muurkuns
muurkuns

Hang jou muurkuns so

Muurkuns bly een van die maklikste maniere op jou spasie op te kikker, maar hoe hang jy jou prente reg? Hier is kundige raad. Deur Suzanne Kotzé.

15/04/2022

10 wenke: hang jou muurkuns so

Ons het voormalige tydskrif-dekorredakteur en binneshuise-versierder Cornel Dunn vir hulp gevra oor hoe om muurkuns te hang. Jy kan haar gerus ook epos met enige dekornavrae. Haar e-posadres is corneldunn29@gmail.com

1. Rame in dieselfde kleur

Gebruik rame in dieselfde kleur maar met verskillende ontwerpe. Indien jy ’n galery-muur wil maak, maak gebruik van horisontale sowel as vertikale rame om die voorkoms interessant te hou.

2. Verskillende kleure rame

Vir ’n meer moderne voorkoms kan jy donker en ligte rame kombineer.

3. Toets eers die plasing

Om rame reg te plaas, maak gebruik van papier om te sien hoe die prente sal lyk teen die muur – ten opsigte van plasing. So kan jy dit rondskuif voordat jy ’n gaatjie boor.

4. Op ooghoogte

Prente moet ooghoogte gehang word (154cm) vanaf die vloer en 10 to 12 cm van mekaar af. Moet nie prente te na aan die hoek van die muur plaas nie.

5. Merk die raam en die toutjie

Maak ’n merk op die boonste rand van die raam en merk die afstand van die raam tot en met die hoogste punt van die toutjie of hakie af voor jy die gaatjie boor.

6. Swart en wit bly klassiek

Vir ’n “pop,” is daar niks soos wit en swart foto’s nie. Dit is klassiek en modern. As jy ’n galerymuur wil begin, maar onseker is hoe om watter prente en kleure saam te hang, is dit ook maklik om met swart en wit te begin.

7. Begin met ’n reguit lyn onder

Dit is dit maklikste om met ’n reguit lyn óf bo óf onder te begin as jy meer as een prent saam wil hang.

8. In die middel

As jy ’n prent bokant een meubelstuk soos ’n kassie, lessenaar of bank hang, hang dit reg in die middel van die meubelstuk.

9. Muurkuns moet nie verbysteek nie

As jy muurkuns byvoorbeeld bokant jou bed hang; of dit nou een, twee of drie prente is, is dit beter dat dit nie verby die kante van jou bed hang nie. Dieselfde geld vir bokant ’n bank of kassie.

10. Horisontale lyn vir by ’n trap

Vir ’n gallery by ’n trap moet jy die riglyn van een horisontale lyn volg. Verkieslik aan die bokant.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Beurtkragwenke en alternatiewe energiebronne
error: Content is protected !!