Wat maak vroue mooi
Wat maak vroue mooi
Foto Inez & Vinoodh vir CHANEL Spring-Summer 2022 Ready-to-Wear Show. Model Vivienne Rohner

Fotograwe deel: Wat maak vroue mooi?

Ons het verskillende fotograwe gevrae: “wat maak vroue mooi?” Hulle deel wat hulle van agter die lens sien. Deur Suzanne Kotze.

Foto: CHANEL Spring-Summer 2022 Ready-to-Wear . Die foto is geneem deur die fotograwe Inez & Vinoodh en die model is Alma Jodorowsky. “Want mode gaan oor klere, modelle en fotograwe.”

Wat maak vroue mooi?

Fotograaf Anneri van Vuuren van Mooigemaak deel.

Ek dink ’n vrou is mooi wanneer sy

1. Nie te ernstig is nie

As sy kan lag oor die klein dinge en nie alles te ernstig opneem nie. 

2. Sy lief is vir haarself

Sy besef sy hoef net met haarself te kompeteer en moet lief wees vir haar lyf.

3. Haar eie styl het

As sy in haar eie styl ingroei, en dit met trots rock!

Fotograaf Anrie Swan


4. Selfliefde

Vroue wat hul uniekheid omhels in plaas daarvan om dit weg te steek. Wat jou anders maak, maak jou mooi. Ons lewe in ‘n wêreld waar almal soos die bekendes wil lyk. Veral op foto’s, maar jou uniekheid is die kunswerk wat ek soek. 

Vertrou en aanvaar jouself. 

5. Vroulikheid

Vroulikheid sal altyd in styl bly, al verander die mode. Doen moeite met jou bykomstighede. Groot en helder oorbelle, hoëhakskoene, serpe en blomme. Dit versier jou foto’s en kleur die volle prentjie in. 

Maak seker dat jy die regte uitrusting dra wat by jou lyf pas. Vir jouself en vir foto’s. Onthou die kamera is bekend daarvoor om ’n paar kilogramme by te sit. 

6. Ontspanne vroue wat vertrou

Wanneer iemand dink dat hulle nie fotogenies is nie en by ’n fotosessie opdaag, kan ’n mens dadelik die spanning begin sien. Nie almal neem onmiddellik maklik af nie, partykeer neem dit ’n paar minute vir die fotograaf om jou hoek te vind wat die beste werk. Vertrou jou fotograaf en gee dit tyd. Saam sal julle die hoeke vind. Probeer om met die kamera te speel. Beweeg, lag, doen iets simpels, trek ’n sexy gesig

Fotograaf Winette Hattingh

7. Selfvertoue

Wat vir my mooi is van vroue afneem is wanneer hulle die agterkant van my kamera sien en sien wat ek sien. As hulle met ander oë na hulself kyk en besef hulle kan ook mooi lyk. Dit spreek boekdele, daar kom dan ’n heeltemal ander vrou na vore. Wanneer daardie selfvertroue inskop is ’n vrou mooi. Selfvertroue ongeag die omstandighede.

8. Innerlike skoonheid


Wanneer ’n vrou besef dat innerlike skoonheid baie belangriker is as uiterlike skoonheid. Jy wil nie net gelukgewens word omdat jy uiterlik mooi is nie, maar omdat jy ’n mooi hart ook het.

9. As sy kan lag

’n Vrou is waarlik mooi wanneer sy kan lag, selfs deur al die pyn wat sy dalk al in haar lewe ervaar het.

Ons is vroue, ons is vreesloos, ons is sexy en divine, ons is onkeerbaar en moedig. Hierdie is alles dinge wat vroue mooi maak.

Fotograaaf Kristina Stojiljkovic van Love and Rockets

Fotograaf Kristina Stojiljkovic

’n Vrou se skoonheid kom van die manier hoe sy haarself dra. Daarmee bedoel ek alles as ’n geheel.

10. Hoe sy haarself oordra

Haar stemtoon waneer sy praat, hoe sy beweeg en haar gesiguitdrukkings

12. Hoe sy lyk

Die keuse van haar klere, haarstyle en skoonheidsroetine.

13. ’n Innerlike aanvaarding

Van haar eie ouderdom en lyf. Dit is die grasie waarvoor ek uitkyk wanneer ek ’n foto van ’n vrou neem.  

Hierdie drie dinge is wat ’n stelling maak van watter tipe vrou sy is; van jeugdige tot meer volwasse vroue. En in hierdie keuse is die mag en skoonheid waaroor sy beskik.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
perfeksie
Vyf redes om jou strewe na perfeksie te laat gaan en eerder Wabi-Sabi toe te pas
error: Content is protected !!