Getoets: die slimfoon van tandeborsels

Ons toets die Laifen Wave elektroniese tandeborsel, ook bekend as die “slimfoon van tandeborsels”. Ons wou graag eerstehands ervaar of die Laifen Wave waarlik jou tande kan skoonmaak, borsel, en terselfdertyd sagkens tandvleis skoonkry – selfs al is jou arm ietwat lui om te borsel.

Ons deel die gebruiksproses, wat ons daarvan dink, en hoekom hierdie elektroniese tandeborsel ’n goeie Vadersdag geskenk-idee is. Deur Justine Kroes

30/05/2025

Laifen, ’n persoonlike gunsteling

Die Laifen handelsmerk is reeds ’n bekende naam in ons huis: met drie dames wat byna daagliks hare moet droogblaas is die Laifen Swift haardroër ’n staatmaker in ons huisgesin. ’n Haardroër so gebruikersvriendelik en veilig dat selfs my klein dogtertjies mekaar se hare kan droogblaas. 

Juis hierom het ek en my man byna vuisgeslaan toe die geleentheid opduik om die Laifen Wave te toets – ons het ingestem dat beide van ons (elk met sy eie aparte borselkoppe) die Laifen Wave tandeborsel sal toets. Ek moes immers daaroor skryf!

In die boks:

Dit voel skoon asof jy ’n slimfoon oopmaak wanneer jy hierdie tandeborsel se boksie oopmaak met elke strokie wat jy wegtrek en hoe netjies verpak die toestel is. Lagie na lagie word al die hardeware esteties mooi uitgestal en verpak. 

Binne die boks: 

x1 Laifen Wave borsel eenstuk. Nooit het ons gedink ons sal ’n tandeborsel “mooi” noem nie, maar hierdie een behoort uitgestal te word. 

x 3 antibakteriële borselkoppe. Elk ontwerp vir optimale mondhigiëne. Die drie borselkoppe; super clean, gum care en ultra-whitening.

X 1 Magnetiese laaierkabel waarmee jy die tandeborsel herlaai. 

X 1 Handige tandeborsel-gids met ’n QR kode wat die toepassing (app) aflaaiproses vergemaklik. 

5 Redes waarom ons van die Laifen Wave Elektroniese tandeborsel hou:

1. Dubbelaksie skoonmaak:

Hierdie tandeborsel is die wêreld se eerste tandeborsel met ’n tweeledige aksie wat tande dieper asook beter skoonmaak. Hoe? Die tandeborsel kombineer;

Gepatenteerde ultra-wye 60° ossillasies met 2. 66,000 vibrasies per minuut. 

Daar is ’n duidelike verskil teenoor ons ander elektriese tandeborsels en die krag en tegnologie van die Laifen Wave. 

Gabriel sê

“Dit is die eerste tandeborsel wat ek gebruik wat nie net vibreer nie, maar genoeg beweeg om my tande vir my te borsel. My tande voel na elke gebruik superskoon”. 

2. Pasgemaakte tandeborselervaring

Met die uitpak van die tandeborsel het ons dadelik die Laifen Wave toepassing op ons fone afgelaai. Die toepassing (app) is op beide android en ios Apple fone beskikbaar. 

Om te begin moet jy jou tandeborsel via Bluetooth met jou foon koppel, dit was soomloos en maklik.  

Die toepassing is baie gebruikersvriendelik – hier het jy die geleentheid om jou tandeborselvoorkeure te verstel:

Volledig pasmaakbaar met drie borselmodusse en tien intensiteitsvlakke wat jy met ’n swiep van jou vinger kan verstel.

Stel jou persoonlike borseltyd. Die tandeborsel skakel na 2 minute outomaties af indien jy nie ’n ander tyd gestel het nie. 

My gunsteling; is die zone change reminder wat jou elke 30 sekondes herinner tydens jou 2 minute borselsessie om in elk van jou 4 mondafdelings te borsel – 30 sekondes per afdeling. 

Die toepassing gebruik ons ook natuurlik om te sien hoeveel batterylewe nog oor is.

3. Dit is waterdig!

Gabriel gebruik graag sy tandeborsel in die stort – en met die IPX7 waterdigte gradering weet ons die borsel kan onder water van tot 1 meter gedompel word vir tot 30 minute. Dus is dit ultraveilig om in die stort te gebruik.

’n Moet vir Pa’s wat ook graag in die stort tande borsel. 

4. Batterylewe wat hou en hou

Ons het dit behoorlik getoets en het eers na dag 40 hierdie tandeborsel herlaai. Die Laifen Wave beloof tot 45 dae batterylewe – wat dit die perfekte reistandeborsel maak. Dit neem ongeveer 2 ure vir die tandeborsel om ten volle te herlaai. 

5. Slim en sagwerkende borselkoppe

Ek sukkel gewoonlik om ’n tandeborselkop te vind wat klein genoeg is om al die gedeeltes in my klein mond behoorlik by te kom. Die drie verskillende hoëkwaliteit borselkoppe is die perfekte grootte (nie te groot nie). En voel nie te hard rondom my tandvleis nie. 

Jy kan ook die die borselkoppe blitsvinnig vervang en dit is in pakke van drie of ses beskikbaar (en teen R395 vir 3 gaan dit jou nie te veel uit die sak jaag nie). 

6. Die moderne ontwerp

Die Laifen Wave is in drie verskillende afwerkings beskikbaar, ABS Plastiek, Aluminium Allooi en Gepoleerde Vlekvryestaal. Ons het die vlekvryestaal opsie gekies – en dit lyk steeds splinternuut soos dag 1 selfs na vele gebruike. Die tandborsel slaan nie aan nie en is super maklik om skoon te hou.

Die ontwerp is modern en esteties mooi en verdien om op jou badkamerkassie uitgestal te word. 

7. Gebruikersvriendelik

Die Laifen Wave is super gebruikersvriendelik. Van boks oopmaak tot die toepassing aflaai en opstel, en selfs die eerste gebruik tot nou. 

Hou eenvoudig die druksensitiewe knoppie in (vir so 2 sekondes) wat die flight mode afskakel, die borsel sal dan ’n beep geluid maak en die vliegtuig op die borsel sal flikker. Druk dan nou weer die knoppie om te begin borsel, en nog ’n keer om te stop.

Wees gewaarsku – hierdie kragtige tandeborsel met sy flukse bewegings sal jou tandepaste laat waai – sit liefs jou tandeborsel met tandepaste in jou mond voordat jy die “start” knoppie druk. 

Ek sien elke dag daarna uit om my tande te borsel omdat ek werklik ’n verskil aan my tande sien en so ook my sensitiewe tandvleis, alles danksy die Laifen Wave se tegnologie en borseldoeltreffendheid.

Kry dit hier:

Die Laifen Wave is regoor Suid-Afrika beskikbaar via @home, Bash en Yuppiechef. R1,899 vir die ABS White en R2,299 vir die Brushed Aluminium Alloy en R2,799 vir Polished Stainless Steel.

Die perfekte geskenk vir Vadersdag

Die Laifen Wave Elektroniese tandeborsel is nie net ’n slim geskenkidee vir tech-liefhebber Pa’s nie, maar ’n handige een vir alle Pa’s. Elke Pa verdien die tydlose geskenk van ’n gesonde glimlag vir jare wat kom. Gebruik die kode WAVEFORDAD en kry R400 afslag op jou Laifen Wave kopie.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Wat is jou NUXE Huile Prodigieuse® persoonlikheid?
error: Content is protected !!