Haarverwydering
Haarverwydering

Haarverwydering moet en moenies

Met meer lyf wat wys, is meer haarverwydering ook weer nodig. Hier is moets en moenies vir van laser tot waks. Deur Suzanne Kotzé

Haarverwydering: laser

Gina du Plessis, eienaar van The Laser Lab gee raad oor die metode van haarverwydering.

Jy moet

  • Seker maak dat die kliniek wat jy besoek ’n laserstelsel gebruik wat deur die FDA goedgekeur word. Daar is baie nagemaakte weergawes van lasermasjiene op die mark wat nie so goed werk nie.
  • Vra dat jou terapeut ’n gratis toetsstrokie op jou doen.
  • Skeer tussen afsprake (geen waks of pluk)
  • Seker maak jou hormone is stabiel
  • Bly by jou aanvanklike 4-6 weke afsprake om die beste resultate te kry.
  • Navorsing doen oor die kliniek en masjiene voordat jy koop.
  • Besef dat ons almal verskillend is en dalk meer of minder sessies nodig het. (Agt sessies is gewoonlik ’n goeie begin)
  •  ’n Verskil kan sien na een sessie; stadiger haargroei of fyner haartjies wat uitkom of kaal kolle tussen-in.

Jy moenie

  • Songebrand of ongeskeer kom vir jou sessies nie
  • Net die beste winskopie najaag nie.
  • ’n Kliniek besoek wat nie antwoorde oor hulle tipe tegnoglogie kan beantwoord of waar dit vandaan kom nie.
  • Rooi, blonde of grys hare probeer laser nie, want dit werk nie op die ligte hare met min of geen pigment nie.
  • Brandmerke of seerplekkies na die tyd hê nie. Dan is iets fout.
  • Jou sessie mis nie. Hou by jou roetine vir beste resultate.

Haarverwydering: waks

Jy moet

  • Jou vel gereeld afskilfer om die opbou van dooie vel te verhoed. Dooie vel kan ingroeihare veroorsaak.
  • Gereeld waks
  • Jou vel gereeld afskilfer om droë vel (en ingroeihare) te voorkom
  • ’n Room gebruik wat alfahidroksiesure bevat op die gewaksde gedeelte. Dit voorkom die opbou van dooie selle en ingroeihare. Environ Derma-lac-lotion is ’n ou gunsteling hiervoor.
  • Weet waarvoor om te vra!
Halfbeen

Sluit die bokant van jou voete en tone ook in. Tot bo-oor en net onderkant jou knie, voor en agter.

Driekwartbeen

Sluit bokant van voete en tone in. Tot bo-oor jou knie en tot omtrent die helfte van jou bobeen.

Volbeen

Sluit bokant van voete en tone in. Tot by jou broekielyn. Voor en agter

Bikini

Alle hare rondom die area van jou broekie en die bokant en die binnekant van jou bobene.

Brasiliaans

Alle hare af, behalwe ’n landingstrokie (dun strokie in die middel)

Hollywood

Alles af (sluit ook die binneboudhaartjies in)

Onderarm

Alle hare onder die arm

Halwe arm

Tot by die vou van jou elmboog. Sluit hande en vingers ook in.

Volle arm

Voor-en agterkant van die hele arm tot onder die skouer.

Jy moenie

  • ’n Warm bad of stort neem net voor jou waks nie.
  • Anti-perspirant aanwend net voor jou onderarmwaks nie.
  • Stywe klere aantrek na ’n waks nie. ’n Stywe oefenbroek kan byvoorbeeld skuur en wrywing veroorsaak.
  • Jou vel afskilfer vir 24 uur na jou waks nie.
  • Waks as jy sekere medikasie gebruik wat jou bloed verdun of jou vel sensitief maak nie.
  • Skaam wees nie; dink aan jou afspraak as dieselfde as jou ginekologiese afspraak (en sorg dat jy skoon en vars is).

Lees ook: Selfverbruining: 10 Foute wat jy. maak

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Lipvullers, wat is dit en hoe werk dit?
error: Content is protected !!