandag word daar meer algemeen na indringersindroom as fenomeen verwys en dit is beslis nie eksklusief op vroue van toepassing nie.  

In ’n wêreld waar tegnologie kommersiële grense uitgewis het en ’n universiteitsgraad nie meer eksklusief is nie, staar ons almal die werklikheid van groter mededinging en dieper ondersoek in die gesig as wat nog ooit tevore ervaar is.

Hoekom bestaan die indringersindroom?

Ons moet verstaan ​​dat ’n individu wat indringersindroom ervaar iewers op ‘n skaal van lig tot uiters sal wees. Die meerderheid van ons wat dit ervaar (en ek sluit myself hierby in) is waarskynlik by die ligte tot middel deel van die spektrum.

Aan die uiterste kant kan hierdie toestand so impakvol wees dat dit die individu immobiliseer, vordering blokkeer en in baie uiterste gevalle kan manifesteer as ’n sielkundige toestand wat professionele bystand vereis.

Die oorsaak? Met my persoonlike ervaring, my kennis as afrigter, sowel as die ervarings van baie van my kliënte, glo ek dat dit deur twee primêre faktore gedryf word:

1. Ons leef in ’n konstante toestand van vergelyking

2. Soveel menslike gedrag word deur vrees gedryf.

1. Ons leef in ’n konstante toestand van vergelyking

Reeds vanaf geboorte word die een of ander maatstaf gebruik om ons te vergelyk. Selfs as babas word daar van ons gepraat. Het jy jou eerste woord gesê? Het jy al gestaan? Wat eet jy? Interessant genoeg het neurowetenskaplikes en menslike gedragskundiges vasgestel dat babas baie meer inligting absorbeer as wat ons ooit gedink het hulle kan. Binne ’n paar weke na geboorte kan hulle tussen hul moeder se moedertaal en ’n vreemde taal onderskei. En die klein wesenetjie het nog nie eers meer as ’n gegorrel gevorm nie. Dink gerus twee keer voor jy volgende keer iets negatiefs sê oor die spoed van jou baba se ontwikkeling!

Jy hoef nie ‘n wetenskaplike te wees om hierdie konsep te begryp nie. Dink terug aan jou skoolervaring? Selfs op die speelgrond. En dink aan jou toetrede tot die sosiale wêreld? Watter modetydskrifte of sosiale media platforms het jy as verwysingsgids gebruik oor hoe jy moet lyk of optree? En baie gou sal jy agterkom dat jy omring is deur maatstawwe van die een of ander vorm waaraan jy gemeet is. Intelligensie, sosiale aantrekkingskrag, rokgrootte, ekonomiese status, aksent, velkleur. Dit is ’n nimmereindigende lys. So geen wonder dat jou arme brein in ’n konstante toestand van spanning probeer peil of sy menslike eienaar tevrede is met die omgewing waarin jy is nie.

2. Soveel menslike gedrag word gedryf deur vrees

Maar eers moet ek jou bewus maak van die grootste geskenk wat jy ooit ontvang het (en sal ontvang). Jou brein. Hierdie wonderbaarlike orgaan is kragtiger as enigesuperrekenaar. Die enigste beperking daarvan is dat dit op jou as die eienaar staat maak om inligting daarin in te voer sodat dit kan uitvind of jy veilig is of nie. Sy primêre funksie is immers om te verseker dat jy aanhou asemhaal, jou hart aanhou klop en dat jy aanhou lewe.

Die oomblik wanneer jy iets ervaar waaroor jy nie gelukkig is nie, sal jou brein die seine ontvang en dadelik tot aksie oorgaan. Jy het dalk gehoor van die “vries, veg of vlug”-modus. As jou brein ’n bedreiging aanvoel, sal dit ’n  reeks fisiologiese, chemiese en hormonale reaksies skep. Elkeen is ontwerp om jou die bedreiging te help oorleef. Suurstofryke bloed word na jou hart en spiere herlei vir ingeval jy moet vlug vir jou lewe en die chemikalieë wat nou deur jou bloedstroom styg, is werklik daar.

