Instant Pot Pro
Instant Pot Pro

Heerlike hoenderkerrie in ’n japtrap met die Instant Pot Pro

Hierdie heerlike hoenderkerrie is blitsvinnig in die Instant Pot Pro. Dit is ideaal vir ’n honger gesin wat nóu wil eet, en jy het waarskynlik die meeste van die bestanddele in jou kas. Deur Suzanne Kotzé

promosie

Dit is laatmiddag/vroegaand en almal is pas tuis na sportoefening en werk en ewe skielik doodhonger. “Wat’s vir aandete? Wanneer eet ons? Ek is so honger!” En jy het nog geen idee nie (en moet dalk selfs nog winkel toe ook gaan vir bestanddele).

As dit bekend klink, is die Instant Pot Pro beslis vir jou. Dit is veral gedurende winter so ’n staatmaker om ’n blitsige bredie of kerrie aanmekaar te slaan. (En jy kan natuurlik veel meer as dit doen.)

Blitsvinnige hoenderkerrieresep, vir jou honger gesin.

Instant Pot Pro kerrie

Ons het hierdie lekker en maklike resep op instantpot.co.za gekry. Loer gerus hier vir nog resepte.

En dit was ’n wenner, ons altwee se gesinne het te heerlik gesmul. En jy kan natuurlik die brand beheer, met die hoeveel rissie wat jy ingooi. En jy het dalk reeds die meeste van die bestanddele in jou kas en vrieskas.

Bestandele

hoenderkerrie bestanddele
  • 3 eetlepels (45ml) kanola-olie of botter
  • 2 medium grootte uie, fyngekap
  • 6 knoffelhuisies, fyngemaal
  • 2 eetlepels (30ml) fyn gerasperde gemmer
  • 1 teelepel vars (5ml) komynsade
  • 1 kaneelstokkie of ½ teelepel (2.5ml) gemaalde kaneel
  • 8 kardemomsade liggies gekneus of 1 teelepel gemaalde kardemom
  • 1 teelepel sout
  • 2 teelepels garam masala
  • 1 teelpel borrie
  • 1 teelepel gedroogde rissie (of na smaak)
  • ¼ teelepel vars gemaalde swart peper
  • 1 blikkie tamatie (gekap en geskil)
  • ½ koppie klapperroom
  • sout na smaak
  • 800g-1kg hoenderborsies in blokkies geskny

Metode:

Gebruik die SAUTÉ funksie en verhit die olie. Gooi die uie in en roer totdat dit liggies verbruin en karameliseer (so 10-12 minute). Roer die knoffel, gemmer en komynsade by totdat dit geurig ruik (so twee minute). Voeg die kaneel, kardemom, koljander, sout, borrie, rissievlokkies en swart peper by. Gooi die blikkie tamatie by.

Gooi die hoender by die sous en roer goed, sodat niks onder aan die pot vasbrand nie. Sit die deksel op en draai dit todat dit seël. Stel die Instant Pot Pro op PRESSURE COOK vir 5 minute. Laat die stoom natuurlik vrystel.

Ons sous was perfek, maar as jou sous dalk te dun is, skep die hoender uit die sous en sit dit in ’n ander bak. Stel die drukkoker weer op SAUTÉ en laat die sous effens wegkook.

Gooi die klapperroom by en hou die gereg warm vir 20 minute sodat die geure kan intrek, maar as jy haastig is kan jy dit dadelik opdien.

Basmatirys

Sit water, rys en sout in die drukkoker. Stel dit vir 5 minute op HIGH PRESSURE en gebruik die ‘quick release’ stoomfunksie.

Hoenderkerrie Instant Pot Pro

Bedien die kerrie op die rys saam met jou gunsteling sambals en ongegeurde jogurt. Ons het ook poppadoms (sommer in die mikrogolf-oond gaargemaak) bedien.

Meer oor die Instant Pot Pro

Instant Pot Pro
Instant Pot Pro pot
Instant Pot Pro funksies

Die Instant Pot is al lank ’n staatmaker in vele Suid-Afrikaners se huise, maar die nuwe PRO weergawe is hul mees gevorderde drukkoker met die nuutse tegnologie vir vinniger, kragslim kosmaak. Dit het ook ’n nuwe vlekvrye staal binnepot met koue aanraak silikoonhandvatsels. (Jy het regtig nie eers ’n lappie nodig om die pot uit te lig nie!)

  • Die premium kwaliteit vlevrye staalpot het ’n plat bodem
  • Jy kan dit ook op jou gewone stoofplate, of induksie plate gebruik.
  • Dit pot klik maklik in en jy kan dit in die skottelgoedwasser was.
  • Die Sauté en Preheat funksies werk vinniger as ander modelle s’n
  • Dit het 10 verskillende funksies: drukkoker, stadige koker (slow cooker), sous vidé, souspan, ryskoker, steriliseerder, jogurtmaker, kosverwarmer, koekbak en stomer.

Die Instant Pot Pro is te koop by alle @home winkels en aanlyn vir R3,999

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Anzel van die Boland
‘Anzél in die Boland’ gesels oor haar liefde vir restaurante
error: Content is protected !!