secret santa
secret santa

Geskenk-idees vir ‘Secret santa’ of ‘Yankee’ geskenkuitruil (en hoe speel jy dit?)

Of jy hierdie nou wil doen vir ‘Friendsmas’ of saam met kollegas of jou familie op Kersdag, hier is die idees vir ‘Secret Santa’ of ‘Yankee’ geskenkuitruil. Deur Suzanne Kotzé

‘Secret Santa’

Hierdie werk gewoonlik goed as julle as familie of kollegas nie vir almal geskenke wil koop nie. Gewoonlik is dit kleiner (goedkoper) tipe geskenke, maar jy kan die begroting natuurlik enige iets maak wat jou gaste pas. Almal trek lootjies met ’n persoon se naam op en jy weet nie wie jou naam getrek het nie. Sommige mense verkies dat elke gas ook ’n wenslysie gee (wat binne die begroting pas). Die toegedraaide geskenke het geen name op nie, en wanneer jy jou geskenk oopmaak, moet jy raai wie dit vir jou gegee het.

‘Yankee’ geskenkuitruil

Hierdie speletjie word ook ‘Dirty Santa’ of ‘Yankee Doodle’ genoem en is ’n wonderlike ysbreker. Daar word baie gelag met die een! En geskenkies hoef nie duur te wees nie. ’n ‘Snaakse’ geskenk of twee sorg vir ekstra lag.

Speel dit so.

  • Vra vir elke gas om ’n toegedraaide geskenk (sonder name op) te bring. Dit werk goed om ’n begroting te gee.
  • Sit almal se geskenke waar dit sigbaar is, byvoorbeeld op die tafel waar julle sit, of op ’n klein tafeltjie langs die tafel, op ’n koffietafel ens.
  • Laat gaste lootjies trek met nommers op.
  • Die gas wat nommer een trek kan ’n geskenk kies (maar nie die geskenk wat hy/sy gebring het nie) en dit oopmaak en vir almal wys.
  • Die persoon wat nommer twee trek, kies ’n geskenk en maak dit oop. Hulle kan dan besluit om dit te hou of om dit te ruil met enige iemand anders wat reeds hulle geskenk oopgemaak het.
  • Geskenke word oopgemaak en geruil tot elkeen ’n geskenk het.
  • Laastens kry nommer een die beurt om sy/haar geskenk om te ruil.

Geskenk-idees

Disposable Luxury Napkins Leopard Emerald of Ruby (R145 per pak van 25, macaroon.co)
GR Dog Jokes (R195,Big Blue)
Mondvol cookies set (R275, Mondvol) bevat 6 watertandlekker koekies (130g elk!) verpak in die mooi boks met ’n pragtige briefie (jy kan selfs die woorde kies sou jy wou.) Dit is in verskillende geure beskikbaar, maar die ‘Mixed Box’ met al die geure in is ons gunsteling!
A love supreme Eco Coffee Mug (R190, alovesupreme.co.za)
Mamere Blood Orange and Ginger Cordial (R149, Poetry)
Babylonstoren Chocolate Boutique (R280, Babylonstoren) Hierdie is geen gewone sjokolade nie! Dit is ‘n fynproewersfees.
3 Pack Spice Tins (R199,99 Mr Price Home )
Easy to Make Mixed Berry Flavoured Marshmallows with Serving Dish 230 g (R229, Woolworths)
Heart Mini Waffle Maker (R205, Makro)
Lush Catch me if you can Bath bomb (R89, lush.com)
Lush Snowy Bath Bomb (R89, lush.com)
Lush Candy Cane Bath Bubble Bar (R89, lush.com)

Tweezerman Mini Slant Stainless Classic (R199, Dischem) Of dit nou vir hare pluk of dorings uittrek is, elke huis behoort minstens een so ’n Tweezerman te hê. (En as jy 40 plus is, een vir jou handak en kar ook!)
Amanda Jane Night Bloom Gold Travel Tin Candle (R199, Superbalist)
Zeiss Lens Wipes 32’s (R74,96, Dischem)
The Screaming Goat Desktop Companion (R210, Takealot) Die bok maak blêrgeluide as jy die boomstomp druk en daar is ’n boekie met interessante bokfeite. Die geskenkie sal beslis die snaakse faktor bring, en is ’n goeie keuse as daar tieners is wat ook saamspeel.
Code Names Board Game (vanaf R330 op die Takealot app, Makro) Hierdie supergewilde speletjie is iets wat julle sommer dadelik sal wil speel. Ook ideaal as tieners teenwoordig is. Pryse verskil heelwat tussen winkels, so kyk gerus eers rond voor jy koop.
OXO Good Grips Sweep & Swipe Laptop Cleaner (R229, Yuppiechef)
Bird Bottle Stopper (R229, Poetry)
Shoo Away Fly Repellent Fan (R299 Yuppiechef )
Aromadough Adult Calm (R99, aromadough.co.za) as jy eers aan hierdie begin vat, voel dit so lekker dat jy nie kan ophou nie!
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Indola Act Now Texture Spray
Nuwe tekstuursproei: Indola Act Now Texture Spray
error: Content is protected !!