Dink nou hoeveel keer per dag jy jou brein potensieël verwar deur dit te laat glo dat jy bedreig word? As hierdie bedreiging gereeld genoeg herhaal word, kan dit ’n kombinasie van self-opinies, emosies en gedrag vorm wat die proporsies van ’n sindroom het

Wat kan jy doen as jy vermoed dat jy aan indringersindroom ly?

1. Moenie alles wat jy sien en hoor glo nie

Sosiale media is wonderlik. Daar is baie om voor te lag en lekker geleenthede om bekendes en interessante mense te volg, sonder dat jy as ’n bekruiper (stalker) aangekla sal word. Maar wees versigtig! Wat jy sien is gewoonlik net die publieke persona van die persoon wat jy bewonder en nie hulle werklike self nie. En hierdie moet beslis ook nie die maatstaf wees waaraan jy jouself meet nie. Beperk die hoeveelheid sosiale media wat jy gebruik en geniet dit bloot as vermaak of vir inligting. Los dit die oomblik as dit oorweldigend word of dit jou laat angstig voel en fokus eerder op jou eie unieke briljantheid, en nie op ander s’n nie.

2. Tree uit die weg van die wat jou kritiseer

Vreemd genoeg is dit dikwels jou familie of vriende, diegene van wie jy sou verwag om jou grootste bondgenote of “lofsangers” te wees; wat die grootste skade kan veroorsaak en die indringersindroom kan veroorsaak. Hierdie individue kan jou vyande en gediertes word!

Hulle het nie kwade bedoelings nie, maar hulle voel dalk net gereed om jou te kritiseer omdat hulle voel jy het ’n mate van “realiteitskontrole” nodig. Dit is natuurlik nie so nie en kan dui op ’n gebrek aan grense wat veel meer kan seermaak as die kritiek of ‘raad’ van ’n vreemdeling.  

Wat doen jy as jou familie en vriende jou kritiseer

Leer om uit die weg te tree/of die onderwerp te systap! Moenie oorreageer nie, maar verander die onderwerp subtiel en lei die aandag weg van jouself. Wat regtig goed werk, is om ’n vraag te vra oor ’n onderwerp wat hom/haar na aan die hart lê. ‘ Hoe gaan dit met jou hond, kêrel, pynlike buurman, gewigsverliesprogram, nuwe werksonderhoud ens? Jy ken hulle immers baie goed, so jy kan redelik maklik ’n ander onderwerp as jouself vind en so jou arme brein beskerm teen ’n ander paniekreaksie.

3. Haal net asem!

haal asem

Die beste manier om beheer oor negatiewe gedagtes, en die gevolglike reaksie, te kry is om jou brein te mislei om te glo dat alles eintlik in orde is. En die beste manier om dit te doen is om ’n oormaat suurstofryke bloed deur jou stelsel te laat vloei deur gereeld, en diep, asem te haal.

Meditasie

meditasie

Meditasietegnieke fokus ook hierop. As jy hierdie wonderlike dissipline nog nie beoefen nie, is dit nie die beste tyd om te begin wanneer jy gespanne of bedreig voel nie.

Stap

stap

Al wat jy hoef te doen is om 15 – 20 minute te gaan stap. Ideaal gesproke teen ’n taamlike vinnige pas of teen ‘n heuwel of trappe op. Dit sal daardie wonderlike brein van jou herfokus op die taak om jou spiere te laat werk en te verseker dat daardie longe van jou lekker diep asemhaal. Dit sal ook help om die ‘aksie-chemikalieë’ te kalmeer en jou brein lank genoeg na ’n ontspanne toestand terug te bring sodat jy daardie herbevestigende gesprek met jouself kan voer. Die een wat sê: ‘ jy is fantasties, jy kan enige iets bereik wat jy wil.’ Solank jy dit net vermy om die indringersindroom binne te laat.

Doen goed. Wees wonderlik.

Dawn Klatzko

Dawn Klatzko is ’n besigheids- en uitvoerende afrigter, outeur, podgooier en meester afrigter van die Mind Dynamix Brain Profiling Instrument en skepper van die  Anatomy of a Personal Brand, ’n program ontwerp om jou outentieke uitnemendheid te ontdek. Besoek www.theartofthesuit.com vir meer inligting.

 

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Hoekom is volwasse vriendskap so moeilik? En wat kan jy daaromtrent doen?
error: Content is protected !!