Chanel Spring Summer Collection 2023-2
Chanel Spring Summer Collection 2023-2

Grimeerwenke vir voller lippe

Jy is dalk nie met Angelina Jolie-lippe gebore nie, of jou natuurlike voller lippe is besig om al hoe dunner te word soos die jare aanstap. Hier is grimeerwenke vir voller lippe. Deur Suzanne Kotzé.

03/02/2023

Ons lippe word dunner oor die jare en verloor natuurlike volheid omdat ons kollageen (wat onder andere verantwoordelik is vir plompheid) verminder soos ons ouer word, en ons lipspiere ook dunner word. Verder mag jou tande ook dalk stomper en korter word, veral as jy op jou tande kners wanneer jy slaap.

Grimeerwenke vir voller lippe

1. Maak seker jou lippe is gehidreerd

Maak seker jy bly gehidreerd deur genoeg water te drink en lipsalf aan te smeer wanneer jou lippe droog is.

2. Raak ontslae van dooie velletjies

Gebruik ’n ou, sagte tandeborsel en lipsalf of petroleumjellie of ’n sagte waslap om van dooie velletjies ontslaie te raak.

3. Vermy diep donkerrooi en kies eerder sagter, meer natuurlike skakerings.

Ons is lief vir rooi lippe, maar donkerrooi en veral pruim skakerings kan jou lippe dunner laat lyk. (Dink maar daaraan dat ons swart aantrek as ons maerder wil lyk). Gelukkig beteken dit nie dat jy heeltemal van rooi afstand hoef te doen nie.

Chanel Spring Summer Collection 2023
Foto: Chanel Spring Summer Collection 2023

Kyk net hoe ongelooflik is hierdie Rouge Allure Velvet skakerings van Chanel se Spring Summer Collection 2023 . Rooi is steeds die inspirasie agter die kleur (en selfs die ooggrimering ook), maar dit is sagter skakerings van sagte roomkleurige mauve, delikate roesoranje, siennarooi en roesrooi.

Chanel Spring Summer Collection 2023. Die beperkte uitgawe is beskikbaar by die CHANEL Fragrance and Beauty Boutiques in Sandton, Menlyn, Gateway en V&A Waterfront

Grimeerkunstenaar Reneé de Wit se grimeerwenke vir voller lippe

4. Omlyn jou lippe met ’n naakte lippotlood

Gebruik ’n nude skakering wat een kleurskakering donkerder is as jou natuurlike lipkleur en omlyn jou lippe effens buite die natuurlike lyn.

5. Moenie van die buitehoeke vergeet nie

Onthou om die buitehoeke van jou lippe ook in te vul, reg tot in die hoekies.

6. Smeer die lyne in en vul in

Buff die streep van jou lippotlood met ’n lipkwassie in en gebruik ’n lank-aanbly lipstifkleur een skakering donkerder as die lippotlood.

7. ’n Tikkie glans

’n Tikkie glans in die middel van jou onderste lip sal jou lippe voller laat lyk.

Van ons nuwe gunstelinge (ideaal vir voller lippe)

Vir hidrasie

Hierdie gerieflike pHformula LIP Hydrate SPF 15 (R365 dermastore.co.za) is altyd in ons sakke en dankie tog dat dit ook sonbeskerming bied.
Labello Strawberry Shine (R34,99, Clicks) is ’n sakpas staatmaker wat ook effense kleur gee (ideaal vir wanneer jy jou lipstiffie vergeet het, of nie wil lyk of jy grimering dra nie)
Catrice Lip Jam Hydrating Lip Gloss (R88,95, houseofcosmetics.co.za) lyk glansend en is gerieflik om in jou handsak te gooi.

Natuurlike lipkleure

Catrice Melting Kiss Gloss Stick in 050, 020 en 040 (links na regs R125, 95 elk houseofcosmetics.co.za) is soos ‘n glans en lipstiffie in een.
Sisley Le Phyto Rouge in Rose Shanghai (R900, sisley-paris.com) is van die mooiste koraalkleure wat ons nog gedra het. Dit lyk helderder aan jou lippe as op die foto en voel soos ‘n reuse bederf vir jou lippe. Dis duur ja, maar glo ons dit lyk ook sommer ryk.

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
kamp skoonheid
Kamp smuktassie – pak dit in:
error: Content is protected !!