Als wat jy nog altyd wou weet oor haarmaskers. Vier kundige haarstiliste deel hul beste haarmasker wenke en raad met Stylvol. Haarmaskermites word geklop, en hul deel haarmaskerfoute, hoe om jou haarmasker reg aan te wend en hoekom dit belangrik is om ’n haarmasker te gebruik. Selfs ons het ’n ding of twee oor haarmaskers geleer! Saamgestel deur Justine Kroes
12/07/2024
Haarmasker mites
“Tuisgemaakte haarmaskers werk net so goed”
Mischa Latsky van Show Hair and Beauty verduidelik “een van die grootste haarmasker mites is dat mense werkik glo tuisgemaakte maskers met natuurlike bestanddele sal al hul haar probleme oplos. Ongelukkig is hare baie meer ingewikkeld en haar maatskappye spandeer jare aan navorsing om die beste bestanddele en haarmaskers te ontwikkel vir jou spesifieke haartipe.”
“Om jou haarmasker vir langer aan te los maak dit meer effektief”
Shelene van Tanaz Hair in Johannesburg sê “om jou haarmasker langer aan te los laat dit nie beter werk nie, jou haarmasker is ontwikkel om te werk binne die tydperk wat op die houer voorgestel word”. Shelene waarsku “wees versigtig om in hierdie slaggat te trap.
Indien jy jou haarmasker vir langer aan jou hare los kan jy moontlike “build-up” van die produk op jou hare of selfs op jou kopvel veroorsaak”.
Shelene Shaer, Tanaz Hair
“Jou masker kan jou opknapper (conditioner) vervang”
Kliente vra gereeld of hul eerder die masker kan gebruik in plaas van die opknapper; die antwoord is gewoonlik nee, omdat elkeen van die produkte verskillende werke doen. Die opknapper word gebruik om jou haarskag te seël nadat jy hare met sjampoe gewas het en jou haarmasker word gebruik om die haarskag te behandel, is Shelene se raad.
“Haarmaskers is net vir vroue bedoel”
“Beslis ’n haarmite dat haarmaskers net bedoel is vir die fyner geslag, mans kan gerus ook daarby baat om haarmaskers en in-salon behandelings te geniet!” Healthy hair knows no boundaries, nor gender sê Reon da Costa van Tosca Salon in Durbanville, Kaapstad.
Gebruik die regte haarmasker vir jou haartipe
Reon se raad; “Die meeste mense dink haarmaskers is net vir die wat sukkel met beskadigde hare, wat natuurlik nie waar is nie. Afhangend van wat jy wil bereik met jou haarsorg, (blink, bevog, of sterker hare) kan ’n haarmasker aangepas word om by enige haarroetine in te pas.

Dit is belangrik om die regte masker vir jou haartipe te gebruik, verduidelik Reon:
“As jy byvoorbeeld ’n haarmasker gebruik wat ontwikkel is vir baie droë hare, en jy het fyn hare, sal jou hare swaar en vuil voel, wat maak dat jy jou hare meer gereeld moet was”.
Reon Da Costa, Tosca Haarsalon
Shelene vertel die storie “bekende internasionale haarstilis Phillip Kingsley het op ’n stadium nie meer produkte aan kliënte verkoop voordat ’n behoorlike haarkonsultasie gedoen is nie. Die rede hiervoor; die meeste mense analiseer hul eie haartipe en toestand verkeerd en kies dan die verkeerde produkte. ’n konsultasie deur ’n haarstilis word beslis aanbeveel.
Moet ek ’n haarmasker gebruik?
Ja! Verduidelik Tarryn Leigh Heydenrech eienaar van Soul Salon in Durbanville Kaapstad, enige iemand kan daarby baat om ’n haarmasker te gebruik. Hier’s hoekom: as jy vier tot vyf vingers teen jou kopvel meet, is dit omtrent waar jou hare se naturlike olies eindig. Indien jou hare langer as hierdie is, het jou hare een of ander vorm van voeding of ekstra bevogtiging nodig.
Son, hitte-stilering, haarkleur en selfs deur net jou hare daagliks te kam, veroorsaak haarbeskadiging, selfs al lyk dit nie vir jou so nie. ’n Haarmasker sal hiermee help.
Tarryn Heydenrech, Soul Salon
Shelene stem saam” alle haartipes kan daarby baat om ’n haarmasker gebruik, daar is haarmaskers vir fyn hare, droë hare, olierige hare en beskadigde hare. Wat haarmaskers heel eerstens doen is om jou haarskag te bevogtig, wat onmiddelik daardie “bons” en “glans” terugbesorg aan jou hare, iets wat almal geniet.
Wend so jou haarmasker reg aan:
Doen dit so:

