Georganiseerd; van inkopielysies tot gesinsbeplanners en dagboeke

Neem beheer en wees die jaar meer georganiseerd en doelgerig. Hier is produkte wat hopelik sal help vir minder chaos en meer orde. Deur Suzanne Kotzé

Georganiseerd met dagboekbeplanners

Hierdie Clever Fox Pro Premium Plannerdagbeplanner het alles wat ons nodig het en is ’n gerieflike A4 grootte. Ons hou veral daarvan dat dit nie datums by het nie, sodat jy dit enige tyd kan begin gebruik. Dit het spasie vir finansiële beplanning en uitgawes, maandelikse kalenders, doelwitstellings en selfs spasie vir ’n visualiseringsbord ook.

Clever Fox Pro Premium Planner  (R746, amazon.co.za)

’n Gewone Januarie tot Desember 2025 dagboek van Typo, maar met oulike maandelikse doelwitlysies en daaglikse om-te-doen lysies en prioriteite.

Typo 2025 Stay Focused Daily Planner (R349,99, Cotton-On

Gesinsbeplanners

’n Gesinsbeplanner, met die hele gesin se aktiwiteite en sosiale afsprake werk baie goed. Die belangrikste is natuurlik dat dit gereeld opdateer word en dat dit iewers hang wat binne sig van die hele gesin is.

Cotton On A3 Magnetic Planner (R199, Cotton On)
Mr Price Home Pu Weekly Planner 2025 A4 (R129,99, Mr Price Home)
Pep Home Acrylic Calendar (R129,99, Pep Home)
Pep Home A4 Weekly Planner (R29,99, Pep Home)
Acrylic Monthly & Weekly Planner – Protea (verskeie ontwerpe en kleure besikbaar R2 540, Ma Petite) Hierdie is dalk duur, maar dit is ’n belegging wat baie jare lank kan hou. Ons hou van die handige maandbeplanning saam met die persoonlike daaglikse aktiwiteite.

Om-te-doen lysies

Om ’n om-te-doen lysie af te tik, bly darem maar net so bevredigend. En ja, ons weet jy kry apps op jou foon ook, maar die pen en papier weergawe wat in jou sig bly, bly vir ons meer doeltreffend.

Typo To Do List Pack (R99, Cotton On)

Beplan jou maaltye

Hierdie jaar wil ons meer vooruit beplan en minder kos mors. En natuurlik is dit ook beter vir jou sak.

Designworks Ink Cloud Meal Planner Notepad with Magnets (R349, Yuppiechef) Hierdie maaltydbeplanners bestaan uit 60 afskeurbladsye (met die inkopielysie wat apart kan afskeur) en dit het magnete aan die agterkant sodat jy dit aan jou yskas kan hang.
Stellarize Stationary The Meal Planner | Magnetic and Perforated (R130, The Local Edit) het 50 afskeurbladsye (met die inkopielysie wat apart afgeskeur kan word) en magnete aan die agterkant. 

Inkopielysies

As maaltye beplan soos te veel werk klink, oorweeg gerus net ’n inkopielysie.

Tailored Tags Re-usable Shopping List (R70, Tailored Tags)
Pep Home 50 Sheets A5 Shopping List (R24,99, Pepstores)

‘Outydse’ kalender

Dit bly die beste manier om verjaarsdae te onthou.

Poetry 2025 Ring Bound Botanical Calender (R249, Poetry)
Babylonstoren 2025 kalender (R380, Babylonstoren) Ons is elke jaar opgewonde om te sien waarmee die Babylonstoren-span vorendag gaan kom met hul mooi kalender, en hierdie jaar se mooi ontwerp stel beslis nie teleur nie. Die pragtige tuine is natuurlik die inspirasie

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
10 Huisgeskenke wat ons vir Moedersdag wil hê
error: Content is protected !!