Glo ons, nadat jy hierdie Paxton Coat van Just Cruizin probeer het, sal jy aan enige uitrusting moontlik dink waarby jy elke dag die gemaksjas kan aantrek. Lees gerus waarom hierdie mooi jas van Just Cruizin tans Justine en Suzanne se gunsteling item in hul winterklerekas is en hoekom dit die gemaklikste jas in jou kas sal wees! Deur Justine Kroes
10/06/2022
Die gemaklikste jas in jou kas
Dit voel skoon asof jy heeldag in ’n supersagte japon rondloop. As jy een jas in jou kas moet hê – sal ons so ver gaan om te sê hierdie is die een! ’n Jas gekruis met ’n japon gekruis met ’n trui, met sakke en ’n kappie daarby? Ja asseblief!
5 Redes waarom die gemaksjas in jou kas hoort:
1. Dit is veelsydig;
Jy kan die jas op vele maniere dra, en elke keer lyk dit omtrent na ’n ander jas. Die rolkraag met volume kan jy sjiek om jou skouers gevou dra, of oor jou kop as jy ’n kappie benodig – of laat die jas gemaklik oophang soos ’n gemakstrui. Die jas kom met sy eie gordel en jy kan dit met of sonder die gordel dra, afhangend van jou bui en uitrusting onder aan.
2. Hierdie jas het sakke!
Sakke! Niks meer om te sê hieroor nie!
3. Dit is supersag en gemaklik
Die supersagte kasjmier en melton vermenging sorg vir ’n unieke tekstuur, amper sweedsleer-agtig maar sagter met ’n effense rek daarby.
4. Dit pas byna by enige uitrusting
Ons dra ons jasse bo oor ons slaapklere (vir daardie laat oggende!) vir kinders by die skool aflaai, ons dra dit by ons tekkies en T-hemde vir langs die sportveld of selfs bo-oor ’n netjiese uitrusting vir ’n aand uit.
5. Die jas is in drie verskillende skakerings beskikbaar
Swart, silwergrys en ’n aardse “mushroom” skakering – ons wil sommer een in elke skakering aanskaf!
Justine sê:
Nooit het ek gedink ek sal so in een item kan leef nie. Ons huis is yskoud in die winter (hoë plafonne!) en as ek tuis is, kan ek nie anders as om heeldag in hierdie gemaksjas rond te loop nie. Die jas hou my warm, snoesig en pas by als. Of dit nou gemaksdrag, of ’n netjiese voorkoms is, word die jas byna bo-oor elke uitrusting gedra. Ek hou veral van die moderne snit – dit is ’n oorgroot styl maar lyk steeds netjies, stylvol en duursaam.
Suzanne sê:
Ek het hierdie jas onlangs saamgeneem op ’n oorsese vakansie en dit was ’n wenner. Ek het sommer daarin gevlieg, want dit kreukel nie, en die groot hoed gedeelte kon ek heerlik oor my oë trek as ek wou slaap. Terug by die huis moet ek myself dwing om nie elke dag die gemaklik jas te wil dra nie. Soggens gooi ek dit oor my oefenkleure aan as ek die kinders by die skool aflaai, en lyk dadelik meer sjiek en dit lyk ewe mooi oor ’n rok ook.