gemaklike hakke
gemaklike hakke

Goedkoop en gemaklike hakke

Ons het onlangs altwee nuwe goedkoop en gemaklike hakke gekoop en het selfs soveel van een paar gehou dat ons altwee nou dieselfde paar het. Hier is ons winskopies. Deur Suzanne Kotzé en Justine Kroes

Goedkoop en gemaklike hakke: Lae groen blokhakke

Kelso Low Block Heel R229,95, Edgars

Justine het hierdie wenners raakgesien by Edgars en toe Suzanne dit sien wou sy dit dadelik ook hê. Die kleur lyk besonder mooi by alle kleure, van swart tot wit en selfs helder botsende kleure soos neonpienk en koraal. Dit is ook in ’n blouerige skakering beskikbaar. Die hoogte van die hak is net net reg, nie te laag nie maar ook nie te hoog nie – net perfek, die breër band sorg ook dat dit lekker gemaklik sit aan jou voet en nie maklik uitglip soos ander aangliphakskoene nie.

Swart insteeksandale met vlegseldetailband

Hierdie vlegseldetail gaan vir nog lank in die mode wees! Die hakke is wonderlik laag, maar gee tog hoogte wat net meer vleiend vir jou bene is. Dit is besonder gemaklik. Suzanne het dit gekoop en Justine is ook op pad H&M toe vir ’n paar.

R329, H&M

Nude blokhak sandaal met bandjiedetail

Low Block Heel Sandals with ankle tie R299, Foschini

Hierdie mooi sandale het vinnig ’n staatmaker geword in Justine se kas. Die nude kleur is baie vleiend aangesien dit jou been verleng en die blokhak is so gemaklik, jy vergeet selfs jy dra ‘n effense hak. Die bandjies is ook lekker sag en druk geensins voete of enkels nie. Perfek by denims, rompe en somersrokke – die nude pas feitlik by als.

Opskud, hierdie is nou op uitverkoping!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Nuxer Super serum
Nuxe Super Serum, die botaniese olieserum en rome vir jou velbehoeftes
error: Content is protected !!