Gesigsproei – gebruik dit so:

Vir baie mag die gebruik van ’n gesigsproei bo-oor grimering dalk vreemd klink, maar ons belowe dit is die moeite werd. Ons deel tien maniere om jou gesigsproei te gebruik en ’n paar ou en nuwe gunstelinge. Deur Justine Kroes

10 maniere om gesigsproei te gebruik:

1. Gebruik dit om wakker te word

Maak nie saak watter tyd van die dag nie. Hou jou gesigsproei in jou handsak en verfris jou moeë gesig deur die dag. ’n Gesigsproei met energieke geure sal jou dadelik meer wakker laat voel.

2. Bêre dit in die yskas

Op ekstra warm dae is die yskas die perfekte bêreplek vir ekstra koel verfrissing!

3. Spuit dit aan nadat jy gesigroom aangesmeer het

Spuit dit aan vir ekstra hidrasie en ’n voorbereidingslagie vir grimering nadat jy jou gesigroom aangewend het.

4. Om jou grimering langer te laan aanbly

Gesigsproei kan as ’n aanblysproei (setting spray) gebruik word nadat jy jou grimering aangewend het. Spuit dit ook aan tussen stappe, byvoorbeeld na jou onderlaag en weer na jou poeier vir ekstra houkrag.

5.Verlig rooiheid

Lyk minder rooi deur dit aan te spuit na oefening, op ekseem en selfs om sonbrand te verlig. Die anti-inflammatoriese bestanddele sal blitsvinnig die vel streel en kalmeer.

6. Beskerm jou vel teen besoedeling

Gebruik dit as ’n anti-oksidant middel. Kyk uit vir bestanddele soos vitamien C wat vrye radikale beveg en jou vel beskerm teen omgewingsbesoedeling .

7. Lyk jeugdig en glansend

As jou grimering effens droog en trekkerig lyk, moet dit nie alles verwyder en van voor af begin nie. Jou gesigsproei sal dadelik glans aan jou vel terugbesorg. Tik-tik saggies op die gedeeltes wat voorheen te droog gelyk het aan.

8. Neem daggrimering na aand-grimering

’n Hidrerende sproei gee nuwe lewe aan jou daglange grimering. Dit maak dit selfs makliker om nog grimering aan te wend.

9. Vir bababoude

Ja jy het reg gelees – jy kan ook jou watersproei op baba se seer boudjies gebruik. Kies liefs die Franse fonteinwatersproei wat geen parfuum bevat nie maar die vel streel en help heel.

10. Voorkom vogverlies

Lugversorging in kantore en lang vlugte droog jou vel vinnig uit – voorkom dit met die gebruik van ’n watersproei wat jy gereeld aansproei vir ekstra hidrasie.

Gesigsproei om te probeer:

Blommekrag

Sukin Original Hydrating Mist Toner (R136,99 Clicks)

Justine se gunsteling gesigsproei is die Sukin Original Hydrating Mist Toner (R136,99 Clicks) met geure van kamille en rooswater. ‘Die sproei is lieflik strelend op my gesig en ek spuit dit graag voor en na grimering aan. Ek neem dit ook graag saam strand toe as ek voel ek het nodig om af te koel en my vel te verfris.’

Strelend en helend

Eau Thermale Avene (R170 Clicks; Dermastore)

Eau Thermale Avene (R170) is ’n gunsteling in baie se smuktassies. Hierdie gesigsproei bestaan uit suiwer Franse fonteinwater met ‘n mineraalsamestelling wat perfek gebalanseerd is vir jou vel, veral vir sensitiewe velle. Dit streel, heel en bevogtig jou vel en het ’n anti-inflammatoriese effek op jou vel.

Justine sê: Ek gebruik hierdie Franse watergroei graag na intensiewe gesigbehandelings om my vel te streel.

Luuks

Chanel Hydra Beauty Essence Mist (R1150)

Chanel Hydra Beauty Essence Mist (R1 150) word soos ’n serum. Dit is ’n gekonsentreerde sproei wat beloof om vel te hidreer, beskerm en energie gee aan die vel. Die ikoniese kammeliablom is die aktiewe bestanddeel wat die hidrasievlakke van die selle in jou vel reguleer en herstel.

Anti-oksidantryk

Elizabeth Arden Eight Hour Miracle Hydrating Mist (R395 vir 100ml)

Elizabeth Arden Eight Hour Miracle Hydrating Mist (R395 vir 100ml) Die kombinasie van die “supervrug” vitamiene en anti-oksidantryke bestanddele soos acai, goji-bessie, granaat en koffiepit-ekstrak beskerm die vel teen vrye radikale. Hierdie sproei beloof om die vel gehidreerd te hou en terselfdertyd glansend en gesond te laat lyk. Die reuk van lemoenwater, roos en bergamot is opbouend en verfrissend.

Lees ook:

Gunsteling hidrerende gesigmasker wat werk!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Grimering geïnspireer deur dekadente blomme
error: Content is protected !!