handeroom
handeroom

Handeroom vir jou handsak

Dit voel of ons nie kan voorbly met handeroom koop nie. Dit voel behoorlik of veral inkopies bestaan uit ontsmet, handeroom, herhaal. Hierdie twee handerome is tans in ons handsakke. Deur Suzanne Kotzé

Droë en sensitiewe hande is besig om al hoe meer algemeen te raak. ’n Paar maande gelede het dermatoloog dr. Suretha Kannenberg juis vir ons gesê dat sy glo dat kontakdermatitis nog ’n groot probleem gaan word. Haar raad was dat jy na elke handewas en ontsmet moet bevogtig. Maak dus seker jou handeroom is in jou handsak. Hierdie twee is klein genoeg om selfs in klein handsakkies te pas. 

Handeroom: Nivea Hand Repair 3 in 1 Repair (R44,95 vir 75ml, Dischem)

Hierdie handeroom voel ryk, maar trek goed in en jou hande voel regtig vir lank daarna nog bevogtig. Wel tot die volgende handeontsmetting of -was. Dit is verryk met olies om ekstra voedend te wees. Dit is ook verryk met pro-vitamiene B5 wat help om ekstra droogheid en vel wat styf voel te verlig.  

Handeroom: Eucerin Hyaluron Filler Age Spot Correcting Hand Cream SPF30 (R199, Takealot)

’n Handeroom met sonbeskerming. Ja, asseblief. Ek weet nie van jou nie, maar ek vergeet gereeld om sonroom aan die bokant van my hande te smeer. Met hierdie buisie in my handsak kry my hande darem ook sonbeskerming. Ek het dit onlangs saamgeneem op safari, en dit sommer in my jas se sak gesit sodat dit byderhand kon wees. 

Die room trek werklik vinnig in en bevat ook die gepatenteerde bestanddeel Thiamidol, wat help met ouderdomsvlekke. Dit help ook met die elastisiteit van jou vel. Ongelukkig is hierdie klagtes altwee dinge waarmee ons sukkel hoe ouer ons hande word. 

Jy moet hierdie handeroom nie meer as vier keer per dag aanwend nie. Ek wend dit gewoonlik aan voordat ek uitgaan of bestuur. 

Lees ook: Help! Hande wat ouer lyk

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Dieremaniere – moet hê hondemodes!
error: Content is protected !!