“Was jou hare, spoel dit goed af en draai jou hare versigtig om die meeste van die water uit te kry, as jy kan druk jou kop by die stort uit en gebruik ’n handoek om jou hare meer droog te maak. Doen hierdie om seker te maak jy verdun nie jou haarmasker met te veel water nie” verduidelik Shelene (Tanaz Salon)

“Haarmaskers kom gewoonlik in ’n potjie, ek raai altyd my kliënte aan om een vinger te gebruik en die haarmasker van rondom die kante van die potjie uit te skep eerder as om van die middel af jou masker uit te skep.
As jy reg van die middel van die potjie jou haarmasker uitskep is die kans groot dat jy al vier jou vingers in die potjie gaan druk en veel meer van die haarmasker gebruik as wat nodig is”
Tarryn Heydenrech, Soul Salon

“Vryf dan jou masker in jou hande bymekaar om seker te maak jy versprei dit eweredig. Begin by die midlengtes en wend in ’n afwaartse beweging tot by jou haarpunte jou haarmasker aan. Wend dan die haarmasker wat op jou hande oorbly oor jou haarwortels aan. Gebruik ’n kam met wye tande om deur jou hare te kam en seker te maak die haarmasker word eweredig versprei”. Is Mischa (Show Salon) se haarmaskerwenk.

Minder eerder as meer
Maak dit ’n verskil as ek meer of minder van my haarmasker gebruik? Is ’n vraag wat Shelene gereeld ontvang. Minder is beslis meer wanneer jy jou haarmasker aanwend. Solank jou vingerpunte maklik deur jou hare kan beweeg en jou hare voel nie gekoek nie, dan is daar genoeg haarmasker aan jou hare, is Shelene se raad.
Moet nie daagliks jou haarmasker gebruik nie, hier’s hoekom:
Haarstilis Mischa sê “baie mense dink hoe meer gereeld hul ’n haarmasker gebruik hoe beter, maar dit is glad nie die geval nie. Om te veel vog op jou hare (soos ’n daaglikse masker) te gebruik sal jou hare swaar en olierig laat lyk.”
Jou hare sal lyk asof dit nat is. Jy kan boonop jou hare oorlaai met te veel proteïëne – wat jou hare hard kan laat voel en moontlik veroorsaak dat dit kan breek.”
Mischa Latsky, Show Hair and Beauty
Hoe gereeld?
Shelene verduidelik, jou haartipe en haartoestand sal bepaal hoe gereeld jy jou haarmasker moet aanwend. Fyn en olierige hare sal minder gebruik maak van ’n haarmasker (eenkeer elke twee weke). Waar die met droë en krullerige hare meer gereeld hul haarmasker sal moet gebruik (een tot twee keer per week).
Hoekom ’n salonbehandeling nooit jou haarmasker kan vervang nie:
Shelene sê; ’n haarmasker behandel die oppervlak van jou hare. Jou haarmasker sal nooit so effektief soos ’n salonbehandeling jou hare behandel nie omdat die molekules van ’n haarmasker groter is as die van ’n professionele in salonbehandeling. Dus sal ’n salonbehandeling jou haarskag beter kan binnedring en aan die dieper lae van jou hare werk en herstel.
In salonbehandelings bevat ook ’n hoër konsentrasie van bestanddele soos keratien, proteïën, aminosure en lipiedes wat ontwikkel is om die haarskag van binne na buite te behandel en herstel.

Reon (Tosca Salon) sê “Jou tuissorg haarroetine en jou in-salon behandeling behoort ooreen te stem en saam te werk om jou haarsorgdoelwitte te bereik. Reon se topwenk: “bepaal heel eerstens wat jy met jou hare/haarsorg wil bereik, wat jou tyd toelaat en wat jou begroting is vir in salonbehandelings en haarmaskers aankoop. Bespreek hierdie met jou haarstilis en werk aan ’n tuissorg en salonbehandelingplan wat die beste vir jou sal werk”.
Van ons gunsteling-maskers






Vind ‘n haarstilis naby jou:
Tosca Salon
Vind ‘n salon naby jou klik hier.