40 Geskenk-idees vir onderwysers

Die einde van die jaar is in sig – en ingeval jy nog nie aan onderwysersgeskenke gedink het, nie hoop ons hierdie lysie help of inspireer jou (en spaar jou dalk tyd!) om ’n oulike geskenk vir juffrou of meneer te vind eerder as koffiebekers en laaste minuut handeroomkopies. Loer hier vir 40 geskenkidees vir onderwysers. Deur Justine Kroes

’n Bederf jouself geskenk

’n Geskenkbewys. Dit is dalk nie die mees oorspronklikste geskenke om te gee nie, maar een wat onderwysers graag wil ontvang. ’n Pamperlang geskenkbewys van ’n plaaslike salon, of selfs ’n Sorbet, is ’n lekker geskenk vir ’n moeë onnie om haar vakansie mee te begin.

Vir die onderwyser met ’n soettand:

Maak dit persoonlik

Dit is altyd ekstra spesiaal om ’n persoonlike geskenk te ontvang, kyk na al hierdie oulike geskenkidees wat verpersoonlik is vir juffrou of meneer.

Handig vir tech skoonmaak:

OXO Good Grips Sweep & Swipe Laptop Cleaner (R249 yuppiechef)

OXO Good Grips Electronics Cleaning Brush (R149)

Lekkerruik klaskamer

Die warm somermaande kan nie grappies wees as dit by ’n klas vol kinders kom nie, veral nie na hulle buite gespeel het nie. Help juffrou of meneer om hulle klas te laat lekker ruik.

Geskenke vir die klaskamer

Partykeer is ’n geskenk vir die klaskamer ’n oulike manier om dankie te se en iets agter te laat vir die volgende studente.

Hierdie handige Acrylic Weekly Planner Board van Mr Price Home (R69,99) is handig om onthounotas aan te teken en mooi genoeg om enige plek te staan.

’n Verjaarsdagbord waar die juffrou jaarliks nuwe kinders in die klas se verjaarsdae kan aanteken met ’n witbordmerker.

Vir juffrou se deur; ’n naamplaatjie of met die juffrou of meneer se naam of selfs die klaskamernaam.

Of ’n muurhorlosie vir die klaskamer:

Kikki and Franki Colourful Learning To Tell Time Class Clock (R375)

Stempels:

Laat maak vir juffrou of meneer hul eie persoonlike stempel. Verskeie ontwerpe is beskikbaar van Tailored Tags. Dit is in verskillende kleure ink beskikbaar. Ook oulik “bitmoji” gesigstempels.

Goed georganiseeerd

’n Netjiese klaskamer en werkspasie is op elke onderwyser se wenslysie, hierdie geskenk-idees help dalk bietjie orde skep:

Hou juffrou of meneer se tafel netjies.

 Ladybird desk vacuum (R225 Nifty Gifts.co.za)

Vrolikste potloodsakkie vir ‘n klottervry lessenaar.

Vir juffrou of meneer se vakansie

Wat van ’n lekker strandsak of strandspeletjies wat jy weet juffrou of meneer sal waardeer.

Tee en koffie

Die meeste onderwysers ontvang ’n oormaat van koffiebekers – probeer dalk iets anders die jaar, ’n mooi teepot – verskillende koffies en tees om te probeer of ’n mooi en praktiese reis-koffiebeker.

Die geskenkboks bevat 250g koffiebone, luukse vanieljestroop vir koffie, twee boksies luukse nougat:

Reis-koffiebekers

Ideale geskenk vir die onderwyser wat altyd aan die gang is – en hou dalk daardie koffie of tee vir daardie ekstra rukkie langer warm, hier is ’n paar mooies:

Waterbottels

Dit is belangrik dat onderwysers altyd gehidreerd bly, met koue water daarby!

Vir meneer

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Airbnb regruk – Katinka en Lara se wenke
error: Content is protected !!